Vir ’n goeie halfuur Saterdag het die Kings, ’n span wat uit die trekvoëls en stiefkinders van Suid-Afrikaanse rugby bestaan, die hoogaangeskrewe Stormers behoorlik opdraande in die Nelson Mandelabaai-stadion gegee.
Alles vir die sleutelwoord "Superrugby"
Nuwe Superreeks: slegte nuus vir twee SA spanne waarskynlik
Dis nou ʼn werklikheid: die Superreeks se formaat gaan verander en die besluit oor watter drie (miskien net twee) spanne uit die nuwe reeks weggelaat sal word, behoort in die komende week bekend te wees.
SA spanne: Lions, dalk ook Sharks, se uitdagings die grootste
Die Suid-Afrikaanse spanne se Superwedstryde die naweek is ’n mengsel van waarskynlike oorwinnings en ’n span of twee wat dalk sal moet uithaal om die wenpunte te kry.
Lions verander nege; weer nie met bestes na Buenos Aires
Ondersteuners van die Lions sal hoop dat die geskiedenis hom nie herhaal wanneer hul span Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares speel nie.
Kiwi-derbies die fokus in Australasiese wedstryde
Drie van die vier Australasiese Superwedstryde hierdie naweek sal waarskynlik die verbeelding aangryp omdat van die topspanne van die Land van die Silwervaring in aksie is.
Lions los vyf Bokke tuis vir Jaguares-wedstryd
Die Lions laat vyf van hulle Springbokke tuis vir die Superwedstryd Saterdag in Buenos Aires teen die Jaguares.
Cheetahs steek Lions na die kroon met hardlooprugby
Die Lions het die afgelope paar seisoene baie se lieflingspan geword oor die lekker hardlooprugby wat hulle speel. Maar skielik het hulle kwaai teenstand vir hierdie titel.
Stormers sweet teen Argentyne
As die Stormers gedink het hulle gaan die besoekende Jaguares Saterdagmiddag maklik op Nuweland klop, het hulle hul misgis.
Lions hardloop weer lekker; Waratahs bederf waar hulle kan
In ʼn wedstryd waar die Lions in elke faset behalwe die verdediging indruk gemaak het, het die besoekende Waratahs Saterdag op Ellispark baie van die plesier met hulle herhaalde oortredings bederf.
En toe kom Botha se lynstaan en Bosch se skoppie …
Die Sharks het Saterdag binne twee minute na die afskop ʼn drie afgestaan en daarna in die eerste helfte hoofsaaklik swaar geleef voordat hulle in die tweede helfte teen die Brumbies in Canberra reggeruk het.
Is daar ʼn vergelyking tussen Super- en Curriebekerrugby?
Die groot vraag wat in rugbykringe gevra word, is nie óf nie, maar hoé groot die gaping is wat daar tussen Superrugby en die Curriebekerreeks bestaan.
Ackers los twee van sy Bokke teen Waratahs
Twee Springbokke is hulle plekke in die Lions se opdrafvyftiental kwyt vir die Superrugby-kragmeting Saterdagmiddag teen die Waratahs in Johannesburg
Bulls steeds Jan-loos; Ox in opdrafvyftiental
Die Bulls en die Cheetahs het albei twee veranderinge aan hulle opdrafvytientalle vir Saterdag (19:30) se stryd in Bloemfontein aangekondig.
Superspanne se relatiewe krag onder die loep
Die komende naweek se Superwedstryde wat reeds Donderdag begin, sal seker groter duidelikheid gee oor die relatiewe krag van die spanne, iets wat moeilik is om op net een wedstryd te beoordeel.
Eerste ronde: verroestheid pla nog maar oral
Die eerste naweek se Superwedstryde het naastenby verloop soos verwag is – en nou praat ʼn mens nie net van die Suid-Afrikaanse spanne of uitslae nie.
Stormers verniel die Bulls voorlangs
ʼn Meer kliniese Stormersspan het Saterdagaand op Nuweland die Superwedstryd teen die Bulls reeds teen rustyd in die sakkie gehad toe hulle 24-0 voor was.
Beter Kings het nog baie werk wat wag
Die Kings het soos ʼn mens verwag het Saterdag hulle eerste wedstryd teen die Jaguares in Port Elizabeth verloor, maar het plek-plek belofte getoon van ʼn beter seisoen as verlede jaar.
Cheetahs en Lions: blaps bepaal amper die uitslag
ʼn Yslike blaps deur die wedstrydbeamptes sewe minute voor die eindfluitjie het so byna die uitslag van Saterdag se Superwedstryd tussen die Cheetahs en die Lions in Bloemfontein bepaal.
Crusaders en Brumbies maak stemme dik; Hurricanes verniel Japanners
Die eerste Saterdag se Superrugby in 2017 het uiteenlopende indrukke gelaat: twee vorige wenners is weer honger vir sukses; die verdedigende kampioen het die Sunwolves verslind; en daar was ʼn getjommel tussen twee Australiese spanne.
Superrugby: Twee wedstryde wat later die deurslag kan gee
In ʼn ideale rugbywêreld sou die Stormers en die Bulls, en ook die Lions en die Cheetahs, nie in vanjaar se Superreeks teen mekaar wou wegspring nie. ʼn Amptelike ‘losmaker’ op eie bodem teen sê nou maar die Sunwolves sou ideaal gewees het.