Foute en nogmaals foute was Vrydag die storie van die Sharks se Superwedstryd teen die Reds in Brisbane.
Alles vir die sleutelwoord "Superrugby"
Cheslin op vleuel en Frans Malherbe op die bank
Verlede jaar se mede-kaptein van die Stormers en die vaskopstut van die Springbokke by die 2015-Wêreldbekertoernooi, Frans Malherbe, is nie in die Stormers se beginspan vir hul eerste Superwedstryd van die seisoen Saterdagaand teen die Bulls op Nuweland nie.
Cheetahs met nuwe kaptein, twee nuwelinge teen Lions
Die Cheetahs-span wat Saterdagmiddag hulle Superrugby-veldtog teen die Lions in Bloemfontein begin, het twee debutante in die opdrafvyftiental en ’n nuwe kaptein.
Bulls se diepte kan dit ʼn goeie Superseisoen maak
Diepte is ʼn noodsaaklikheid in die Superreeks, en as dit al is waarvan sukses afhang, behoort die Bulls ʼn suksesvolle reeks te hê.
Ackers bly by verlede jaar se manne
Die Lions se afrigter Johan Ackermann het die twee Springbokke van verlede jaar wat beseer is en die uittrede van die uitstekende flank Warwick Tecklenburg, uit verlede jaar se Lionsgroep aangevul vir Saterdag se wedstryd teen die Cheetahs in Bloemfontein (afskop 15:05).
Blues verinneweer powere Rebels
Die Blues het die 2017-Superreeks op die beste denkbare manier afgeskop toe hulle die Rebels Donderdag in Melbourne 56-18 geklop het.
Superrugby: fokus op Sharks en Reds, Kiwi-kolosse se wedstryde
Die eerste drie wedstryde van die 2017-Superrugbyreeks is ’n stryd tussen twee alewige onderpresteerders, twee top Nieu-Seelandse spanne en die Sharks wat hul eerste tree gee.
Kolisi nuwe Stormerskaptein met Etzebeth sy adjudant
Die ervare Springbokflank Siya Kolisi sal die Stormers in vanjaar se Superreeks aanvoer, met die Bokslot Eben Etzebeth as sy adjudant.
Goeie skoot spoedvrate in Stormersgroep
Die Stormers het ’n groep van 45 spelers aangewys, wat verskeie bekende name en ook ’n goeie skoot jong talent insluit, wat sal probeer om die Superrugby-trofee ’n staanplek in die Moederstad te gee.
Cheetahs kies ervaring en opwindende jonges
Die Cheetahs het ’n relatief ervare groep van 37, wat ook ʼn klompie opwindende jong spelers insluit, vir hulle Superrugby-veldtog aangewys. Hulle spring aanstaande week met ’n tuiswedstryd teen die Lions weg.
Sharks kies 34-jarige Franse oud-toetsspeler vir Australiese toer
Die Sharks het Vrydag hulle toerspan aangekondig vir aanstaande Saterdag se Superwedstryd teen die Reds in Brisbane, die eerste van ʼn Suid-Afrikaanse span in vanjaar se reeks.
Blitsbok Kwagga in Lions se Supergroep
Die Blitsbokke se Kwagga Smith is ingesluit in die Lions se Supergroep van 40 spelers wat Donderdag bekend gemaak is en Warren Whiteley is amper vanselfsprekend weer as kaptein aangewys.
Cornal Hendricks meld hom in Pretoria aan
Die voormalige Springbokvleuel Cornal Hendricks ondergaan mediese en fiksheidstoetse by die Bulls.
Julian Redelinghuys deur Lions vereer
Julian Redelinghuys was die vernaamste wenner toe die Goue Leeus Rugbyunie Woensdagaand hulle topspelers vir 2016 by Carnival City vereer het.
Superreeks bly maar ʼn ongelyke spulletjie, wys bepalings
In vorige Superreekse was daar altyd die klagtes én verskonings dat Suid-Afrikaanse spanne deur lang toere van tot selfs vyf weke van die huis was met hulle (soms) vier wedstryde in Australië.
Bulls-Supergroep wemel van Bokke en groentjies
Daar is 13 groentjies sonder ervaring van Superrugby in die groep van 46 spelers wat die Bulls se afrigter Nollis Marais Woensdag vir die reeks aangekondig het.
Bulls verloor in Brisbane se tiene-halfeind
Die Bulls het Donderdag 28-7 met die Chiefs in ʼn opwarmwedstryd, nogal in Brisbane in Australië, afgereken, maar dit was nie die einde van hierdie twee spanne se tweestryd nie.
Is die SA spanne op peil vir die Superreeks?
Die afskop van die 2017 Superrugby-seisoen is nou oor minder as twee weke, en die meeste van die Suid-Afrikaanse spanne het die afgelope naweek vir oulaas aan hulle kombinasies in opwarmwedstryde geskaaf.
Stormers, Lions se laaste toetslopie; Sharks teen uitgedunde Bulls XV
Robbie Fleck, afrigter van die Stormers, het ’n groep van 29 spelers aangewys wat Saterdag op Nuweland met die Lions sal kragte meet in die Kapenaars se laaste oefenwedstryd voordat die Superrugby-reeks begin.
Bulls wys plek-plek hul gehalte teen die Chiefs
Die Bulls het Donderdag in Brisbane in ʼn opwarmwedstryd teen ʼn Chiefsspan sonder ses van sy All Blacks plek-plek gewys dat hulle vanjaar in die Superreeks tussen die voorstes kan eindig.