Die Sharks het `n sterk kern van verlede jaar behou vir sy littelosmaker Vrydag teen die Bulls met die oog op vanjaar se Superrugbyreeks.
Alles vir die sleutelwoord "Superrugby"
Grofgeskut vir Lions se laaste kleedrepetisie
Die Lions trek Saterdag op Nuweland teen die Stormers met verskeie van hulle groot kanonne los in die Johannesburgers se laaste littelosmaker voordat die Superrugbyreeks oor twee naweke afskop.
Drie ‘nuwe’ Boktoevoegings tot Bulls se span teen Chiefs
Twee ou bekendes en ʼn nuweling is die opvallende Springbok-toevoegings tot verlede jaar se Bulls wat Donderdag in Brisbane in ʼn opwarmwedstryd teen die Chiefs speel.
Stormers-uitblinker se laaste Kaapse seisoen
Een van die Stormers se blinkste sterre keer aan die einde van die seisoen sy rug op Nuweland om sy loopbaan oorsee voort te sit.
Heelwat pluspunte aan Lions-kant
Die gebrek aan kombinasies is seker deels vir van die tekortkominge te blameer, maar daar was tog ook heelwat pluspunte in die Lions se vertoning Saterdag teen die SupaBarbarians by Wits.
Sharks, Cheetahs soek antwoorde in dié wedstryde
ʼn Mens weet nie mooi wat jy te wagte kan wees wanneer die Sharks Vrydagaand in Umlazi se Koning Zwelithini-stadion twee opwarmwedstryde teen die Cheetahs speel nie.
Pumas se baljagter kry sy deurbreekkans
Een van Suid-Afrika se voorste baljagters die afgelope jare is deur die Stormers ‘geleen’ – en dit mag dalk net sy kans wees om na hoër louere deur die breek.
Sanzaar nooi Fidji vir gesprek oor Superrugby
Sanzaar het Fidji Vrydag genooi om gesprek oor die moontlikheid van `n Superrugby-franchise te voer.
Bulstryd kom in die Lions se middelveld
Die Lions wat Saterdag (15:00) by Wits teen die SupaBarbarians uitdraf, sal nie soos baie verwag ʼn aanduiding gee van wat Johan Ackermann en Swys de Bruin vir die Superseisoen in die mou voer nie.
Min te lees in Stormers en Bulls se Harare-seges
Die Stormers het die Cheetahs Saterdagmiddag in ’n opwarmwedstryd in Harare 43-7 geklop en die Bulls het, ook in Harare, 38-17 teen die Lions gewen.
Pollard aangewys as Bulls se Superkaptein
Die Bulls het Saterdagaand aangekondig dat die 22-jarige Springbok Handré Pollard hulle in die Superreeks sal aanvoer.
Curriebeker (en OP) nou éérs deurmekaar
Die Curriebekerreeks, net 26 uur voor die 2016-afskop, is nog ʼn warboel van onsekerheid. En nog olie op die vuur in Suid-Afrikaanse (of is dit Kings?) rugby is die likwidering van die OP Rugby-unie (Edms) Beperk.
Is dit dalk ‘n voorbode vir `n Lions-sege?
Daar is twee dinge waarmee jy nie in Nieu-Seeland lol nie … rugby en skape, oftewel hul lammers.
Wie kan nou nog Lions se rus-besluit kritiseer?
`n Mens wil jou nie ná die tyd slim hou nie, maar nou weet ons dat die Lions, ondanks baie bedenkinge, in die kol was deur hul opdrafspan verlede week teen die Jaguares in Buenos Aires week te laat rus.
Lions kan doen met dié miljoen(e)
Wat `n lekker meevaller!
Lions pluk die vrugte van hul rus-besluit
Die eindtelling het dit dalk nie nie weerspieël nie, maar die Lions is steeds in `n wensituasie en kon nie vir meer gevra het deur hul beste spelers, inteendeel hul hele opdrafspan, te laat rus het vir Saterdag se kragmeting in die Superrugby-reeks teen die Jaguares in Buenos Aires nie.
Kom kyk rugby en kry `n pastei!
Die Australiërs is baie lief vir hul vleispasteie, so lief dat die Brumbies dit as `n lokmiddel sal gebruik om meer toeskouers deur die hekke te laat stroom vir Vrydagaand se Superrugby-kwarteindstryd tussen die Brumbies en Highlanders in Canberra.
Daar is diamante op klubvlak
Daar loop baie klubspelers in Suid-Afrika en Nieu-Seeland rond wat deur die net glip.
Ackers volg Jake se voorbeeld
Is ons geheue so kort?
Aanhouer wen, al trek hulle aan kortste ent
Dit klink ietwat belaglik, maar die Lions se belangrikste wedstryd in vanjaar se Superreeks is teen `n span wat 34 punte minder as hulle op die puntelys het.