Sewentien maande sedert die nasionale regering die administrasie van al elf provinsiale regeringsdepartemente in Noordwes oorgeneem het, is die meeste departemente steeds grotendeels wanfunksioneel.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Supra Mahumapelo"
Ouma se advies aan die ANC
“As jy ’n pynlike abses toeplak, word dit net erger. Die beste oplossing is om die abses oop te steek sodat al die gemors kan uitkom. Dan word dit gouer gesond,” was ouma se praktiese advies.
Toerisme óók Afrikaners se skuld
Hou op om jou eie mislukkings te ontken. Hou op om die skuld op die Afrikaner te pak vir alles wat verkeerd loop. Miskien kan ons dan die toerismebedryf én die land begin regruk.
Mahumapelo gee ANC nog ʼn bloedneus
Die uitspraak is met toejuiging begroet en ʼn skare ANC-lede het begin dreunsing, “Viva Supra, viva!”
Stryd oor ANC in Noordwes nie verby
Regter Fayeeza Kathree-Setiloane het Woensdag die ontbinding van die komitee ter syde gestel en gelas dat Mahumapelo en sy provinsiale uitvoerende komitee binne twee dae weer in hul amp aangestel moet word.
Mahumapelo mag terugkeer as Noordwes-premier
Mahumapelo is in Augustus verlede jaar uit sy pos as premier verwyder nadat gewelddadige betogings in dié provinsie opgevlam het. Hy is vervang deur Job Mokgoro.
Denel kanselleer beurs vir premier se seun
Denel behou hom die reg voor om enige gelde terug te eis wat reeds vir Mahumapelo se studie betaal is.
Mahumapelo wil kritici hof toe sleep
Mahumapelo het glo gesê hy het besluit om te bedank uit sy pos as premier om volgens die wet met sy kritici af te reken.
Nuwe Noordwes premier ingehuldig
“Die partytjie vir staatsamptenare in Suid-Afrika se Noordwes-provinsie is verby.”
Supra maak glo plek vir Mokgoro
Supra Mahumapelo het glo as lid van die Noordwes- provinsiale wetgewer bedank om plek te maak vir Job Mokgoro om tot premier van die provinsie verkies en ingehuldig te word.
ANC kondig premierskandidaat vir Noordwes aan
Die ANC het Donderdag sy nuwe premierskandidaat aangekondig om Supra Mahumapelo as premier van Noordwes te vervang.
Nog geen besluit oor Mahumapelo se opvolger
Die ANC in Noordwes het vandeesweek vergader om kandidate te bespreek om die voormalige premier van Noordwes, Supra Mahumapelo, op te volg.
Steeds geen besluit oor Mahumapelo-opvolger
Die NUK het egter glo besluit dat nie een van dié kandidate geskik is nie aangesien hulle almal glo bondgenote van Mahumapelo is.
NW-premier se vroeë aftrede verwelkom
“Die nalatenskap van Mahumapelo as premier is gewelddadige betogings, wanbestuur, politieke binnegevegte, onstabiliteit, onreëlmatighede, bande met die omstrede Guptas en talle bewerings van korrupsie.”
Mahumapelo kondig bedanking aan
“Die ANC is groter as ons almal, van bó tot heel onder. Ek is nie onvervangbaar in die revolusie nie. Daar kan nie so iets wees soos ‘no Supra no vote’ nie. Niemand van ons is groter as die ANC en die revolusie nie.”
Ramaphosa plaas Noordwes onder administrasie
Pres. Cyril Ramaphosa het die provinsiale regering in Noordwes onder administrasie geplaas.
‘Waarnemende premier het geen bedrogklagtes teen haar’
Brian Setswambung, woordvoerder van die provinsiale regering het gesê ʼn saak wat in Maart deur die komitee vir gesondheid en sosiale ontwikkeling aanhangig gemaak is, het niks met Nelson te make nie.
Waarnemende premier in Noordwes aangestel
Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, sal dalk nie nou uit sy amp bedank soos hy Dinsdag aangevoer het nie, maar hy is wel tans met verpligte verlof.
Supra hoor oor toekoms
Die ANC se provinsiale uitvoerende komitee in Noordwes het Woensdag sy besluit oor Supra Mahumapelo se toekoms as premier van Noordwes bekendgemaak.
ANC vergader in Mahikeng oor Mahumapelo se lot
Ondersteuners van die omstrede Supra Mahumapelo het Woensdag in Mahikeng bymekaargekom en geskree “No Supra, no election!”.