In vandag se Allegaartjie gesels Marlize Grobbelaar vir oulaas oor algemene rugbeserings en hoe om dit te vermy. Ons sluit ook af met ons gesprekreeks oor die krag van die brein en Susan Hepple verduidelik hoe jy jou brein positief kan herprogrammeer. Allegaartjie-joernalis, Burger Meyer, vind uit wat Aardklop doen vir die teaterbystandfonds.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Susan Hepple"
Allegaartjie 2 – Program 67
In vandag se Allegaartjie gesels Marlize Grobbelaar oor ʼn aktiewe leefstyl vir veral ouer mense. Susan Hepple bespreek die faktore wat leer beïnvloed en ons kuier by Altus Theart wat met ons gesels oor sy debuutalbum.
Allegaartjie 2 – Program 57
In vandag se Allegaartjie vertel Marlize hoe jy tuis kan oefen om jou rug te versterk. Susan Hepple van Neurolink bespreek stres se invloed op jou breinkrag en ons gesels met Corrie Smith oor haar projek wat ʼn mediasentrum in Hoedspruit red.
Allegaartjie 2 – Program 47
In ons Dinsdag-aflewering van Allegaartjie bespreek Marilize Grobbelaar die effek van ʼn langdurige sittery op die liggaam en sy gee ook wenke oor wat jy kan doen om dié effekte te voorkom. Susan Hepple bespreek neuronbane in ons gesprekreeks oor breinkrag en Burger Meyer gesels met ʼn animasie-ateljee oor nuwe tegnologie wat voordele inhou vir Suid-Afrika se rolprentbedryf.
Allegaartjie 2 – Program 42
In vandag se Allegaartjie begin ons met ʼn splinternuwe gespreksreeks oor gesondheid – Marilize Grobbelaar gesels in die eerste aflewering oor die algemeenste oorsake van rugkwale. Susan Hepple bespreek die elektro-chemiese funksionering van die brein in ons praatjies oor breinkrag en ons gesels met Michael Barret, ʼn dirigent, oor koormusiek.
Allegaartjie 2 – Program 32
In hierdie aflewering van Allegaartjie bespreek ons oortyd in ‘Jou regte in die werkplek’. Susan Hepple verduidelik waarom humor so belangrik is vir die brein en Burger Meyer gesels met twee studente van die Universiteit van die Vrystaat, wat onlangs getoer het saam met die Wêreld Orkes.
Allegaartjie 2 – Program 27
In vandag se Allegaartjie gesels ons weer oor jou regte in die werkplek. Susan Hepple praat oor breinfiksheid, ons bring vir jou die nuwe woord van die week en die country-musiek sangpaar Heuning kuier in die ateljee.
Allegaartjie 2 – Program 22
In hierdie Dinsdag se Allegaartjie gesels ons oor beserings aan diens in ‘Jou regte in die werkplek’. Ons begin ʼn nuwe reeks oor breinkrag – Susan Hepple verduidelik hoe die brein en sintuie saamwerk. Ons gesels ook met die geheimsinnige sanger van Elvis se Seun.