Dis heerlik om ʼn nuwe skildery in jou huis op te hang, maar dis (gewoonlik) ʼn groot probleem om die gaatjie later toe te maak. Suzelle DIY verduidelik in hierdie video hoe jy sommer in ʼn japtrap sulke gaatjies self in jou huis kan regmaak.
Alles vir die sleutelwoord "Suzelle DIY"
Video: Só stryk jy – sonder ‘n strykyster!
Dis gewoonlik ‘n petalje as jou strykyster nie wil werk nie, of as jy iewers dalk sonder ‘n strykyster gestrand sit.
Video: Só wen jy iemand se hart vir Valentynsdag
Suzelle DIY, wat gereeld allerhande nuttige selfdoenwenke op YouTube laai, wys vir jou in dié video hoe om iemand se hart hierdie Valentynsdag te wen.
Video: Só kry jy fênsie hare
Suzelle DIY, wat gereeld allerhande wenke op YouTube laai, wys vir jou in dié lawwe video hoe om jou hare ook vas te bind soos haar eie.
Video: Maak jou eie spitbraai
Ons almal weet hoe lekker sappig vleis kan wees as dit ordentlik oor ‘n spitbraai gaargemaak word. Suzelle DIY wys vir jou in dié video hoe om jou eie spitbraai te bou.
Video: Maak jou eie unieke Kersboom
Pryk jou Kersboom nog nie in jou sitkamer nie? Soek jy vanjaar iets buitengewoon vir ‘n Kersboom? Suzelle DIY verduidelik in hierdie video hoe jy jou eie Kersboom kan maak.
Video: Maak jou eie geskenkpapier!
Kersfees is om die draai en geskenkpapier is soms duurder as die geskenk self! Suzelle DIY verduidelik in hierdie video hoe jy jou eie geskenkpapier kan maak.
Video: Só kry jy dáái Kersgeskenk
As ʼn paar kouse of ʼn nuwe woltrui dalk nie jou idee van die perfekte Kersgeskenk is nie, wys Suzelle DIY jou hoe om te kry wat jy regtig wil hê.
Video: Die maklikste manier om kersietamaties te sny!
Dis gewoonlik tydrowend om klomp klein kersietamaties individueel in die helfte te sny, maar Suzelle DIY het met ‘n blink plan vorendag gekom!
Video: Is die battery pap?
Dit is gewoonlik ‘n groot frustrasie wanneer jy op ‘n paar los batterye in ‘n laai afkom en nie weet watter van die batterye pap is nie. Suzelle wys jou in dié video ‘n baie eenvoudige en handige wenk.
Video: Boer maak ‘n plan!
‘n Vrou van Somerset-Wes se “doen-dit-self”-video’s op YouTube is baie gewild. Sy wys jou onder andere hoe om maklik donsies van ‘n trui af te haal, hoe om ‘n tweepuntprop te vervang of selfs hoe om ‘n eier te kook.