Die meeste Suid-Afrikaners wat wel winskopies op Swart Vrydag losgeslaan het, het hul kredietkaarte gebruik om daarvoor te betaal.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Swart Vrydag"
Verbruikersake: Waarskuwings oor te veel geld uitgee op Swart Vrydag
Al word verbruikers dikwels gewaarsku om nie te veel geld uit te gee op Swart Vrydag nie, wys navorsing wat deur Debt Rescue gedoen is, dat verbruikers hulle maar doof hou vir hierdie waarskuwings. Ina Opperman verduidelik waarom Swart Vrydag en jou geldgedrag so belangrik is.
Verbruikersake: Hier kom Swart Vrydag – vir ’n hele maand lank
Swart Vrydag gaan vanjaar heeltemal anders lyk as vorige jare, toe verbruikers mekaar sommer met die vuis bygedam het oor toiletpapier wat teen goeie pryse verkoop is. Maar maak nie saak hoe jy jou inkopies gaan doen nie, lees eers wat Ina Opperman sê oor hoe jy moet voorberei op jou inkopietog.
Beskerm jou beursie op Swart Vrydag deur dié wenke te volg
Maak gebruik van begrotings en apps om jou bankrekening in toom te hou.
Hoe om dié Swart Vrydag en ook tydens die feesseisoen veilig te bly
Wees waaksaam en meld enige verdagte persone aan.
Vermy die slaggat van impulsiewe aankope
Met Swart Vrydag om die draai moet SA’ners hulle voorberei om nie te oorbestee nie.
Verskoon maar jou werkers dié Swart Vrydag, sê aanlynwinkel
R1,3 miljard is verlede jaar op dié dag bestee.
Swart Vrydag: Verkope kan met 30% toeneem
Navorsing deur Black Friday Global toon dat belangstellings in aanbiedings op dié dag oor die laaste vyf jaar met 9 900% in die land gegroei het.
Kleinhandel kry hupstoot uit Swart Vrydag se verkope
Volgens Statistiek Suid-Afrika het die kleinhandelsektor sy grootste styging van verlede jaar in November getoon. Swart Vrydag en Kuber Maandag het bygedra dat November se syfer met 3,1% gestyg het.
Kommer oor winskopies wat op skuld gekoop is
Volgens Roets sal alle aankope wat op skuld gekoop is, deur die rentekoersverhoging wat verlede week aangekondig is, geaffekteer word.
Verbruikersake: Loop lig vir Swart Vrydag
Ina Opperman gee raad hoe jy Swart Vrydag moet aanpak.
‘Waak teen roekelose besteding op Swart Vrydag’
“Black Friday” word deur verbruikers beskou as die afskop van die feestydperk se inkopieseisoen en ontaard dikwels in wilde inkopietogte met verbruikers wat probeer om soveel moontlik winskopies los te slaan voor die voorraad opraak.
‘SA’ners kan nie wag vir Swart Vrydag’
PriceCheck het bevind dat die konsep van Swart Vrydag tans die vinnigste in Suid-Afrika groei as in enige ander land ter wêreld.
Kleinhandel ervaar groter optimisme
Is kleinhandelverkope die hartklop van die Suid-Afrikaanse ekonomie? Dit blyk uit die jongste gegewens wat Statistiek Suid-Afrika gister uitgereik het.
SA’ners het hierna op Google gesoek
Google het bekend gemaak waarna Suid-Afrikaners die meeste gesoek het op hierdie internetsoekenjin in 2017.
Video en foto’s: Swart Vrydag-winskopies lei tot vertrapping
Op die video kan gesien word hoe die glaspanele aan die voorkant van die winkel kraak soos die skare vorentoe beur en sommige mense wat val en onder die histeriese inkopiegangers se voete beland.
Ligloop vir te veel Swart Vrydag-kopies
Swart Vrydag het nou al goed nes geskop in Suid-Afrika, al is dit oorspronklik op die laaste Vrydag van November net in die VSA gehou om die begin van die Kersinkopieseisoen in te lui. Ina Opperman vertel hoe jy kan sorg dat jou beursie nie te plat anderkant hierdie reklameveldtog uitkom nie.