Eswatini (voorheen Swaziland) het die parlementêre verkiesing as ʼn “reusesukses” bestempel wat “vry en regverdig” gedoen is.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Swaziland"
Verkiesing vir Afrika se laaste absolute monargie
Sowat 585 000 geregistreerde kiesers sal stem vir 59 lede van die laerhuis van die parlement. Hierdie lede het slegs ʼn adviserende rol vir die monarg.
Koning Mswati doen oproep om kalmte
Die jongste oproer duur nou al langer as twee weke en word gelei deur studente, staatsamptenare en vervoerwerkers.
Minstens 27 sterf tydens Eswatini-betogings
Die minister blameer “buitelandse elemente” wat die geweld aangehits het – met spesifieke verwysing na Suid-Afrika se Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF).
SA diep bekommerd oor situasie in Eswatini
Die Suid-Afrikaanse regering het ʼn beroep op die veiligheidsmagte in Eswatini gedoen om te alle tye selfbeheersing te toon en die lewe en eiendom van die land se mense te beskerm.
Talle geraak terwyl Swazi Spa-hotelle gesluit bly
“Koning Mswati se hebsug is verstommend. Die enigste werklike oplossing vir die betrokke werknemers is om by die groot groep aan te sluit wat tans eis dat die monargie uit politiek verwyder moet word.”
Eswatini-premier sterf weens Covid-19
ʼn Burgerregtegroep in Suid-Afrika, die Swaziland Solidarity Netwerk (SSN), het die regering intussen daarvan beskuldig dat die eerste minister spesiale behandeling gekry het omdat hy na ʼn hospitaal in Suid-Afrika, waar veel beter mediese sorg beskikbaar is, oorgeplaas is.
Kry jou só in rat om die pad na ’n buurland te vat
Hier is ʼn paar wenke vir hoe om jouself voor te berei vir ʼn reis na oorkant Suid-Afrika se grens sodra dit weer toegelaat word.
Twee Britte vas nadat hulle land onwettig binnekom
Die Britte het teen ʼn vinnige spoed deur die grenspos gejaag.
Gerugte oor koning is vals, sê Eswatini
Die regering van Eswatini (Swaziland) ontken berigte dat koning Mswati III kritiek siek is en in die hospitaal opgeneem is.
Swaziland bevestig eerste Covid-19-geval
eSwatini (Swaziland) het sy eerste geval van die nuwe koronavirus (Covid-19) bevestig, aldus die land se ministerie van gesondheid.
Hier is uitslag van Covid-19-toets in eSwatini
In China is meer as 72 500 gevalle tot dusver bevestig, met 1 870 sterftes.
Hongersnood eis vyf terwyl koning motors koop
Een uit vyf mense wat in landelike gebiede in eSwatini woon, ervaar erge voedseltekorte.
Nóg bederf vir ‘skaamtelose’ koning Mswati terwyl mense steier
“Ons waardigheid as nasie word ernstig ondermyn deur ʼn parasitiese koninklike familie en ons kan nie langer stilbly terwyl ons swaarverdiende belasting tot voordeel van ʼn familie gebruik word by wie ons geen baat vind nie.”
Staatsgeld betaal vir Swazi-koning se peperduur vuurwaens
Koning Mswati III van eSwatini het die wenkbroue laat lig toe hy homself en sy hele harem “geseën het” met Rolls Royce-motors ter waarde van meer as R200 miljoen.
Buit van bankroof in SA opgespoor
Sy het die twee gyselaars aangesê om kontant in ʼn groot sak te druk voordat sy met dié sak op die vlug geslaan het.
Minister katvoet oor lening aan Swaziland
In die onlangse verlede het Swaziland al probeer om by Suid-Afrika geldelike hulp te kry of ’n lening aan te gaan, maar Cosatu en die SAKP as die ANC-regering se vennote staan dit altyd sterk teen.
Swazi-koning bevestig grond is nie gesteel nie
Die grondgebied van die hedendaagse Mpumalanga is van niemand gesteel of afgeneem nie, maar Voortrekkers het dit bekom van die destydse Swazi-koning deur onder meer ruilhandel met vee, het die VF Plus in ‘n verklaring bevestig.
Swaziland se naam verander
“Ons sal nie meer Swaziland genoem word nie,” het koning Mswati III aangekondig.
Die koninkryk van ons bure
As jy graag as ʼn Afrika-boorling wonder hoe jou bure lewe, pak jou 4×4 of gooi ʼn tent in die kattebak, laai ʼn koffieketel en ʼn gasstofie en begin jou reis in Witrivier. Onthou om vleis saam te vat – die Swazi’s het nie skape nie.