Die burgerregte-organisasie AfriForum sal Dinsdag ’n dringende aansoek by die Pretoriase hooggeregshof indien om die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) te verhoed om ʼn nuwe taalbeleid, wat met Afrikaans as onderrigmedium wegdoen, in te stel.
Alles vir die sleutelwoord "taalbeleid"
AfriForum sal UV-appèl teen taalbeleid-uitspraak teenstaan
AfriForum het Vrydag in reaksie op die aankondiging van die Universiteit van die Vrystaat (UV), dat die universiteit beplan om teen Donderdag se hooggeregshofuitspraak oor die behoud van Afrikaans te appelleer, bevestig dat die universiteit se appèl teengestaan sal word.
[Video] Taalstryd by kampusse
Prof. Wannie Carstens het uit ‘n raadsvergadering van die Universiteit Stellenbosch gestap oor die besluit om te verengels. Prof. Hans du Plessis het gepleit dat die Potchefstroom-kampus Afrikaans bly.
Só gaan Akademia Afrikaanse universiteitswese verseker
Akademia het Sondag vyf wyses bekend gemaak waarop hy die voortsetting van die Afrikaanse universiteitswese wil verseker.
Genoeg steun om Pukke Afrikaans te hou, sê prof
ʼn Onlangse inskrywing op die Afrikaanse skrywer prof. Hans du Plessis se Facebook-blad, waar hy vra vir steun om die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus ʼn inklusiewe Afrikaanse kampus te hou, het wye reaksie op sosiale media uitgelok.
UP-taalbeleid: Finansies speel geen rol
Volgens AfriForum Jeug het ʼn verslag, wat deur ʼn onafhanklike transformasiepaneel saamgestel is, bevestig dat die Universiteit van Pretoria geen addisionele uitgawes hoef aan te gaan om Afrikaans as onderrigmedium te behou nie.
Beurs- en studiefonds vir Afrikaanse studente gestig
AfriForum Jeug het ʼn beurs- en studiefonds gestig ten bate van Afrikaans en studente wat in dié taal wil studeer.
Taalbeleid: ‘Ystervuis tref Afrikaans’
Die Universiteit van Pretoria (UP) en die Universiteit van Stellenbosch (US) se besluite vandeesweek insake hul taalbeleid tref Afrikaans met ʼn ystervuis en lui eintlik op korter termyn die doodsklok vir Afrikaans as taal van onderrig en navorsing by dié instellings.
Regstappe oor Afrikaans by UV
Die saak van die burgerregte-organisasie AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die 2017-taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor word.
US taalbeleid voldoen nie aan basiese bestuursvereistes
Volgens die Afrikaanse Taalraad voldoen die Universiteit Stellenbosch (US) se finale konseptaalbeleid nie aan basiese vereistes vir die volhoubare bestuur van Afrikaans of Xhosa by die universiteit nie.
Internasionale steun vir veldtog teen nuwe taalbeleid
Die Nobelpryswenner, JM Coetzee en die bekende Britse oud-diplomaat, lord Robin Renwick, het onlangs hul steun verleen aan die Gelyke Kanse-veldtog om Afrikaans se gelyke status met Engels as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch te behou.
Einde van ʼn pad met Universiteit van die Vrystaat
Ook dít is deel van die geskiedenis van Afrika, en veral van die geskiedenis van die Vrystaat: Mense wie se individuele, akademiese, kulturele of ander vorme van vryheid afgeskaal of misken word, sal dit elders weer gestalte gee. Soms selfs beter.
Vrae en antwoorde oor Afrikaans se plek op SA kampusse
Is die bohaai oor Afrikaans op universiteitskampusse die moeite werd? Die NP Van Wyk Louw-sentrum het in samewerking met die FAK ʼn paar vrae en standpunte hieroor bymekaargesit.
Regstappe om Afrikaans by Kovsies te red
Die burgerregte-organisasie AfriForum berei tans voor op regstappe om Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) te red.
Nuuskommentaar: Taal en die studente-onluste
Dit lyk of die EFF nou met ’n nuwe taalfoefie by die UP kom om ’n “verskoning” te vind om die universiteit onregeerbaar te maak. As Afrikaans bly, moet “al 11 ander” Afrikatale ook as onderrigtale ingestel word. Dis nie die eerste keer dat iemand die 11 amptelike tale (nie volgens die EFF se sommetjies nie) as foefie gebruik om Afrikaans onder druk te plaas nie.
Steve Hofmeyr oor Afrikaans
Taal is ʼn manier om die wêreld te ken. En ons lewenstaak is om die wêreld en sy dinge te leer ken. Daar sal nooit genoeg tale wees nie en nie een taal beskryf alles dieselfde nie. En dis reg so.
Drie argumente vir Afrikaners in ʼn krisis
Dit is ʼn grondwetlike reg om vír jou taal, jou kultuur, jou opinies en jou geloof te wees.
Akademie veroordeel geweld: Afrikaans lyk na die slaansak
’n Dringende beroep word op leiers van alle politieke partye gedoen om hul faksies tot orde te roep en te sorg dat ’n kosbare bate – die tersiêre opvoedingsektor in Suid-Afrika – sy status van uitnemendheid in landsbelang behou.
Voorstelle oor UP-taalbeleid ‘ook nie dié van senaat’
Die voorgestelde wysigings aan die Universiteit van Pretoria (UP) se taalbeleid, waarvolgens Engels die primêre onderrigtaal sal wees, is nie die voorstelle van die taalbeleid-taakspan óf die senaat, soos die UP beweer nie.
Begrafnis van die boer
Dit is met leedwese dat ek vandag moet aankondig my hoop en visie vir Suid Afrika het gisteraand om 7-uur met die uitsending van die nuusbulletin op TV gesterf.