Dit is duidelik dat die stryd om die beoogde verandering van die Taalmonument se naam ’n positiewe wending geneem het nadat pres. Cyril Ramaphosa verlede week tot die debat toegetree het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Taalmonument"
Taalmonument: ‘Afrikaans bly’, sê minister
Die minister blyk om in die lig van weke lange hewige kritiek oor die beweerde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument nou ’n “U-draai van 180 grade” te maak.
President sê Afrikaanse Taalmuseum se naam sal nie verander nie
“Dit is goed dat die ANC rede gesien het en dat hul ideologiese haat vir Afrikaans nie in hierdie verband op die Afrikaanse Taalmonument (ATM) en Afrikaanssprekendes afgedwing sal word nie.”
Minister weier glo petisie oor Taalmonument
Minister Nathi Mthethwa se kantoor hou voet by stuk hy het nooit ’n naamsverandering voorgestel nie.
Versoekskrif aan bestuur van Taalmonument oorhandig
“Ons doen ’n dringende beroep op die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument om nie die knie te buig voor die waansin van Nathi Mthethwa en die ANC nie.”
‘Geen ooreenkoms’ oor Taalmonument se naam
Die DA sê dit lyk of Nathi Mthethwa die bestuur van die Afrikaanse Taalmonument nou vir die wolwe gooi nadat hulle opgetree het oor sy opdrag om die naam van die instelling te verander.
AfriForum sit voet neer oor Taalmonument se naam
In die kommentaar sê AfriForum dat die monument se huidige naam akkuraat is en vind hy geen element van polarisasie of eksklusiwiteit daarin of in die huidige optrede van die instelling se bestuur nie.
Afrikaans se plek in huidige Suid-Afrika
Oppervlakkig beskou, gaan dit bloot oor die ATM se naam. Kyk jy dieper, gaan dit om iets meer fundamenteel, naamlik oor die plek wat die Afrikaanse taal in die huidige Suid-Afrika beklee.
Tienpuntplan vir erfenisbewaring
Minister Nathi Mthethwa se plan om die Afrikaanse Taalmonument te dwing om sy naam te verander, is die nuutste bewys dat die staat nooit die mag oor ʼn ander taal- of kultuurgemeenskap se kulturele erfenis mag hê nie
Ope brief aan die bestuursraad van die Afrikaanse Taalmonument
Die totale simboliese samestelling van die monument daar teen Paarlberg vertel die verhaal van die ontstaansgeskiedenis van ʼn taal uit die bodem van Afrika, gepraat deur die mense van Afrika. Dit vertel waarvandaan Afrikaans gekom het, nie waarvandaan enige ander taal gekom het nie.
Proteskonsert verenig Afrikaanssprekendes
“Daar was iets geskiedkundig aan die dag. Afrikaanssprekendes het verenig gestaan teen die verandering. Daar is ’n boodskap van eenheid uitgestuur.”
Erfenisraad moenie swyg oor Taalmonument
“Die erfenisraad het ʼn mandaat om kennisproduksie oor alle Suid-Afrikaanse erfenis te verbeter en bewustheid daarvan te bevorder.”
Ken jy die Afrikaanse Taalmonument?
Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument slaag daarin om binne die een entiteit die taal simbolies te vier, maar ook prakties te ondersteun en bevorder. Dit is ʼn monument vir almal – gister, vandag en hopelik ook môre.
DA-Jeug: ‘Los die Taalmonument uit’
“Vandag kom hulle vir Afrikaans, môre kom hulle vir Xhosa en Zulu.”
Afrikaanses sê aikôna vir Mthethwa
“Ek is dankbaar hier was vandag soveel mense en ek hoop dat die Raad van die ATM die boodskap sal kry van ‘nee, nee, nee’.”
‘Gee monumente vir die mense’
Die toekoms van erfenisbestuur word ʼn al hoe groter kwessie en daar is kommer dat die geld wat die staat daarvoor bewillig as hefboom gebruik kan word om ʼn instelling te dwing om na die regering se pype te dans.
Mthethwa onder beleg en soek politieke traksie
Minister Nathi Mthethwa se voorstel om die Afrikaanse Taalmonument te hernoem, moet ongelukkig ernstig opgeneem word. Die minister is onder beleg en glo skynbaar ʼn aanval op Afrikaans sal vir hom nuwe politieke traksie gee.
Kunstenaars hou proteskonsert vir Afrikaanse Taalmonument
“Dit is vir my ʼn klap in die gesig om van Afrikaans ontneem te word.”
Regering kan nie met kultuurerfenis vertrou word
“Nathi Mthethwa krap nou waar dit nie jeuk nie,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, Woensdag gesê.
Taalmuseum en -monument behoort aan gemeenskap, nie die staat
Ek was een van derduisende Afrikaanse skoolkinders wat in die 1970s aan muntleggings deelgeneem het om die monument te help bou.