Tientalle boodskappe van medelye het kort na die nuus oor sy dood begin instroom.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "TB Joshua"
Nigerië-ineenstorting: “Laaste liggame moet vinnig terugkom”
Pogings word verskerp om die liggame van 11 persone, wat in Nigerië gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, na Suid-Afrika terug te bring.
Nigerië-ineenstorting: Oorskot land in Suid-Afrika
Die vliegtuig met die liggame van 74 van die 81 Suid-Afrikaners wat dood is toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, het Sondagoggend by Waterkloof-lugmagbasis geland, het die SAUK berig.
Nigerië-ineenstorting: Oorskot kom huis toe
Slegs 74 van die 85 persone wat in Nigerië dood is tot ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, se liggame sal Sondag in Suid-Afrika aankom.
Nigerië-ineenstorting: Oorskot van SA’ners kom huis toe
Die oorskot van 85 persone van Suid-Afrika wat in Nigerië gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations ineengestort het, sal na verwagting hierdie naweek huis toe gebring word.
Lagos-kerkramp: SA’ners se lyke nog nie terug nie
Dit is steeds nie duidelik wanneer die lyke van meer as 80 Suid-Afrikaners, wat dood is toe ’n kerkgebou verlede maand in Nigerië ineengestort het, na Suid-Afrika teruggestuur sal word nie.
Nigerië-ineenstorting: Liggame kom dalk einde Oktober huis toe
Die liggame van meer as 80 Suid-Afrikaners wat gesterf het toe ʼn gebou by TB Joshua se Synagogue Church of All Nations in Nigerië ineengestort het, word moontlik teen die einde van Oktober teruggebring na Suid-Afrika, het City Press berig.
TB Joshua stuur kos, “gesalfde water” vir SA-families
Die Nigeriese prediker TB Joshua het ʼn span mense na Suid-Afrika gestuur om geld, “gesalfde water” en mieliemeel te vat vir die gesinne van die slagoffers van die ineenstorting in Lagos, het die Sunday Times berig.
Nigerië-ineenstorting: Nog lank voor oorskot huis toe kom
Dit gaan glo ʼn geruime tyd duur voordat die liggame van Suid-Afrikaners, wat gesterf het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, teruggebring word.
Nigerië-ineenstorting: Meeste slagoffers al uitgeken
Die proses om die liggame van die Suid-Afrikaners uit te ken wat gesterf het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, duur voort.
Video: Nigerië-ineenstorting: Ses ontslaan; nóg oorlewendes land by OR Tambo
Ses Suid-Afrikaners wat beseer is toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, is uit die hospitaal ontslaan.
Nigerië-ineenstorting: Beseerdes nog nie ontslaan nie
Nie een van die 25 Suid-Afrikaners wat oorleef het nadat ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, is al uit die hospitaal ontslaan nie.
Nigerië-ineenstorting: Beseerde SA’ner keer terug na kerk
Een van die 26 mense wat beseer is toe ʼn kerkgebou in Nigerië ineengestort het, het besluit om in die land agter te bly.
Nigerië-ineenstorting: Oorlewendes land in SA
Weermagpersoneel het Maandagoggend spoedig omgesien na beseerde Suid-Afrikaners wat van Lagos, Nigerië met ʼn vliegtuig by die Swartkop-lugmagbasis aangekom het.
TB Joshua wil Suid-Afrika besoek
TB Joshua het Sondag gesê hy wil Suid-Afrika toe kom om mense te kom besoek wat geraak is deur die ineenstorting van ʼn gebou by sy kerk waarin talle mense dood is.
Nigerië-ineenstorting: 4-jarige SA meisie lewendig gevind
ʼn Vierjarige Suid-Afrikaanse meisie is lewendig opgespoor ná die ineenstorting van ʼn gebou in Lagos, Nigerië wat tot die dood van 84 Suid-Afrikaners gelei het.
Nigerië-ineenstorting: SA-dodetal styg
Die aantal Suid-Afrikaners wat omgekom het toe ʼn gebou in Nigerië ineengestort het, het van 67 na 84 gestyg, het die SAUK Vrydag berig.
Nuuskommentaar: Nigerië veel meer as profeet TB Joshua en Boko Haram
Die ramp by die kerk van TB Joshua in Nigerië het die aandag van baie Suid-Afrikaners wat al afgestomp geraak het oor die deurlopende nuus oor die Boko Haram, weer op hierdie land, die Reus van Afrika, gevestig. “As hierdie reus val, gaan die hele kontinent bewe,” skryf Herman Toerien.
TB Joshua ontken versuim om saam te werk
Die Nigeriese prediker TB Joshua het Donderdag sy stilswye verbreek ná 80 mense by sy reusekerk in Lagos in ʼn ineenstorting oorlede is.
Ineenstorting by TB Joshua-gebou: SA-noodwerkers weggejaag
Noodwerkers van die humanitêre organisasie Gift of the Givers is glo weggejaag by die perseel van TB Joshua se Synagogue Church of All Nations wat Vrydag in Lagos, Nigerië ineengestort het.