Phakamani Hadebe, Eskom se uitvoerende hoof, het Dinsdag tydens ʼn amptelike geleentheid by die Uniegebou in Pretoria die ooreenkoms vir die $2,5 miljard-lening onderteken.
Alles vir die sleutelwoord "tekenprent"
Tekenprent: Obama terug in SA herinner aan gebaretaaltolk-fiasko
Tekenprentkunstenaar Jerm kon vandeesweek, met Amerikaanse oudpresident Barack Obama se besoek aan Suid-Afrika, nie help om terug te dink aan wyle pres. Mandela se begrafnisdiens waar ʼn gebaretaaltolk ʼn wêreldwye verleentheid vir die land veroorsaak het nie.
Tekenprent: AfriForum bly warm op Duduzane se spoor
Adv. Gerrie Nel, wat ook as “die bulhond” bekend staan, sal die privaat vervolging van Duduzane Zuma namens AfriForum hanteer indien die NVG nie met sy vervolging voortgaan nie.
Tekenprent: Leeus het dalk stropers aangeval
Die menslike oorskot wat vroeër dié week op ʼn wildplaas buite Port Alfred in die Oos-Kaap aangetref is, is moontlik dié van minstens drie stropers wat volgens die eienaar van die wildplaas waarskynlik beoog het om ʼn trop renosters te stroop.
Tekenprent: Kill the Boer-boek
Volgens die SAUK is daar ’n storm van kritiek op sosiale media aan die woed oor die boek, “Kill the Boer”, deur Ernst Roets.
Tekenprent: Trump oor immigrantouers en -kinders
Pres. Donald Trump het ʼn uitvoerende bevel geteken waarvolgens immigrante nie van hul kinders geskei sal word nie wanneer hulle in Amerika vasgetrek word sodra hulle die grens onwettig oorsteek.
Tekenprent: OB sê oor Zille se kolonialisme-twiet
Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het bevind dat Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap, nie in goeder trou óf in die beste belang van goeie regering opgetree het in haar uitsprake oor kolonialisme verlede jaar nie.
Tekenprent: Wetsontwerp oor haatspraak
Die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling het Woensdag ʼn wetsontwerp oor haatspraak by die parlement ingedien om die proses te versnel om haatmisdade en haatspraak strafregtelik te kan vervolg.
Tekenprent: Castle Lager en etikettering
Castle Lager het Maandagaand op sy amptelike Twitter-profiel aangekondig die maatskappy gaan “in die lig van onlangse gebeure” van die etiket op hul bier ontslae raak.
Tekenprent: Gelukkige Moedersdag!
Gelukkige Moedersdag aan al die Maroela-mammas – mag geen stereotipes julle onderkry nie!
Tekenprent: Trump en Kim Jong Un
Dit lyk waarskynlik dat die Amerikaanse president Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un binnekort sal vergader.
Tekenprent: Vryheidsdag
Die spotprentkunstenaar Jerm het sy eie blik op Vryheidsdag wat landswyd op 27 April gevier word.
Tekenprent: Gerrie Nel pak Malema
Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaat vervolgingseenheid, het aangekondig dat hy beplan om EFF-leier Julius Malema en sy medebeskuldigdes privaat vir bedrog en tenderkorrupsie te vervolg.
Tekenprent: Buitensporige optrede om jou sin te kry …
Die Oos-Kaapse polisie het Donderdag die lewe van ʼn eenjarige dogtertjie gered toe haar pa haar na bewering van ʼn huis se dak afgegooi het.
Tekenprent: Zuma kry sy dag in die hof
Jacob Zuma, voormalige president, sal na verwagting Vrydag in Durban se hooggeregshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verwant hou met die omstrede 1999-wapentransaksie.
Tekenprent: ‘Dubbele standaarde’
Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandeesweek gesê Vicki Momberg se vonnis is “’n herbevestiging van die dubbele standaarde in Suid-Afrika, veral met betrekking tot ras”.
Tekenprent: Australië reik uit na boere in SA
Só beskou die tekenprentkunstenaar Jerm Australië se aankondiging dat hy visums makliker beskikbaar wil stel aan wit Suid-Afrikaanse boere sodat hulle in dié land kan gaan boer.
Tekenprent: Pasop vir die wolf van grondonteiening
Só beskou die tekenprentkunstenaar Jerm die ANC se gesprekke oor grondonteiening sonder vergoeding
Tekenprent: ‘Grond vir almal’
Die tekenprentkunstenaar Jerm verwys tong-in-die-kies na die aktrise en televisieaanbieder Oprah Winfrey wat tydens haar geselsprogram The Oprah Winfrey Show gereeld geskenke aan haar gehoor uitgedeel het – van kameras en stootwaentjies, tot skoene en selfs motors. Daar was gereeld ‘n “verrassing” onder die stoele versteek.
Tekenprent: ‘Grondgryp’ is niks nuuts nie
Die tekenprentkunstenaar Jerm kyk tong-in-die-kies na die grondgryp-kwessie wat eintlik ʼn baie langer geskiedenis in ons land het as wat sommige mense dink.