Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy interpretasie rakende die storm wat om die JacarandaFM-aanbieder Tumi Morake se kop losgebars het na uitlatings wat sy oor wit mense gemaak het.
Alles vir die sleutelwoord "tekenprent"
Tekenprent: Apple se nuwe iPhone
Deur middel van gesigherkenning (“Face ID”) sal die gebruiker die nuwe iPhone X met sy gesig kan ontsluit.
Tekenprent: ‘Ons kom vir julle, misdadigers’ – Mbalula
Die tekenprentkunstenaar gee sy interpretasie van polisieminister Fikile Mbalula se uitlatings.
Tekenprent: ‘Studiegeld’ van R14 miljoen oorbetaal
ʼn Administratiewe fout het daartoe gelei dat ʼn reusebedrag van R14 miljoen in ʼn student aan die Walter Sisulu Universiteit (WSU) in Oos-Londen se persoonlike bankrekening gedeponeer is.
Tekenprent: ʼn Helpende hand vir SAL
Die tesourie is steeds van plan om R10 miljard van sy aandeel van 39% in Telkom los te maak om die “terminale” Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van ondergang te red. Die tekenprentkunstenaar Jeremy gee sy interpretasie van die gebeure.
Tekenprent: AfriForum bied bystand aan Mugabe-slagoffer
Die burgerregteorganisasie AfriForum sal Gabriella Engels en haar gesin bystaan in hul soeke na geregtigheid, nadat dié 20-jarige model van Johannesburg beweer het sy is Sondag deur die Zimbabwiese presidentsvrou Grace Mugabe aangerand.
Tekenprent: Mosie van wantroue in Zuma
Ten spyte van intensiewe pogings deur opposisiepartye om ondersteuning vir die DA se mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma te werf, het die ANC weer eens met ʼn meerderheid die mosie laat misluk.
Tekenprent: Telkom
Talle Telkom-gebruikers wat sedert die begin van die week met stadige internetdiens én internetverbinding-probleme sukkel, het hulle vandeesweek tot sosiale media gewend om hul misnoeë oor dié internetdiensverskaffer se internetverbinding-probleme uit te spreek. Só sien die tekenprentkunstenaar Jerm die gebeure.
Tekenprent: Maroela blaas op 6 in ander media se nekke
Ná net ses jaar in die Suid-Afrikaanse media is Maroela Media die enigste Afrikaanse nuuswebwerf op die top 10 nuuswebwerwe in die land, en ‘n kortkop agter ander nasionale Engelse nuusreuse. Veels geluk met jou 6de verjaardag, Maroela!
Tekenprent: Trump en politieke korrektheid
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy mening oor die manier waarop pres. Donald Trump reageer op politieke korrektheid.
Tekenprent: Repokoers verlaag, maar…
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy mening nadat die Reserwebank Donderdag aangekondig het die repokoers word met 25 basispunte verlaag tot 6,75%.
Tekenprent: Lig aan die einde van die tonnel?
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy mening oor die gewelddadige protesaksies wat die week in Pretoria opgevlam het en wat dit vir die toekoms van die land voorspel.
Tekenprent: Skending van privaatheid
Die tekenprentkunstenaar Jerm gee sy mening oor die reaksie van verslaggewers wat (met reg) nie deur BLF geteiken wil word nie, maar niks te sê gehad het toe verslaggewers boere in Coligny geteister het nie.
Tekenprent: Godsdiens in skole
Die hooggeregshof in Johannesburg het Dinsdag uitspraak gelewer in die saak oor godsdiens in skole. Die hof het beslis dat godsdiens wel in skole beoefen mag word, maar dat ʼn skool nie ʼn enkele godsdiens mag bevorder nie.
[Tekenprent] Wat gaan Mbete doen?
Die konstitusionele hof het beslis Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), het die mag om, in geskikte omstandighede, ’n geheime stemproses vir ʼn mosie van wantroue voor te skryf.
[Tekenprent] Nuwe groei ná verwoestende brande
Ná die verwoestende brande in die Knysna-gebied was dit verstommend hoe die gemeenskap en die land die slagoffers ondersteun en as’t ware ʼn sterker gemeenskap gebou het.
Tekenprent: Helen Zille amptelik geskors
Die federale uitvoerende raad van die Demokratiese Alliansie het Woensdagoggend met ʼn meerderheidstem besluit om Helen Zille van alle partyverwante aktiwiteite te skors totdat haar dissiplinêre verhoor afgehandel is. Hier is Jerm se interpretasie van die voorval.
Tekenprent: Staatskaping
‘n Reeks e-posse is uitgelek wat glo die Gupta-familie se rol in die bestuur van Suid-Afrika en die omvang van die staatskaping bevestig.
Tekenprent: Radikale ekonomiese transformasie
Jerm gee sy interpretasie van hoe “radikale ekonomiese transformasie” tans in Suid-Afrika toegepas word.
[Tekenprent] Die nuwe ‘nasionale dialoog’
In die lig van die onlangse gebeure in Coligny en talle ander voorvalle fokus Jerm hierdie week in sy tekenprent op dit wat hy die “nuwe nasionale dialoog” noem.