“Ek gaan alles in my vermoë doen om myself ʼn kans teen Novak te gee.”
Alles vir die sleutelwoord "tennis"
Djokovic rol Rune dié keer in Parys
Novak Djokovic se laaste nederlaag op ʼn tennisbaan was teen Carlos Alcaraz in ʼn titaniese Wimbledon-eindstryd.
Buiteperd Dimitrov skok Alcaraz in Sjanghai
Teen Carlos Alcaraz moet jy volgehoue druk kan toepas en Grigor Dimitrov het die wêreld se naasbeste speler nie vir ʼn oomblik met rus gelaat nie.
Rafa kan terugkeer by Australiese Ope maak
“Ek het in die afgelope paar dae met hom gesels en hy het bevestig dat hy in Melbourne sal wees. Natuurlik is almal baie opgewonde daaroor,” het die Australiese Ope se Craig Tiley gesê.
Wêreldspan swaai die raketsepter teen Europa
Ben Shelton, Frances Tiafoe en kie het toegesien dat John McEnroe se Wêreldspan die eerste dag van die Laverbeker onoorwonne afgesluit het.
Rafa brand om sy terugkeer te maak
“Ek wil weer speel, maar is deeglik bewus van die hindernisse wat in my pad staan.”
Williams kry hou in ná Halep-skorsing
“Agt is ʼn beter getal,” het Serena Williams getwiet; ʼn duidelike verwysing na die 2019-eindstryd toe Simona Halep haar van ʼn agtste Wimbledon-titel weerhou het.
Voormalige Grand Slam-kampioen geskors
Simona Halep ontken ten sterkste dat sy die middel bewustelik geneem het en weier om die skorsing te aanvaar.
Daniil laat Carlos sy tassies pak
Daniil Medvedev sal nou in die eindstryd van die Amerikaanse Ope rakette met Novak Djokovic kruis nadat hy met ʼn “12/10-vertoning” teen Carlos Alcaraz vorendag gekom het.
Aryna bly staande om uitklophou te plant
Aryna Sabalenka het slegs die derde vrouespeler in die Ope-era, naas Steffi Graf en Ana Ivanovic, geword om ʼn Grand Slam-halfeindstryd te wen nadat sy die eerste stel met 6-0 verloor het.
Carlos-Novak-eindstrydtrein tel spoed op
Carlos Alcaraz en Novak Djokovic het al twee na die halfeindstryd van die Amerikaanse Ope deurgedring.
Novak verloor nie sommer teen ʼn Amerikaner
Novak Djokovic het vir Taylor Fritz in skoon stelle in die kwarteindstryd van die Amerikaanse Ope geklop. Dit is sy 30ste oorwinning op ʼn streep teen ʼn Amerikaanse teenstander.
Alcaraz nou gelyk met Agassi
Carlos Alcaraz het die tweede speler in die Ope-era – naas Andre Agassi – geword om in drie Amerikaanse Ope-kwarteindstryde vóór sy 21ste verjaardag te speel.
Anderson op koers om in Grand Slam te speel
Kevin Anderson het sy eerste kwalifiseringswedstryd van die Amerikaanse Ope gewen; dieselfde Grand Slam-toernooi wat hy in 2017 in die eindstryd teen Rafael Nadal verloor het.
Amerikaner eindig Alcaraz se onoorwonne lopie
“Dit help beslis as jy weet dat jy al vantevore met jou teenstander klaargespeel het.”
Van teater na tennistriomf met hartoorplanting vir 18-jarige
Pedro se hele lewensuitkyk het ná die oorplanting verander. “Dié tweede kans was vir my ʼn bevestiging dat die Here ʼn besliste en bepaalde doel met my lewe het.”
Roger, Rafa nie eens beste van eie era – Connors
“Iemand het op Twitter ʼn foto van ʼn 50-jarige Novak Djokovic gedeel waarin hy steeds besig is om ʼn wennerstoespraak op Wimbledon se hoofbaan te gee. Ek was mal daaroor.”
Lloyd ryg weer die kishoue in
Lloyd Harris begin weer momentum op die internasionale tennisverhoog opbou nadat ʼn gewrigbesering hom maande langs die baan gehou het.
Kevin in kwarteind van terugkeertoernooi
Kragtige afslaanwerk was nou weer eens Kevin Anderson se grootste bondgenoot en hy het ʼn rits kishoue teen Gijs Brouwer afgevuur.
Wimbledon: Djokovic, Swiatek wen; klimaataktiviste slaan toe
Novak Djokovic en Iga Swiatek het Woensdag hul Wimbledon-veldtogte suksesvol voortgesit terwyl klimaatbetogers en reën vertragings by die All England Club veroorsaak het.