Koningin Elizabeth II het haar 21ste verjaardag in Suid-Afrika gevier.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Thabo Mbeki"
Qua vadis in 2020, Suid-Afrika?
Wanneer hierdie woorde geskryf word, staan ons op die punt om ’n nuwe jaar te betree. ’n Nuwe jaar vol nuwe probleme, maar ook nuwe oplossings.
Mbeki: DA het ‘plig’ om SA te help transformeer
“Die DA het ʼn belangrike plig om die land prakties, onomwonde en deursigtig gerus te stel dat hy, wat betref sy interne en openbare beleid en programme, gaan optree op ʼn manier wat werklik help om Suid-Afrika in ʼn nie-rassige land te transformeer.”
’n Ondoeltreffende maar lojale ANC-kader-staatsdiens
Hoe het Eskom in die posisie gekom waar hulle R450 miljard skuld? Eskom was voorheen winsgewend.Hoe gebeur dit dat uit 257 munisipaliteite slegs 18 skoon oudits kry volgens die jongste verslag van die ouditeur-generaal?Dit gebeur omdat Zuma en die ANC glo dat ’n lojale ANC-lid beter is as ’n kundige persoon as dit by aanstellings kom, skryf dr. Pieter Mulder.
Mbeki ontken beroep vir aksie teen Mandela-Hlongwane
Oudpres. Thabo Mbeki het mediaberigte dat hy ʼn beroep op die regering gedoen het om stappe in te stel teen Zindzi Mandela-Hlongwane, Suid-Afrika se ambassadeur in Denemarke, ten sterkste ontken.
Oud-adjunkminister MTN se nuwe voorsitter
“Ons is vol vertroue dat die toetredende direkteure ʼn magdom ervaring, uiteenlopende vaardighede en streekservaring na die raad gaan bring.” – MTN
Is regstellende aksie, prestasie en minderwaardigheid verbind?
Hoe lig jy jouself op uit so ’n situasie? Hoe herwin jy jou menswaardigheid en skud die gevoel van minderwaardigheid af? Afrikaner het ‘n goeie begrip hiervan en kan ander mense help, skryf dr. Pieter Mulder.
Mandelajaar en die ANC se nasiebouresep
Ramaphosa en die ANC het 2018 as die jaar van Nelson Mandela verklaar met die klem op eenheid, vernuwing en werkskepping. Hy kan my nie verkwalik dat ek skepties is of die ANC dit kan bereik en of hulle hul retoriek sal kan verander nie. Wat ek wel weet, is dat dit in die beste belang van Ramaphosa en almal in Suid-Afrika is, dat dit wel gebeur.
Mbeki gekap oor Winnie-uitlatings
“Hy moes van beter geweet en hom daarvan weerhou het om sulke negatiewe stellings oor comrade Winnie te maak.”
Hoe het ons in die Zuma-gemors beland?
Die Zuma-era het dramaties tot ʼn einde gekom, maar hoe het ons in hierdie Zuma-gemors beland? Kan dit weer gebeur en wie se skuld was dit? Dit is die ANC en spesifiek Thabo Mbeki se skuld, maar ook die ANC se Grondwet.
Moenie die verkeerde ANC-kongres dophou
Die land het dringend nuwe idees en nodig en nie net nuwe leiers nie.
Suid-Afrika: Demokrasie of diktatuur?
Hoe lyk sake in Suid-Afrika? Is ons land ’n demokrasie?
Afrika in die 21ste eeu: Probleem of geleentheid?
Die verval en verswakking van state is sekerlik slegte nuus, maar dit is ook goeie nuus vir gemeenskappe wat meer sê oor hul eie sake wil verkry. Enige groep of individu wat in hierdie eeu in Afrika wil oorleef en floreer, sal dus hierdie werklikhede in ag moet neem en hulself toenemend moet losmaak van die staat.
Die Mammon-staat
Die probleem met duisende en selfs miljoene landgenote. Hulle wil nie net genoeg hê om van te lewe nie – hulle wil skatryk wees. Armoedeverligting het toe nie gehelp om misdaad te verminder nie – die begeerte na rykdom het dit juis laat toeneem.
Die positiewe wat Zuma vermag het
Daar ís iets positiefs ook aan dít wat pres. Jacob Zuma en sy trawante aan Suid-Afrika gedoen het. Jy mag my stelling dalk vreemd vind, maar gee my kans om te verduidelik.
Wat ons is, is nie verkeerd nie
Ek is glo ʼn “fout” en ʼn “Dutch gangster”. Volgens Thabo Mbeki is ek ʼn fabrieksfout wat teruggestuur moet word. Jacob Zuma noem my die oorsaak van al die probleme in Suid-Afrika.
Thabo Mbeki as kanselier aangestel
“Hy was by verskeie leiersrolle in die anti-apartheid-bevrydingstryd en nasiebouprogramme betrokke die afgelope ses dekades.”
Zuma-strategie stadig maar seker aan die uitrafel
Hoe lank kan pres. Jacob Zuma nog uithou as politieke hoof van Suid-Afrika en van die ANC?
Kan die ANC homself nog werklik hervorm?
Die ANC-alliansie is tans gewikkel in ’n steeds intenser wordende onderlinge burgeroorlog. En solank ene Jacob Gedleyihlekisa Zuma die leier van die alliansie is, sal dié burgeroorlog al meer politieke bloed laat vloei.
Thabo Mbeki ontken onttrekking uit ANC
Oudpres. Thabo Mbeki het berigte dat hy homself van die ANC gedistansieer het ontken en gesê hy is steeds ʼn getroue ANC-lid.