Bo-oor al die stalletjies, in die middel van die plein, steek ‘n standbeeld uit. ‘n Donker bronsbeeld van ‘n monnik met ‘n kappie oor sy gesig. Hy staan half en afkyk na al die gewoel rondom hom. Sy gesig is weggesteek onder die kappie…
Alles vir die sleutelwoord "Thomas en Retha Dreyer"
Op reis deur Europa: Rome – La dolce vita
Rome is die stad van die antieke Romein, die Renaissance, die Rooms Katolieke Kerk en die stad van die moderne Romein. Dit alles ervaar jy binne stapafstand van mekaar wanneer jy die middestad van Rome besoek.
Op reis deur Europa: Die pad na Amalfi
Bo-op die berg kyk ons terug oor Sorrento – ‘n pragtige stad wat teen die berg af lê tot teenaan die see. Die water is ligblou en ferriebote ry uit die hawe. Party is op pad Amalfi toe met toeriste, ander na die eiland Capri met sy heldergroen water waar jy met ‘n bootjie in grotte inry terwyl ‘n Italianer liefdesliedere sing…
Op reis deur Europa: Napoli, stad van Konings
“Ons sou nog maande hier kon bly om in die ryk geskiedenis van hierdie stad te kan delf,” skryf Thomas Dreyer.
Op reis deur Europa: Enrico Caruso, goue stem uit Napels
Ons het geweet van Caruso, die operasanger van lank gelede met die krapperige plaatopnames. Maar nie veel meer nie. En toe loop ons hom hier in Napels, sy geboortestad, raak… skryf Thomas Dreyer.
Op reis deur Europa: Pompeii, stad van dooies
Ons het nie beplan om in Torre del Greco te bly nie, dit het maar net so gebeur. Toe kom ons agter ons is net drie stasies van Pompeii af. Retha sê onmiddellik: “Ons móét Pompeii toe.”
Op reis deur Europa: Akro Korinte, stad van ʼn vroeë kerk
“Ons stap deur die skoon strate. In die parkie sit ouerige mans en kuier. By die laerskool marsjeer kinders op die maat van marsmusiek. Oupas wag vir hulle kleinkinders se skool om uit te kom. ʼn Rustige, normale lewe…” skryf Thomas Dreyer.
Op reis deur Europa: Athene – die Akropolis
“Oor jou koppe koffie sien jy die Akropolis en Parthenon in die agtergrond. Jy kyk daarna, amper met ‘n mengsel van eerbied en deernis,” skryf Thomas Dreyer.
Op reis deur Europa: Athene, die nartjieboomstad
Oral groei nartjiebome. Nie net in die tuin nie, maar op sypaadjies die stad vol. Die vrugte hang helderoranje teen die donkergroen blare, vertel Thomas Dreyer.
Op reis deur Egipte: Tempels van die Farao’s
In die middel van die dorp is die Tempel van Luxor. Jy kan sommer enige tyd om die tempel stap en die mure en pilare van alle kante bekyk. Veral met sononder is dit pragtig, en saam met die ligte wat aangeskakel word om die tempel te belig, is dit poskaartmooi…
Op reis deur Egipte: Dr Ahmad en die spinnekopbyt
Teen dié tyd kan Retha nie meer lekker met die been loop nie. Sy is koorsig en slaap omtrent heeldag. Laatmiddag gaan stap ek ʼn draai om te kyk hoe die son oor die Sinaiberge sak en kom verby dr. Ahmad se spreekkamer. Ek stap in en wys hom die foto’s. Hy wil haar dadelik sien…
Op reis deur Egipte: Sinai, die berg van Moses
Jy klim vir so drie ure en dan is jy bo-op die berg Sinai, of Horeb, waar die Here vir Moses die Tien Gebooie gegee het. Baie mense klim in die nag op om die sonsopkoms daarbo te sien.
Op reis deur Egipte: Die Engelsman en die Farao
“Na 18 jaar se swoeg en sweet, baie oponthoud en teleurstellings, ontdek Howard Carter die graf van Tutankhamun, wat 3 400 jaar gelede hier in Luxor regeer het.”
Op reis deur Egipte: Thebes – Waar die konings rus
Die gids beduie en ons voel aan die binnekant. Dit is seepglad afgewerk. Op die buitekant is die koning se naam in hiërogliewe. Dit is asof ons 2000 jaar terug in tyd is.
Op reis deur Egipte: Aswan – ʼn Verlate toeristestad
Die mooi van Aswan is die Nylrivier met die falloukas en motorbote wat heeldag heen en weer vaar. ʼn Mens kan jou maklik indink hoe dit 50 jaar gelede hier moes gewees het. Baie min het verander… skryf Thomas Dreyer.
Op reis deur Egipte: Olifanteiland
Thomas en Retha Dreyer besoek Olifanteiland. Op die eiland is geen paaie nie en geen voertuie of motorfietse nie, net kinderfietse.
Op reis deur Egipte: Oornagtrein na Aswan
Daar is geen ander Europeërs op die trein nie, net soos toe ons op die metrotreine in Kaïro gery het. Ons medepassasiers groet vriendelik: “Welcome in Egypt…”
Op reis deur Egipte: Christene tussen Moslems
“Ons is die eerste Christelike kerk wat nog steeds die ware Evangelie van Jesus verkondig.” En is daar bekeerlinge uit die Islam? Dr. Amri trek sy skouers op. “Dit is baie moeilik…”
Op reis deur Egipte: Sakkara-piramides en parkeergebruike
Ons loer daardeur en ʼn beeld van die koning kyk vir ons. Vol stof, maar ongeskonde deur die eeue. Vir 5 600 jaar het mense na hom gekyk uit eerbetoon, aanbidding, of, soos ons, uit nuuskierigheid.
Koptiese Kaïro: Die heuwel van kerke
Mense groet vriendelik en ons vermoed dat van hulle Koptiese Christene is. Party drink tee by tafeltjies. Ons kry verskeie versoeke om saam met hulle afgeneem te word. Europeërs is maar skaars hier rond… skryf Thomas Dreyer.