Tony-Lee en Brandon-Lee Thulsie (28) is in Februarie vanjaar aan terreur skuldig bevind, maar reeds sedert 2016 agter tralies.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Thulsie-tweeling"
‘Terreur-tweeling’ skuldig bevind en gevonnis
Die klagstaat het getoon dat die tweeling glo by IS wou aansluit en terreurmisdade wou uitvoer met onder meer vuurwapens, plofbare materiaal en selfs gif.
‘Terreur-tweeling’-saak nog nie gereed vir verhoor
“Die tweeling is al sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 in aanhouding op aanklag dat hulle terreuraanvalle beplan het op verskeie instansies en individue in Suid-Afrika.”
‘Terreur-tweeling’ se saak begin dan
Die regter het Dinsdag beveel die minister van polisie moet die hofverrigtinge bywoon.
‘Terreur-tweeling’: Grondwetlikheid onder die loep
Die grondwetlikheid van terreurdade was Vrydag steeds ʼn kwessie in die Johannesburgse hooggeregshof tydens die hofsaak van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie.
‘Terreur-tweeling’ terug in die hof
Die Thulsie-broers is al sedert hul inhegtenisneming in Julie 2016 agter tralies.
SA tweeling op VSA se terreurlys geplaas
Die Verenigde State van Amerika het die bates van Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, ʼn tweeling van Suid-Afrika wat van terreurdade beskuldig word, gevries, en ook ander sanksies op die broers toegepas.
‘Terreur-tweeling’: Verhoor begin dán
Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die tweelingbroers wat onder meer van terreur in Suid-Afrika beskuldig word, se verhoordatum is Donderdag vasgestel.
‘Terreur-tweeling’ weer in hof
Dit is al ʼn jaar sedert die broers in hegtenis geneem is nadat hulle glo beplan het om terreuraanvalle in Suid-Afrika uit te voer.
Saak teen ‘terreur-tweeling’ uitgestel
Die saak teen die tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie wat onder andere van terrorisme beskuldig word, is Maandag weer by die Johannesburgse landdroshof uitgestel, omdat die verdediging nie toegang gehad het tot die betrokke dokumente nie.
‘Terreur-tweeling’ ook van bedrog aangekla
Hy is glo ook beveel om die spotprenttekenaar Zapiro dood te maak wat die ‘Messenger of Allah’-spotprent geteken het.
‘Terreur-tweeling’: Staat wag vir bewyse van oorsee
Die saak teen die tweeling Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, is Dinsdag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel.
‘Terreur-tweeling’: Saak uitgestel oor nuwe verklaring
Die saak teen Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, is Maandag weer in die Johannesburg-landdroshof uitgestel.
‘Terreur-tweeling’: Staat van misbruik beskuldig
Die Thulsie-tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee, wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het, se saak is Vrydag weer uitgestel.
‘Terreur-tweeling’ laat vaar borgtogaansoek
Die Thulsie-tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee, wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het, het Dinsdag hul aansoek om borgtog in die Johannesburgse landdroshof laat vaar.
Thulsie-tweeling kan eers dan borgtog vra
Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die sogenaamde terreur-tweeling, is al amper twee maande in aanhouding en sal nou nog langer moet wag voordat hul borgtogaansoek kan voortgaan.
Nóg ʼn terugslag vir ‘terreur-tweeling’
ʼn Dringende aansoek deur Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie, die sogenaamde terreur-tweeling, om Maandag se hofuitspraak te betwis wat bevind het hul inhegtenisneming was regmatig, is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof van die hofrol geskrap.
Thulsie-tweeling is ‘regmatig’ in hegtenis geneem
Die Johannesburgse landdroshof het Maandag beslis dat die tweeling wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, se inhegtenisname regmatig was.
‘Terreur-tweeling’: Staatsgetuie bevestig plan om by ISIL aan te sluit
André Neethling, provinsiale koördineerder van misdade teen die staat, was Donderdag die derde getuie vir die staat in die saak teen die tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie.
‘Terreur-tweeling’ voer aan hulle wou emigreer
Die tweeling van Johannesburg wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle beplan het, se regspan het Maandag in die hof aangevoer die hoofondersoekbeampte, Wynand Olivier, mislei die hof.