“Vir elke professionele persoon wat na Suid-Afrika immigreer het agt professionele mense geëmigreer.”
Alles vir die sleutelwoord "Tito Mboweni"
Moeilike jaar lê vir Mboweni voor
Saville sê die land se probleme is veelvuldig wat die begroting en fiskus se uitdagings verdwerg en net ‘n moeiliker taak vir Tito Mboweni, minister van finansies, voorspel.
Mboweni in nóg ʼn gewigtige pos aangestel
Mboweni is reeds ook minister van finansies en die goewerneur van die Nuwe Ontwikkelingsbank, voorheen bekend as die Brics-bank.
SAL: Gemengde gevoelens oor Mboweni se uitlatings
Organisasies het met gemengde gevoelens reageer ná die minister van finansies se uitlating dat dit nie langer die moeite werd is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te probeer red nie.
Maak SAL toe, sê Mboweni
“Dit word op ʼn verlies bedryf, ons sal dit waarskynlik nie kan omkeer nie; daarom is my mening dit moet gesluit word.”
Sal die regte Ramaphosa opstaan?
Hoe het Suid-Afrika in hierdie situasie gekom? En het pres. Cyril Ramaphosa magte losgelaat wat hy nie sal kan beheer nie? Dr. Pieter Mulder sê dit lyk of Ramaphosa eers die 2019-verkiesing wil wen en daarna die ekonomie gaan probeer regruk.
‘Skisofreniese’ ANC reël optog teen homself
“Die optog teen homself sal die kiesers nie oortuig dat dit nie wel die ANC was wat e-tol ingestel het teen die wense van Gautengers nie.”
Mboweni: ‘Dit sal moeilik wees om SAL te verkoop’
Tito Mboweni, minister van finansies, het gesê dit sal moeilik wees om ʼn private ekwiteitsvennoot vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) te vind.
Mini-begroting ontleed: ‘Morsig, maar ook rede tot hoop’
Die syfers wat Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk genoem het, is skokkend, maar dit was die eerste eerlike begroting in ʼn lang tyd.
Mini-begroting: ‘Kan ons uit hierdie gat kom?’
“Die minister was eerlik oor die benarde situasie van die ekonomie en die absoluut verskriklike toestand van staatsfinansies in Suid-Afrika.”
Opposisie meen mini-begroting skets donker prentjie
“Gewone mense sal waarskynlik op die mediumtermyn met nog belastingverhogings geslaan word om effektief die regerende party te red wat al langer as ʼn dekade Suid-Afrika se ekonomie wanbestuur.”
Die mini-begroting in syfers
Hier is die belangrikste syfers uit die mediumtermynbegrotingsraamwerk wat jy moet weet.
Nuuskommentaar: Die spaarvarkie-verrassing en Tito se Rubicon
Eenkant vloei die Rubicon kolkend en dreigend, en aan die ander kant blink die Trasimeense meer skynbaar rustig. Watter watermassa gaan minister Tito Mboweni vandag in sy mediumtermyn-begroting aandurf? Mboweni en Ramaphosa het geen ander keuse nie as om die Rubicon oor te steek en die stropingsreste van die byna tien jaar van Zuptakrasie met wortel en tak uit te roei – en dit kan nie net by praatjies en beloftes bly nie.
Talle knelpunte vir Mboweni se eerste mediumtermyn-begroting
Die kans dat Tito Mboweni vir oom Koos Benade, ʼn pensioenaris van Sunnyside, gaan ken, is waarskynlik minder as een uit ʼn miljoen. Tog het dié twee mans een gemeenskaplike mikpunt – die mediumtermynbegrotingsraamwerk wat vandag gelewer word.
Moenie nou al wondere van Mboweni verwag
Baie oë in Suid-Afrika – en in die buiteland – is vandag op die nuwe minister van finansies, Tito Mboweni, gerig wanneer hy die mediumtermynbegrotingsraamwerk aan die parlement voorlê.
Mboweni: Beste wat die ANC kon bied, maar is dit genoeg?
Vir die sesde keer in net meer as vier jaar het Suid-Afrika ʼn nuwe minister van finansies. Nou val die mantel om die skouers van Tito Mboweni, en die vraag is wat dit vir ons inhou.
Luister: Reaksie op Mboweni-aanstelling
Gerhard van Onselen, senior ontleder by Sakeliga, gee sy mening oor die aanstelling van Tito Mboweni as die nuwe minister van finansies.
Mboweni se grootste uitdagings nou
Die nuwe minister van finansies, Tito Mboweni, word deur drie uitdagings oor die kort termyn in die gesig gestaar.
Nuuskommentaar: Mboweni en die swaartepunt
Tito Mboweni se aanstelling as minister van finansies het die deure van euforie geopen – iets wat nodig is om vertroue in die ekonomie ’n groot hupstoot te gee. Mag die Coleman Andrews-situasie dit nie herhaal nie.
Gemengde reaksie op Mboweni-aanstelling
Pres. Cyril Ramaphosa se besluit om Tito Mboweni as die nuwe minister van finansies aan te stel, is Dinsdagaand met gemengde reaksie ontvang.