Die Here het jou lief. Deel dit met ander.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; waarvoor sal jy onthou word?
As dit vandag jou afskeid is, hoe lyk die opsomming van jou lewe, en myne?
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; bietjie, bietjie maak meer
Jy wil ook iemand van betekenis, groot betekenis wees? Wees dan getrou in dit wat Hy vandag van jou vra.
ToekomsVenster: Beginsels vir ʼn gelukkige lewe; was dié brandreuk af
Watter reuk kleef aan jou klere? Waarmee is jy besig? Bring dit lewe of bring dit doodsheid?
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; my liefdesklippie
Die klippie verteenwoordig God se belofte van nabyheid en sorg. Elke keer wat ek die klippie in my hande hou kom dit tot my “Jesus het my lief, Hy is in beheer, Hy sorg en gee om.”
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; somtyds net in storms
Daar is kosbare lesse te leer in stormweer. God is getrou, Hy sal jou nie los nie.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; jou eilandbestaan
Grootmense vra wat kan ek doen om dinge beter te maak.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; moenie spartel nie
Daar is waarheid in ds. Izak se woorde. As jy spartel gaan jy onder. As jy tot rus kom bly jy verrassend behoue. Mag jy vandag sy teenwoordigheid beleef.
ToekomsVenster: As alles verkeerd gaan
Wees getroos, as die vyand op jou toesak is jy waarskynlik besig met iets belangrik. Ons bid tog, laat U Koninkryk (ook deur my) kom.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; onder nuwe bestuur
Het jy bestuur van jou lewe al oorgegee? Dit vorm die basis van lewensgeluk. Daarsonder dobber ʼn mens op die oseaan soos ʼn onbemande bootjie.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; pasop vir die roofvoëls
God het goeie, uitnemende bedoelinge met jou. Leef voluit vandag.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; jou lewenslyn
Tyd is min. Leef voluit vir Hom. Gryp die dag. Waardeer iemand.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; lig vir die pad
Die liefde egter is nie moeilik om te verstaan nie. Ons kan vandag dit weer as ons vertrekpunt neem.
ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; verbeel jou
Verbeel jou ’n beter wêreld. Verbeel jou ’n stukkie hemel op aarde.
ToekomsVenster: Maak oop die deur
Dié ervaring het my laat wonder oor mense, geleenthede, ervarings en ander goed wat aan die deur van ons harte krap en klop. Ongeag hoeveel geraas en ongerief dit veroorsaak het ons vooraf besluit dat ons dit nie gaan innooi nie. Waarom nie?
ToekomsVenster: Weet wat om te los
Wat dra jy met jou saam? Waarom kan jy nie daarvan ontslae raak nie? Deel jou bagasie met God.
ToekomsVenster: Stukkie vir stukkie
Doen net wat jy vandag kan doen. God verwag nie meer van jou nie.
ToekomsVenster: Vertel jou storie
Hierdie vrae help jou om ʼn bietjie na te dink oor jou unieke pad saam met die Here. Onthou niemand se reis lyk presies soos joune nie. Het jy al iemand al daarvan vertel?
ToekomsVenster: Moenie kwaad gaan slaap nie
Moenie kwaad gaan slaap nie. Sê ‘skuus sonder dat dit van jou gevra word. Wees vir ʼn slag die minste, dit sal jou goed doen. Bind die handdoek om en was na voorbeeld van Jesus ander se voete.
ToekomsVenster: Bid, dis nie so moeilik nie
Een van die geloofsgewoontes waaroor ons dikwels skuldig en minderwaardig voel is gebed. Vra die Here dat Hy jou help om gebed as ʼn opbouende en vertroostende genadegawe te beleef. Hou op skuldig voel. God kyk na jou hart.