Hemelse Vader, help my om te omhels – en maak my ook gewillig om omhels te word. Dis nie altyd maklik nie, maar U kan my op die pad na ander begelei.
Alles vir die sleutelwoord "ToekomsVenster"
ToekomsVenster: Praat met mekaar
Gee my ʼn oop gemoed en ʼn hart wat gewillig is om te luister. Help ons om mekaar raak te sien en raak te hoor. Help ons om mekaar te verstaan.
ToekomsVenster: Swaarde word ploegskare
O Here ons God, ek bid vir Suid-Afrika en sy mense – vir ons almal saam; die politieke leiers, die amptenare, die besigheidsmense, die rykes en die armes, die pa’s en ma’s, die kinders, die studente in die strate; almal saam. Gee dat ons swaarde gesmelt sal word in ploegskare en ons spiese in snoeiskêre. Gee ons U vrede!
ToekomsVenster: Die grootste van alles, die liefde
O Here, vul my met U liefde! Help my om die liefde wat ek so kwistig van U ontvang, te weerkaats na ander.
ToekomsVenster: Ek moet jou voete was
O Here God, dis nie maklik om te vergewe nie! Daar is mense wat my diep seergemaak het en ek vind dit bitter moeilik om dit te laat gaan.
ToekomsVenster: Skuldig voor God én mekaar
Vader God, soos die verlore seun, erken ek my skuld voor U. Vergewe my en verwyder die skaamte wat oor my hang.
ToekomsVenster: Dit kan nie waar wees nie!
O Here, stuur U lig en U waarheid, dat dit my lei en bring na U heilige berg en na U woning.
ToekomsVenster: Nog steeds ʼn gevangene?
Liewe Here, help my vandag om te vergewe. Ek is moeg vir die emosies van haat en woede wat my lewe versuur.
ToekomsVenster: Ek is tog nie so nie
O Vader God, ek buig laag voor U troon. Ek bely dat ek trots en arrogant is en maak asof ek beter as ander mense is. Ek is jammer.
ToekomsVenster: Dis nie ek nie
Vader God, ek bely vandag dat ek ook baiekeer ander mense blameer vir dinge wat ekself ook doen. Vergewe my dat ek mense oordeel voordat ek hulle stories ken.
ToekomsVenster: Vannag sal ek weer kan slaap
Hoor my gebed vir almal wat ʼn geliefde verloor het as gevolg van geweld, haat en woede. Genees ons land, o Heer.
ToekomsVenster: Jesus se trane – en ons s’n
O liewe Here, help my om met U oë na ons land en sy mense te kyk, om die nood om my raak te sien soos U dit sien. Maak U trane ook my trane!
ToekomsVenster: Deurgrond my o God en ken my hart
O Here, ek het U met my hele hart lief. Maak U woning in my hart.
ToekomsVenster: Stukkende kerke
Help ons om ons liefdeloosheid en vooroordele eenkant toe te skuif; om mekaar in liefde te omhels.
ToekomsVenster: ʼn Stukkende wêreld
O Here, vergewe ons dat ons sulke swak bestuurders van die skepping is. Vergewe ons dat ons mors en die skepping opgebruik!
ToekomsVenster: Stukkende gesinne
O Here, ons bid vir die huisgesinne in ons land, vir die pa’s en die ma’s, die oupas en die oumas, al die kinders. Ons bid veral vir dié wat baie swaarkry, vir die duisende grootmense en kinders wat aan geweld blootgestel word. Maak ons stukkende gesinne weer heel!
ToekomsVenster: Gierigheid – die wortel van alle kwaad
O Here, ek is net so skuldig! Vergewe my en bevry my van hierdie verskriklike versoeking van gierigheid en afguns, van liefde vir geld. Bevry ons land van Mammon en sy houvas op ons gemeenskappe.
ToekomsVenster: Geweld en bloedvergieting
As ons glo dat Jesus die Vors van vrede is, moet ons in ons land ’n duidelike “Nee!” laat hoor teenoor geweld.
ToekomsVenster: Die politici krap alles deurmekaar
Vader, ons kom met gebede, smeking en danksegging voor U troon om vir ons politieke leiers en vir almal wat gesagsposisies beklee te bid, sodat ons in vrede mag leef en volkome toegewy kan wees aan U.
ToekomsVenster: As godsdienste bots
O Here ons God, U het ons geroep om sout en lig vir die wêreld te wees. Help ons om ook vir ons bure in die land wat nie glo soos ons glo nie, ʼn ligbaken te wees.