ʼn Verwagte 78% van besprekings gaan waarskynlik tussen Desember en Maart gekanselleer word.
Alles vir die sleutelwoord "toerisme"
Tafelberg wen gesogte toerismetoekenning
“Hierdie toekenning kon nie op ʼn beter tyd aangekondig word nie.”
Voortrekkermonument ontvang weer buitelandse toeriste
Die grootste toergroep sedert Covid-19 se inperkingsmaatreëls verlede jaar in werking getree het, het Woensdag die monument besoek.
Minister staan hofaansoek oor toerisme-ekwiteitsfonds teë
Kubayi-Ngubane sê daar is geen twyfel oor die beleidsbedoeling van die Toerisme-ekwiteitsfonds nie: Om transformasie in die bedryf ʼn hupstoot te gee.
Wildekus kap terug oor ‘dodelikste’ Oos-Kaap
Die Britse nuusberig fokus op die Oos-Kaap, en veral die provinsie se landelike gebiede, en lui “wanneer dit kom by die koronavirus, is hierdie die dodelikste plek ter wêreld”.
Agter elke (plek)naam
Het jy geweet? Arniston het jare lank as Waenhuiskrans bekendgestaan. Dit is ʼn seldsame geval van dubbelnamige goedkeuring in Suid-Afrika.
Toerismebedryf vry nou na plaaslike besoekers
Dit is nou die ideale tyd vir Suid-Afrikaners om van al die spesiale tariewe gebruik te maak om vakansie-ervarings te geniet wat nie noodwendig voor die pandemie in hul prysklas sou val nie.
ANC ‘erken’ selektiewe hulp in toerismebedryf is vir transformasie – VF Plus
Du Toit sê die bedryf is boonop afhanklik van toeriste van alle lande wat hul geld hier kom bestee – ongeag watter ras hulle is.
Paarl-veldwedloop plaas kollig op toerisme
“Sowat 70% van ons bedryf is bankrot.”
Vergadering oor toerismefonds vrugteloos
Dié organisasies sê hulle het “geen ander keuse” as om voort te gaan met regsaksie om die fonds te probeer stuit nie.
Ekwiteitsfonds vir toerisme voorlopig gestaak
Die minister van toerisme het aangedui dat sy eers met die organisasies oor die fonds wil vergader.
Solidariteit, AfriForum ‘keer transformasie’ – minister
Solidarieit en AfriForum is gekant teen die inwerkingstelling van die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF), wat slegs geld aan swart entrepreneurs beskikbaar sal stel.
60%-daling in toeriste in Wes-Kaap
Party van die groot toeriste-aantreklikhede in die Wes-Kaap het meer as 80% minder besoekers gedurende die piekseisoen ontvang as verlede jaar.
Entstof moet vertroue in sukkelende gasvryheidsbedryf help herstel
Die vereniging sê Suid-Afrika se mededingendheid as internasionale reisbestemming hang af van die persepsie van veiligheid wat besoekers hierheen het.
‘Tweede kans’ vir Wes-Kaap wat strenger regulasies vryspring
“Ondersteun asseblief die plaaslike winkels en restaurante op die dorpies waar jy op vakansie gaan, maar bly binne die voorgeskrewe maatreëls.”
Bedryf skud vere reg vir toeriste
Daar lê ’n uitdagende tyd voor met baie druk op die toerismebedryf om homself weer strategies te plaas én van die knou weens die pandemie te herstel.
Kaapstad vir gesogte reistoekennings benoem
Die stad sê heelwat werk is gedoen om te verseker Kaapstad is ʼn voorkeurbestemming wat aan almal se behoeftes voldoen.
Datum vir heropening van internasionale grense bespreek
Die land se grense is al sedert einde Maart gesluit toe pres. Cyril Ramaphosa die afsonderingstydperk aangekondig het in reaksie op die Covid-19-pandemie.
Toerismebedryf op die herstelpad – minister
Hier is die reëls vir restaurante, verblyf, troues en toeriste-aantreklikhede.
Afsondering: Toerismeverblyf daal met 95% – StatsSA
Suid-Afrika se akkommodasiebedryf het tussen April en Junie vanjaar maar R172,6 miljoen verdien, teenoor die meer as R5,5 miljard verlede jaar.