AfriForum en Solidariteit het Woensdag aangekondig dat hy bankvas agter die appèlhof se besluit staan en dit in die Konstitusionele Hof sal verdedig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Toerismefonds"
Toerisme-rasfonds wél onwettig – hof
Die regter het bevind die minister van toerisme is nie wetlik verplig om geldelike bystand op grond van swart ekonomiese bemagtigingsvereistes toe te ken nie.
Solidariteit, AfriForum stuit vir eers toerisme-rassefonds
Die twee organisasies het hulle op ʼn dringende basis tot die hof gewend nadat die minister van toerisme aangekondig het die fonds is slegs toeganklik vir mense wat vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kwalifiseer.
Toerismefonds-regsaksie: Dis oorlogsverklaring, sê ANC
Die ANC het Solidariteit en AfriForum se regsaksie teen die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF) as ʼn oorlogsverklaring teen “transformasie” en ʼn “inklusiewe ekonomie” bestempel.
Solidariteit, AfriForum in hof oor rassistiese toerismefonds
“Om transformasie en ander rasse-ideologieë te midde van ʼn pandemie, wat ʼn bedryf verwoes het, te dryf, is onverskillig teenoor die nood van die einste toerismesektor wat die minister getaak is om te ondersteun.”
Nuuskommentaar: Toerismefonds hanteer wit mense soos tweedeklasburgers
Die een ding wat lede van die ANC-regering regdeur verlede jaar gedoen het, was om vir ons te wys wie hulle regtig is – diegene wat steeds kies om hulle nie te glo nie, word uiteindelik medepligtiges in hulle wandade.
Vergadering oor toerismefonds vrugteloos
Dié organisasies sê hulle het “geen ander keuse” as om voort te gaan met regsaksie om die fonds te probeer stuit nie.
‘ANC gebruik pandemie om ras-ideologie te bevorder’ – Afrikanerbond
“Ons weet nou ook dat transformasie, oftewel rasgedrewe demografiese verteenwoordiging, nie meer net ydele politieke retoriek is nie.”
Solidariteit, AfriForum ‘keer transformasie’ – minister
Solidarieit en AfriForum is gekant teen die inwerkingstelling van die Toerisme-ekwiteitsfonds (TEF), wat slegs geld aan swart entrepreneurs beskikbaar sal stel.
Regsopsies oor ‘rassistiese toerismefonds’ ondersoek
Die fonds van sowat R1,2 miljard het ten doel om skuldfinansiering te bied, om toelae beskikbaar te stel om aandele te bekom en om nuwe projekontwikkeling in die toerismebedryf vir swart entrepreneurs te vergemaklik.
Ras troef nié lewens, mnr. die president
Die ANC se rasse-ideologie het Suid-Afrika al in die verlede groot skade berokken. Die onlangse besluit om hulp in ʼn krisis op grond van ras te gee, was ʼn rasselaagtepunt, skryf Dirk Hermann.
‘ANC misbruik Covid-19 om openlik transformasie te bevorder’
Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag bekend gemaak dat ʼn fonds geskep is vir die sukkelende toerismebedryf maar dat dit net vir ondernemings in swart besit beskikbaar is.