Rassie kry uiteindelik sy rooibalkrieket-kans.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "toetskrieket"
Oudkolwer sê administrateurs moet die skuld kry
“’n Vis verrot van sy kop af ondertoe.”
’n Wêreldbeker van toetskrieket begin Donderdag
“Die kampioenskap is iets nuuts en opwindends. Ons was al lankal lus om vir iets te speel wat die waarde van toetskrieket onderstreep.”
De Kock deel Pak-slae uit
Enige kans wat Pakistan gestaan het om die derde toets op die Wanderers teen die Proteas te wen, is waarskynlik deur Quinton de Kock se pragbeurt in die wiele gery.
Faf erken reën het die reeks vir Proteas gered
Swaar reën vroeg Woensdagoggend in Hamilton het Nieu-Seeland se kans om die derde kriekettoets teen Suid-Afrika te wen en daarmee die toetsreeks te deel, tot niet gemaak.
Net buitengewone kolfwerk of reën kan Proteas red
Dit was nie ʼn krieketdag om op trots te wees nie en die Proteas gaan Woensdag die laaste dag van die derde kriekettoets teen Nieu-Seeland binne met net buitengewone kolfwerk en/of onwaarskynlike reën wat Nieu-Seeland van ʼn oorwinning kan weerhou.
Quinton skitter, maar die toets en reeks nog nie beklink nie
Suid-Afrika het Sondag in die derde kriekettoets teen Nieu-Seeland in Hamilton hulself grootliks uit die moeilikheid gekolf, maar aan die einde van die tweede dag se spel was die toets en die reeks nog glad nie beklink nie.
Amla kolf die Proteas uit vroeë moeilikheid uit
Suid-Afrika kan, nadat hy aanvanklik die knyp was, redelik tevrede voel na die reën-onderbreekte eerste dag van die derde kriektoets teen Nieu-Seeland in Hamilton.
Weer kan vir Proteas die reeks verseker
Die derde en beslissende kriekettoets tussen die Proteas en Nieu-Seeland begin Saterdagoggend middernag op Seddonpark in Hamilton te midde van baie beserings en die voorspelde gure weer.
Keshav, puik boulaanval knak die Kiwi’s
Dit is ʼn verwarde Nieu-Seelandse krieketspan en -keurders wat moet begin voorberei vir die derde en finale toetswedstryd wat aanstaande Saterdag in Hamilton begin.
Proteas in die knyp ná goeie begin in tweede toets
Teen uitskeityd op dag een van die tweede toets teen Nieu-Seeland in Wellington was Suid-Afrika erg in die knyp nadat hulle die Kiwi’s vroeër in die dag laat steier het.
Nieu-Seelandse kolflys lyk broos sonder beseerde Taylor
Twee van Nieu-Seeland se sleutelspelers, die aanvangsbouler Trent Boult en die skitterende middelkolwer Ross Taylor, is weens beserings nie beskikbaar vir die tweede kriekettoets teen die Proteas wat Donderdag (middernag SA tyd) in Wellington begin nie.
Kriekettoets onbeslis na geen spel op vyfde dag nie
Die eerste toets tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika is Sondag weens aanhoudende reën afgelas sonder dat ʼn bal op die vyfde dag in Dunedin geboul is.
Interessante laaste dag wag op Proteas
Suid-Afrika se kolwers het op dag vier van die eerste toets teen Nieu-Seeland in Dunedin gesukkel en het die tuisspan se slordige veldwerk te danke dat hulle nog in die wenprentjie is.
Proteas op agtervoet na Kiwi-honderdtal en stadion-ontruiming
Suid-Afrika is effens op die agtervoet na dag drie van die eerste kriekettoets teen Nieu-Seeland in Dunedin wat sy kwota drama opgelewer het toe die stadion – spelers én toeskouers – ontruim is.
Proteas trek swaar, maar steeds goed geplaas
Suid-Afrika was Donderdag na die tweede dag se spel op die Universiteitovaal in Dunedin steeds goed geplaas in die eerste kriekettoets teen Nieu-Seeland.
Elgar se kolfbeurt help wankelende Proteas herstel
Die Proteas het eers gestotter en toe goed herstel en het die eerste dag van die eerste kriekettoets teen Nieu-Seeland in Dunedin in ʼn redelike goeie posisie afgesluit.
Proteas se wisselvallige kolflys moet kliek
Die twee kolwers wat sekerlik die grootste impak op die eendagreeks tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland gehad het, sal nie te siene wees in die drie toetswedstryde tussen die twee lande wat Woensdagoggend (middernag) begin nie.