Juanita du Plessis behou oor nr. 1 plek op die Top 20 hierdie week.
Alles vir die sleutelwoord "Top 20"
Maroela Media Top 20: 24 Augustus 2015
Juanita du Plessis se liedjie “Hambamba” is die nuwe nr.1 in hierdie week se Top 20. Andriëtte se jongste snit lê op nr. 10 en Elvis Blue en André Venter het ook nuwe musiek op die Top 20.
Maroela Media Top 20: 17 Augustus 2015
Carike Keuzenkamp neem die nr. 1-posisie by Karlien van Jaarveld oor met haar nuwe treffer, “Ek sing my liedjies net vir jou”. “Reis na gister” van Jak de Priester val uit en maak plek vir NRG se nuwe treffer “Ek kan jou nie keer”, wat in die 20ste plek toetree.
Maroela Media Top 20: 10 Augustus 2015
Karlien van Jaarsveld en Carike Keuzenkamp behou die eerste twee plekke terwyl verlede week se nuwelinge van Jannie du Toit en Adam Tas elk vier plekke styg.
Maroela Media Top 20: 3 Augustus 2015
Karlien van Jaarsveld se “Geskeurde jeans” is die nuwe nr. 1 op hierdie week se Top 20 met Adam Tas en Jannie du Toit wat die nuwelinge is.
Maroela Media Top 20: 27 Julie 2015
Roux en Christi Cloete is steeds in die eerste plek, maar Carike Keuzenkamp en Karlien van Jaarsveld styg na onderskeidelik die tweede en derde plek.
Maroela Media Top 20: 20 Julie 2015
Elvis Blue verloor sy eerste plek en die nuwe nr. 1-treffer is “Alles naby my” van Roux en Christi Cloete.
Maroela Media Top 20: 13 Julie 2015
Brendan Peyper is tans op die 9de plek op Maroela Media se Top 20 met Elvis Blue en Leah wat die 1ste en 2de plek behou.
Maroela Media Top 20: 6 Julie 2015
Elvis Blue, Leah en Juanita du Plessis beklee die eerste drie plekke in hierdie week se Top 20.
Maroela Media Top 20: 29 Junie 2015
Nadat sy lank moes wag, haal Juanita du Plessis eindelik die nr. 1-posisie met “Lief vir jou”, terwyl Leah na die tweede plek terugsak. Stadsboer maak hulle debuut op nr. 20 hierdie week.
Maroela Media Top 20: 22 Junie 2015
Leah is vir die sesde week in die eerste plek op Maroela Media se Top 20, maar Jak de Priester en Juanita du Plessis skuif op na onderskeidelik die tweede en die derde plek.
SA Top 20 word 50: 1985 tot 1989
Daantjie gee ‘n nostalgiese terugblik op die treffers van 1985 tot 1989. Hy gee ook ʼn paar van die rekords wat deur Afrikaanse liedjies opgestel is, van 1966 tot 1983.
Maroela Media Top 20: 15 Junie 2015
Brendan Peyper maak sy toetrede tot Maroela Media se Top 20 in die 19de plek met “Stop, wag, bly nog ‘n bietjie”.
SA Top 20 word 50: 1979 tot 1984
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie gee in hierdie artikel ‘n terugblik op die treffers van 1979 tot 1984.
SA Top 20 word 50: 1975 tot 1978
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie gee ‘n nostalgiese terugblik op die treffers van 1975 tot 1978.
Maroela Media Top 20: 8 Junie 2015
In hierdie week se Top 20 is daar sewe snitte wat styg, sewe wat daal, drie in dieselfde plek en drie nuwelinge. Die eerste drie plekke is, vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd, onveranderd van verlede week.
SA Top 20 word 50: 1972 tot 1974
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie kyk in hierdie artikel na die treffers van 1972 tot 1974.
SA Top 20 word 50: 1968 en 1970 tot 1971
Vyftig jaar gelede is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie kyk in hierdie artikel na die treffers van 1968 en 1970 tot 1971.
SA Top 20 word 50 jaar oud
Op 4 Junie, vyftig jaar gelede, is die heel eerste Suid-Afrikaanse Top 20, gebaseer op werklike verkope van kortspelers, op Springbok Radio uitgesaai. Daantjie skryf oor die treffers van die gewilde treffersparade in die volgende reeks artikels.
Maroela Media Top 20: 1 Junie 2015
Leah behou haar eerste plek, maar Francois van Coke en Karen Zoid skuif op na die tweede plek. Nadat hulle net twee weke lank op die Top 20 kon bly, sak 4 Werke uit met “Hand op my hart”. In hul plek maak Elvis Blue sy toetrede met sy nuwe Afrikaanse treffer, “Die hemel”.