Die Suid-Afrikaans gebore miljardêr het vir die tweede keer dié week sy stem dik gemaak nadat ʼn berig in The New York Times verskyn het waarin die sing van die lied “Kill the Boer” oënskynlik geregverdig word.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
‘Ons leef in vrees,’ vertel UV-student ná aanranding op kampus
Studente en personeellede is na bewering deur betogers aangerand, gedreig en geteister, terwyl motors en infrastruktuur ook beskadig is. Groot skade is onder meer aan die hoofgebou van die landboudepartement aangerig, waar betogers ruite uitgegooi het.
Byna 300 000 kinders ʼn skooldag kwyt oor Santaco-staking
Selfs in die chaos en onsekerheid het gemeenskappe oor die Wes-Kaap saamgespan om leerders by te staan wat weens die staking by skole gestrand gelaat is.
Klinieke toe, dienste ontwrig oor Santaco-staking
JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê hy het self gesien hoe mense selfs kinders aanspoor om die polisie en motors met klippe te bestook.
Bande brand op R55 in Centurion
Die Stad Tshwane spook intussen nog om stakende munisipale werkers sover te kry om op te daag vir werk en diensleweringsprobleme uit te stryk.
Santaco-staking alles behalwe vreedsaam – Kaapstad
Binne ure na die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) se aankondiging van sy “vreedsame” week lange staking, is gewelddadige aanvalle en grootskaalse ontwrigting van vervoerdienste in…
Vier in hof ná Grootvlei-plaasmoord
’n Groot groep boere en gemeenskapslede het buite die hof met plakkate waarop staan “Stop Plaasmoorde” en “Farmers’ Lives Matter”, byeengekom om hul misnoeë oor plaasaanvalle en ‑moorde te kenne te gee.
‘7de Laan’-akteur sterk aan ná hartaanval
“Dit gaan op die oomblik glad nie goed met hom nie, maar ons hoop en vertrou dat die hartomleiding hom sal help om vinniger te herstel.”
Dickason-verhoor uitgestel weens olike jurielid
Besonderhede oor Lauren Dickason se gesinslewe, haar stryd teen depressie en die eindelike dood van die sesjarige Liané en tweejarige tweeling Maya en Karla is tot dusver in die hooggeregshof in Christchurch aangehoor.
9 plaasaanvalle, 3 plaasmoorde in twee weke
Die DA vra dat ’n ondersoek van stapel gestuur word om die moontlike verband tussen die EFF se aanhitsing van geweld en die oplewing in wrede plaasaanvalle en -moorde te ondersoek.
‘Lady R’-verslag vandag nog op Ramaphosa se tafel
Pres. Cyril Ramaphosa moet nog besluit watter dele van die verslag aan die publiek bekend gemaak sal word.
Chevonne-saak: Mishandeling van kleuter ontken, toe erken
Getuies het mekaar in die hof weerspreek oor wat hulle oor die beweerde verwaarlosing van Chevonne Rusch kan onthou, terwyl nog ʼn getuie daarop gewys het dat die kleuter se ma enige soort mishandeling ontken het, tot en met die oomblik van Chevonne se afsterwe.
William Gumede voorsitter van veelparty-konvensie
“Gegewe professor Gumede se beduidende bydraes tot Suid-Afrika en verskeie demokrasieë reg oor die wêreld, is dit duidelik dat daar geen persoon is wat beter geposisioneer is om ons veelparty-proses te lei nie.”
Verdagte vas ná moord op LEAP-beampte
Speurders het ondersoek ingestel, ʼn uitkenning van die verdagte gedoen en bevestig dat die man deur medebendelede in die Grassy Park-polisiëringsgebied gehuisves word.
Ma, twee kinders, met selfdoodbrief aangetref
“Daar word beweer dat die slagoffers weens die inaseming van gas – wat doelbewus oop was – gesterf het,” sê Sello.
Boer se liggaam moontlik dae ná moord ontdek
“Met polisiebeamptes se aankoms op die toneel het hulle die liggaam van ’n 60-jarige boer op die slaapkamervloer aangetref.”
Met wie gaan Brendan ‘toer om die vloer’?
“Ek het ingestem om deel van die program te wees omdat ek baie oopkop is oor die lewe en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie.”
Mbalula nié vervolg oor Dubai-gesinsvakansie
Die OB het in Desember 2018 in ’n verslag aanbeveel dat die NVG ondersoek instel na verdoemende bewerings dat Sedgars Sports die Mbalulas se familievakansie van tussen R300 000 en R680 000 na Dubai in Desember 2016 gefinansier het.
‘Daar was geen omdraaikans nie’
Die eerste psigiater wat Lauren Dickason ná die dood van haar drie dogtertjies geëvalueer het, het Donderdag (vir die staat) in die getuiebank ingeskuif. Sy sê óók Dickason het nié aan psigose of delusie gely nie en kan nie waansinnigheid as verweer gebruik nie.
Metaangas te blameer vir ontploffing
Die Stad Johannesburg kan nou met sekerheid sê dat die onlangse ontploffing in Lilian Ngoyistraat (voorheen Breestraat) deur metaangas veroorsaak is.