Die jong vrou is deur die polisie doodgeskiet.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Duisende bring hulde aan Theuns Jordaan
Onder ʼn bewolkte hemel is Theuns Jordaan se lewe opnuut gevier.
Beurtkrag: Droewige winter wag waarskynlik
Die rede vir die skielike afname in beurtkrag is steeds nie heeltemal duidelik nie, maar ʼn kenner sê dat Eskom tans al sy kragsentrales wat selfs net naastenby werk, inspan om die ligte aan te hou.
Nuwe burgemeester ‘kan nie Tshwane-begroting red’
Die Tshwane-stadsraad het uitstel gekry om hul aanpassingsbegroting voor te lê, maar ʼn raadslid meen dit help niks as daar nie genoeg geld is vir dienslewering nie.
Min vordering met SA’ners se saak in Ekwatoriaal-Guinee
Dit lyk wel of dit onder omstandighede “oukei” gaan met Frik Potgieter en Peter Huxham, hoewel daar min beweging met die regsproses is.
Dís wat jy vir ‘rockster-ministers’ se water, krag opdok
Terwyl gewone Suid-Afrikaners groot lyding verduur, hang die “rockster-ministers” langs die swembaddens van hul luukse herehuise uit waar hulle ononderbroke krag en gratis water geniet.
Swaar reën belemmer treindienste in Kaapstad
Die verwoestende reën in die Noord-, Oos- en Wes-Kaap is skynbaar vir eers verby, maar kan nou elders voorkom.
Ondersoek na Thabo Bester se ontsnapping nou prioriteit, sê polisie
Verskeie eenhede is deur die polisie aangewys om die berugte Facebook-verkragter op te spoor en sy ontsnapping te ondersoek.
Nuwe oproepe om SA’ner in Mali te bevry
Die paramedikus Gerco van Deventer word al sedert 2017 as gyselaar aangehou.
KZN-vloedslagoffers jaar later nog dakloos
Inwoners van ʼn nedersetting buite Durban sê hulle het nog nooit enige hulp van die regering ontvang nie, nie eens toe hul huise en al hul besittings tydens die vloedwater meegesleur is nie.
Departement erken Facebook-verkragter het ontsnap
Die departement sê nou dat hulle geen steen onaangeroer sal laat om die berugte verkragter en veroordeelde moordenaar op te spoor nie.
Boere benoud oor ooraanbod in sapfabrieke
Sapfabrieke het begin om kwotas in te stel wat die inname van vrugte beperk. Gevolglik beland hordes vrugte op die ashoop en boere ly ’n enorme verlies aan inkomste.
Geen tyd vir stilsit vir onblusbare rissiepit Rika Sennett
Die veteraanaktrise Rika Sennett gesels oor haar jongste sepierolle, haar debuut in Snip en Rissiepit en haar reuse- groen tuin waar sy kan asemhaal.
Sit dit af, sit dit af … kragopwekkers veroorsaak sonde met bure
Die Stad Kaapstad en die Tshwane-metro sê hulle het die afgelope ruk ʼn toename in geraasklagtes ontvang wat met die gebruik van kragopwekkers verband hou.
Mosie van wantroue teen Tshwane-speaker oorweeg
Tshwane is reeds langer as ʼn maand sonder ʼn burgemeester en indien dié mosie slaag, sal ʼn nuwe speaker ook eers aangestel moet word voordat ʼn burgemeester verkies kan word.
Gʼn slaaplose nagte vir Ramaphosa oor Phala Phala
Byna tien maande nadat die Phala Phala-sage die lig gesien het, is Ramaphosa nog stewig in sy amp. Is hy nou finaal buite gevaar? Lees meer hier:
Drie dood in Oos-Kaapse vloede
Talle brûe en ander infrastruktuur in die OR Tambo-distriksmunisipaliteit het ook reeds weggespoel.
Werkgroep moet waterprobleem in Tshwane oplos
Die hof het die metro drie maande gegee om ʼn begroting vir voldoende watervoorsiening aan dele van Tshwane goed te keur.
Jong ma sterf ná keisersnee in staatshospitaal
Marisca van der Merwe is dood skaars drie maande nadat sy geboorte deur middel van ʼn keisersnee geskenk het. Haar familie oorweeg nou regstappe teen die departement van gesondheid.
Toe reën dit toks op Vanrhynsdorp
“Vra asseblief julle rugbyseuns vir hulle ou, stukkende toks. Die seuns sal dit met gom en ‘insulation tape’ regmaak vir elke ‘game’. Hier is niks nie meer bruikbaar nie,” lui ʼn desperate skoolhoof se pleidooi uit die Weskus.