Daar is beduidende verskille in die teenliggaampiekoers wanneer verskillende rasse vergelyk word.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
SAID gevra om bewerings teen Ramaphosa te ondersoek
Die DA sê dit is belangrik dat belastingbetalers sien dat wette en regulasies vir almal geld en dat diegene in magsposisies nie spesiale behandeling ontvang nie.
Foto’s: Solidariteit Beweging skop feesnaweek met spogfunksie af
ʼn Spoggeleentheid soos min is op 3 Junie gehou waar uitgesoekte gaste saam met Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, dié beweging se 120ste bestaansjaar gedenk het.
Misdaadsyfers bevestig tekort aan hulpbronne in WK – DA
Kontakmisdaad en seksuele oortredings in dié provinsie het met meer as 10% toegeneem.
Oudregter lei ondersoek na beweerde rassisme by US
ʼn Onafhanklike kommissie sal onder meer bepaal of die universiteit se bestaande beleide, reëls en prosesse doeltreffend is om die geleefde ervarings van studente en personeel ten opsigte van rassisme te hanteer.
‘Beloftes gaan vroue en kinders nie beskerm nie’
Verskeie politieke partye en organisasies het die polisie gekap oor die skerp toename in geweld teenoor vroue en kinders.
Malema nie vrygespreek
Julius Malema het Vrydag in die Randburgse landdroshof getuig.
Eerste drie maande van 2022 ‘wreed, onveilig’
Die jongste misdaadstatistieke skep ’n donker prentjie met 10 uit elke 100 000 mense in Suid-Afrika wat teen die huidige koers vermoor word.
Tulsa-hospitaalskieter ‘wou wraak neem’
Die polisie het ’n brief in Louis se besit gevind wat dit duidelik maak dat hy na die hospitaal gegaan het met die doel om dr. Preston Phillips en enigiemand wat in sy pad kom, dood te maak.
22% meer mense vermoor
In net drie maande is 6 083 mense in Suid-Afrika vermoor.
Kyk: Paartjie trou ná skreeusnaakse verlowingsvideo
“Hulle het ʼn professionele videograaf by die troue gehad – hulle was net te bang ek val weer.”
Oekraïne: 100 dae van oorlog
Oekraïne steier onder die aanslag wat op 24 Februarie begin het, terwyl Rusland nou ʼn vyfde van die land se grondgebied beheer.
Video: Afrikaners worstel met angs, depressie
Omtrent die helfte van Afrikaners landwyd het aangedui dat hulle die verlede jaar angs, depressie en huwelikskonflik ondervind het.
Bendeleier vas jare ná skietery op bekende Kaapse prokureur
Drie verdagtes is reeds gevonnis en nog twee word verhoor vir die mislukte huurmoordpoging op William Booth in 2020.
Hofmeyr voor gelykheidshof gedaag
Dit kom nadat die bekende sanger verlede maand ʼn omstrede uitlating oor lede van die LGBTIQ+-gemeenskap op sosiale media gemaak het.
Meisie beseer toe valmskermspringer haar tref
Die fratsongeluk het tydens die Raad vir Militêre Veterane Organisasies se jaarlikse gedenksdiens by die Voortrekkermonument plaasgevind.
Ramaphosa reageer op Fraser se klag
Luidens die verklaring van die president se kantoor was die president in Addis Abeba ten tyde van die diefstal en het hy ʼn beraad van die Afrika-Unie bygewoon.
Geen beurtkrag (vir nou)
Sou Eskom later genoop word om beurtkrag in te stel, sal dit heel waarskynlik gedurende die aand se piektyd wees.
SA krieketspeler wakker ná aanranding
Die 20-jarige Mondli Khumalo het die afgelope week al drie operasies in Engeland ondergaan.
Berugte R30-pad finaal gesluit om brug te bou
“Die mees onlangse slagoffer het verlede week haar lewe verloor toe haar motor in die dam gesink het.”