MultiChoice sê sy besluit om die aanbod van die hand te wys, berus onder meer op ʼn onlangse waardasie-oefening wat die maatskappy “aansienlik hoër” as R105 per aandeel gewaardeer het.
Alles vir die sleutelwoord "In die nuus"
Video: Werner de Jager buite hof uitgejou
ʼn Groep mense het Maandag buite die landdroshof op Amanzimtoti in KwaZulu-Natal saamgedrom waar ds. Liezel de Jager se wewenaar, Werner, weer in die hof verskyn het. Werner word van die moord op Liezel verdink.
Maroon 5-sanger beïndruk in Afrikaans tydens SA konsert
“Julle lyk baie mooi,” het die sanger in byna vlot Afrikaans op die verhoog gesê.
‘Februworry’ by vulstasies lê voor
“Die meeste verbruikers herstel nog van feestydbesteding en uitgerekte begrotings, dus sal die styging in brandstofpryse ʼn negatiewe uitwerking op huishoudings se begrotings hê,” sê die AA.
President moet grondwetlikheid van NGV toets
“Suid-Afrika smag na ʼn alternatief tussen die winsgedrewe privaat sektor en die swak openbare sektor. Die NGV is juis nie dít nie. Dit gaan alles laat inplof. As ons teen die NGV veg, ontken ons nie die uitdagings van die privaat sektor nie.”
Aanhouer wen vir Frittelli
Dylan Frittelli se loopbaan was op koers en hy was op pad na die kruin van sy loopbaan. Maar toe volg ʼn paar terugslae.
De Jager hoor dalk Maandag oor borgtog
De Jager se borgtogaansoek het al op 9 Januarie vanjaar begin nadat hy in November in hegtenis geneem is.
Fase 2-beurtkrag skop 17:00 in
Eskom het die beurtkragfase Sondagoggend om 02:00 tot fase 3 verhoog.
In SA sal dit boere gʼn help om te betoog
Die uitdagings wat Europese boere ervaar en wat tot grootskaalse betogings lei, is baie anders as die uitdagings wat plaaslike boere in die gesig staar.
Afrikaanse matrieks sê ‘nee dankie’ vir wiskunde
Slegs ʼn kwart van leerders wat verlede jaar die matriekeksamen in Afrikaans afgelê het, het suiwer wiskunde as vak gehad, ʼn afname van tien persentasiepunte in vyf jaar.
Namibië se president sterf
Pres. Cyril Ramaphosa het pres. Hage Geingob as ’n leier, patriot en vriend van Suid-Afrika beskryf.
Video: Woede oor ‘meer grond as pad’ langs spogwoonbuurt
Sake-eienaars van Mooikloof in die ooste van Pretoria vrees vir hul inkomste, sou kliënte nie meer kans sien om die pad aan te durf nie.
Pick n Pay onttrek dié grondboontjiebotterprodukte
Dié produkte bevat hoër as gereguleerde vlakke van aflatoksien.
Presidensie verwys DA én sy ‘bewyse’ teen Mashatile na polisie
Die presidensie bevraagteken waarom die DA nie die polisie genader het nie indien hy werklik oor genoegsame bewyse van korrupsie teen adj.pres. Paul Mashatile beskik.
GOOD skors Peter de Villiers ná bewerings van seksuele wangedrag
Bewerings van seksuele wangedrag is teen die voormalige Springbokbreier en nou ook voormalige GOOD-raadslid in die Drakenstein-munisipaliteit geopper.
Meer bekend oor aanval op SA soldate in DRK
Die twee lede van die Suid-Afrikaanse vredesmagte was glo deel van ʼn groep wat ʼn mediese ontruiming uitgevoer het toe hulle in die Karuba-streek van die Noord-Kivu-provinsie onder skoot gekom het.
Video: Minke slyp haar tande vir Wêreldkampioenskap
Die Down se sindroom-swemmer is volgens haar pa baie gefokus wanneer sy aan só ʼn toernooi deelneem en laat haarself geen vermaak of ontspanning toe nie.
Julie-onluste ‘goed georkestreer’ midde ‘power reaksie’ van staat, polisie
Die kommissie het bevind die onluste kon nie plaasgevind het sonder beduidende belegging in hulpbronne nie en dat “twee soorte rolspelers” tydens die onrus teenwoordig was.
Minimum loon styg met 8,5%
“Ons is teleurgesteld dat die minimumloonkommissie nie georganiseerde landbou se aanbeveling om die minimum loon op ’n volhoubare manier te verhoog, in ag geneem het nie.”
Dricus wil Adesanya op tuisbodem pak
Suid-Afrika se eie UFC-kampioen glo die tyd het aangebreek vir UFC om na Suid-Afrika te kom.