Volgens ʼn ooggetuie het die hele voorval minder as ʼn minuut geduur.
Alles vir die sleutelwoord "transitorooftogte"
Transitorooftog in Kraaifontein
Die geldwa se deure was oopgeblaas en die drie veiligheidswagte het aan die kant van die pad gesit.
2 vóór, 2 ná transitorooftogte vasgetrek
“Ek is tevrede, veral met die misdaadintelligensie-eenheid wat die transitorooftogte identifiseer en verdagtes aankeer voordat hulle in staat is om dit uit te voer.”
ANC-werker summier ontslaan ná transitorooftog
Die ANC het Woensdag gesê een van sy werkers, Errol Velile Present, is summier ontslaan nadat dit aan die lig gekom het dat hy in verband met ʼn transitorooftog in Johannesburg in hegtenis geneem is.
‘Transitorower’ werk glo vir ANC
Herman Mashaba, Johannesburg se burgemeester, het Woensdag onthul dat ʼn verdagte wat onlangs in verband met ʼn transitorooftog in hegtenis geneem is, glo by die ANC se hoofkantoor in dié stad werk.
Drie wagte beseer in transitorooftog
Drie veiligheidswagte is tydens ʼn transitorooftog beseer nadat hulle geld by ʼn winkelsentrum gaan oplaai het.
Rower in mislukte transitorooftog doodgeskiet
ʼn Vermeende transitorower is Donderdagoggend doodgeskiet in ʼn gewaagde poging om ʼn geldwa in Boksburg aan die Oos-Rand te beroof.
Transitorooftog in Pta afgeweer
ʼn Groep swaargewapende rowers moes Donderdagaand met leë hande op die vlug slaan nadat ʼn poging om ʼn geldwa in Pretoria te beroof, suksesvol afgeweer is.
Transitorowe is oorsaak van Selebi-politiekkanker
Die afgelope 6 maande het die land gebuk gegaan onder ’n aansienlike toename van kontant- en transitorooftogte. Dit is eenvoudig die resultaat van ’n staat wat aan totale orgaanversaking ly, skryf Ian Cameron.
Transitorooftogte: ‘Wagte is keelvol’
Veiligheidswagte van verskeie transito-maatskappye het Dinsdag met landwye massaprotesaksie begin om teen die vlaag transitorooftogte te betoog.
Veiligheidswag buite hotel in bors geskiet
“Vyf gewapende verdagtes het met ʼn onbekende bedrag geld en twee van die wagte se vuurwapens van die toneel gevlug.”
SA se transitorooftog-epidemie ‘ontbloot’
“Sowat 70 misdadigers wat by transitorooftogte betrokke is, is vir die navorsing ondervra.”
Geldwa buite Polokwane aangeval
“Die groep het vanuit ʼn wit Isuzu-dubbelkajuitbakkie en ʼn blou Rav4 op die transitovoertuig geskiet. Hulle het die geldwa se bande stukkend geskiet en die voertuig tot stilstand gedwing.”
Skote klap toe Valke op ‘transitobende’ toeslaan
Vier verdagtes, wat moontlik met transitorooftogte verbind kan word, is Donderdagaand in Pretoria aangekeer ná ʼn skietgeveg in ʼn rustige woonbuurt.
Nóg ʼn geldwa in Gauteng geteiken
ʼn Veiligheidswag is Woensdagaand in Johannesburg geskiet in ʼn beweerde poging om ʼn geldwa te beroof.
Video: Rowers slaan op 2 geldwaens toe, 8 mense geskiet
Altesaam agt mense, onder wie veiligheidswagte en lede van die publiek, is Donderdag tydens ʼn transitorooftog in die Oos-Rand geskiet toe ʼn groep verdagtes op twee geldwaens toegeslaan het.
Valke-lid vas vir rooftogte
Die Valke het een van sy eie lede in hegtenis geneem in verband met ʼn transito- en bankrooftog.
Pa ontwaak ná AK47-aanval
“Ons weet nou nog nie wie die bejaarde vrou was van wie hy praat nie. Was daar dalk ʼn engel by hom?”
Pa stabiel ná AK47-aanval
James Reed (43), die oudpolisieman wat nou ʼn veiligheidswag is wat Donderdagoggend minstens drie keer, vermoedelik met ʼn AK47-aanvalsgeweer, geskiet is, se toestand is stabiel.
Pa met AK47 geskiet: ‘Wonderwerk dat hy leef’
“Die aanvalsgeweer het hom vol gate geskiet en die koeëls is reg deur sy lyf.”