“Ek kan nie wag om die res van my lewe saam met jou deur te bring nie.”
Alles vir die sleutelwoord "troue"
SA sjef in Amerika kom trou hier
Die sjef wat Amerikaners se harte betower met Suid-Afrikaanse disse, het teruggekeer huis toe om met sy Afrikaanse meisie te trou.
Paartjie hul sprokiestroue kwyt ná verwoestende storm
Alles wat die paartjie vir hul troue aangekoop het, insluitend die borde en servette, het in die vloedwater rondgedryf. Slegs Stephanie se trourok kon gered word.
[Foto’s] Ja-woord laat sosiale media gons: Pukke nou getroud
Gert Kemp (24) en Paula Ackermann (24), wat in Augustus verlede jaar op die NWU se Potchefstroom-kampus verloof geraak het, het op 29 April die knoop deurgehaak.
Só lyk die gewildste trourok op Instagram
Deesdae is dit vir bruide moontlik om aanlyn na duisende rokke te kyk voordat hulle eindelik ʼn besluit maak. Een bruid se rok is nou die gewildste op sosiale media nadat die rok die meeste “likes” op Instagram gekry het.
[Foto’s] Afrikaanse aktrise deel pragtige troufoto’s
“Dit was die perfekte dag en ek het met my droomman getrou. Ek het lanklaas in my lewe soveel geluk en liefde op een dag ervaar.”
[Foto’s] Afrikaanse aktrise trou stilletjies, deel troufoto’s
Die veelbekroonde Afrikaanse aktrise, wat sommer stilletjies met haar kêrel afgehaak het, het vandeesweek haar troufoto’s met aanhangers gedeel.
[Foto’s] Bruid kies eensame bejaardes as strooimeisies
Vir Doriana Miclea van Roemenië, was haar troudag een van die beste dae van haar lewe. Nie net omdat sy met die liefde van haar lewe, Eugen, getrou het nie, maar ook omdat vier van haar goeie vriende dié spesiale dag saam met haar kon vier.
Angelique Gerber deel troufoto’s
“Dit was die mees spesiale en volmaakte dag van my lewe. Alle eer gaan aan my hemelse Vader vir al die seën wat ons ervaar. Ek het werklik met my beste vriend getrou,” het sy op Facebook geskryf.
[Foto] Gewilde Afrikaanse kletsrymer trou
Hy het hom intussen tot sosiale media gewend om sy dankbaarheid en blydskap uit te druk. “Dit is die mooiste dag vandag. Dankbaarheid,” het hy geskryf.
[Foto’s] Liefde blom in die herfsjare
Toe die 84-jarige Ouma Toerien op ʼn winderige Augustusdag in 2015 ʼn ouer man ophelp nadat hy geval het by die ouetehuis waar hulle albei woon, het sy nooit besef sy sou byna ʼn jaar later voor die kansel staan met dié man se broer nie.
[Foto’s] Vriendin reël droomtroue in 5 dae
ʼn Vrou van Pretoria het verlede week haar beste vriendin se droomtroue en al die reëlings daar rondom suutjies in net vyf dae gereël nadat dié vriendin se pa se siektetoestand drasties versleg het.
Luister: Afrikaanse fliek: Dié liefdesverhaal is ʼn wenner!
Die Afrikaanse Kersfliek, Trouvoete, laat nie net die vonke op die silwerdoek spat nie, maar het ook dié Kersfees die droom van een gelukkige bruid waar gemaak.
[Foto’s] Chinese paartjie herlewe troue ná 70 jaar
“Hulle is al só lank saam. Deesdae onthou hulle nie veel van hul lewe nie, maar kan steeds die liefdesgedigte opsê wat hulle vir mekaar in die oorlogstyd geskryf het.”
Foto’s: Akrobate trou 38 keer binne 83 dae
ʼn Paartjie van Los Angeles in Amerika het besluit om binne 90 dae in soveel plekke as moontlik trou aan mekaar te beloof.
Video: Blommemeisie en ringdraer trou
ʼn Man en vrou wat twintig jaar gelede onderskeidelik die ringdraer en blommemeisie by ʼn troue was, het Saterdag met mekaar getrou.
Video: Vreemde trougeskenk ʼn treffer op sosiale media
ʼn Video van trougaste wat elkeen ʼn teugie “Fireball Cinnamon Whisky” neem, is ʼn treffer op sosiale media.
Video: Vermiste ring en toe sê sy wéér ja!
ʼn Trouring wat 15 jaar gelede verdwyn het, is onlangs ontdek.
Video: Bruidegom se knieë skoon lam van liefde
Chad Kannard was só opgewonde na sy troue met sy lieflike bruid, Julia Magdaleno, dat sy knieë sommer lam was toe hy haar wou dra.
Heerlike troue, sonder die bruidegom!
As jy nog altyd ʼn bruid wou wees, maar niemand het nog ooit die jawoord gevra nie, is hierdie foefie net vir jou!