Minstens 17 mense is dood en 24 word vermis nadat ʼn boot met bruilofsgaste in Bali, Indonesië, gesink het.
Alles vir die sleutelwoord "troue"
Video: Groot glips toe hy wou trou beloof
Dié bruidegom se grootste bekommernis dat hy dalk tydens sy huwelikseremonie oor sy woorde gaan struikel, is bewaarheid.
Verloofde vervals sy dood om nie te trou nie
Tucker Blandford (23) van Connecticut in Amerika, het onlangs sy eie dood vervals omdat hy glo nie meer met ʼn meisie van Engeland wou trou nie.
Foto’s en video: Hedendaagse “koets” as troumotor
Dié PT Cruiser-limousine is in Rusland omskep in ʼn hedendaagse koets wat vir troues en ander spesiale geleenthede gebruik kan word.
Foto’s: Só lyk die bruidegom!
Almal kyk gewoonlik agtertoe om te sien hoe die bruid lyk wanneer sy by die kerk instap, maar min mense onthou van die bruidegom wat gewoonlik ‘n besonderse gesigsuitdrukking het wanneer hy sy bruid vir die eerste keer sien.
Foto’s: Gewildste troufoto danksy veldbrand
ʼn Veldbrand wat ʼn paartjie se troudag Saterdag ontwrig het, het hulle ook die beste agtergrond vir ʼn foto gebied en dié foto maak nou opslae op sosiale media. Nog foto’s volg onderaan die berig.
Baba aan trourok se sleep vasgemaak
ʼn Bruid van Tennessee in Amerika word skerp veroordeel nadat sy haar pasgebore babadogtertjie aan haar trourok se sleep vasgemaak het.
Video: Spesiale liedjie vir die bruid
Andrea se pa is net voor haar troue oorlede, maar haar broer en familielede het haar nie in die steek gelaat vir haar “pa en dogter”-dans nie. Die video is reeds byna 6 miljoen keer gekyk.
Video: Groot verrassing vir paartjie ‘n internetsensasie
‘n Video van ‘n bruid en bruidegom wat tydens hul huwelikseremonie ‘n groot verrassing gekry het, is die afgelope 20 dae al byna 34 miljoen keer op YouTube gekyk.
Video: Steve Hofmeyr en Janine se troue
Steve Hofmeyr en Janine het stil-stil getrou, maar ʼn video van dié besondere dag in hul lewens is nou beskikbaar gestel.
Foto’s: Rugbyspeler se romantiesste Valentynsdag
Willie du Plessis, ʼn rugbyspeler vir die Leeus, het Vrydag ʼn span graad 1s ingespan om sy meisie om haar hand te vra.
Só lyk Steve en Janine op hul troudag
Steve Hofmeyr het Maandag ʼn lusmaker-foto gelaai nadat hy en Janine van der Vyver Saterdag stil-stil die knoop deurgehaak het.
Huweliksklokkies lui vir Steve en Janine
Steve Hofmeyr en Janine van der Vyver het Saterdag stil-stil die knoop deurgehaak.
Uiteindelik – troufoto’s ná 61 jaar!
Donald en Dorothy Lutz is al langer as 60 jaar gelede getroud, maar hulle het net een foto van die huwelikseremonie, aangesien hul fotograaf nooit opgedaag het nie, maar nou kan hulle spog met ‘n hele album vol foto’s wat geïnspireer is deur die Pixar-rolprent, Up.
Zuma beïndruk met Venda-vroue
President Jacob Zuma het gesê hy sou met ʼn Venda-vrou getrou het as hy nie al reeds met vier vroue getroud was nie, aangesien hulle “selfs gaan lê om respek te betoon aan ander mense.
Madiba en Graça
Oudpresident Nelson Mandela was ten tyde van sy dood met Graça Machel getroud – die enigste vrou ter wêreld wat al met twee staatshoofde getroud was.
Steve en Janine wil troue klein hou
Steve Hofmeyr het Maandag sy dilemma oor wie hy en sy verloofde, Janine van der Vyver, na hul troue toe gaan nooi, met sy ondersteuners gedeel. Hofmeyr en Van der Vyfer het in September 2011 verloof geraak.
Man by troue doodgeskiet
‘n Man is by ‘n huwelikseremonie in Mankwanyaneni, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.
Video: Nierskenker is toe inderdaad “perfekte pasmaat”
‘n Vrou wat drie jaar gelede haar nier geskenk het aan ‘n man, wat sy skaars geken het, is pas in die eg met hom verbind.
Agtjarige Jemeense bruid sterf ná huweliksnag
Menseregteorganisasies het geskok gereageer nadat ‘n agtjarige Jemeense meisie gesterf het weens inwendige beserings wat sy tydens haar huweliksnag opgedoen het.