Verwagtinge oor die historiese gesprekke tussen pres. Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-oen – of dit die beloofde groot positiewe reaksie gaan hê – verskil hemelsbreed. In dié stadium kan net met veiligheid gesê word die samesprekings was geskiedkundig.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Trump-Kim-beraad"
Meer inligting bekend gemaak oor Trump-Kim-ooreenkoms
Die Amerikaanse president Donald Trump en die leier van Noord-Korea, Kim Jong-oen, het Dinsdag ʼn gesamentlike verklaring, onderteken deur beide leiers, uitgereik oor die besonderhede van hul ontmoeting vroeër die dag in Singapoer.
Foto’s: Só het beraad tussen Trump en Kim Jong-oen afgeloop
Die geskiedkundige beraad tussen pres. Donald Trump van die VSA en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-oen het Dinsdagmiddag tot ʼn einde gekom met die twee staatshoofde wat ʼn “belangrike en omvattende” dokument onderteken het.
Spesiale muntstukke om Trump-Kim-beraad te vier
Die Singapoer Munt het drie spesiale muntstukke bekendgestel vir die geskiedkundige ontmoeting tussen Amerikaanse president Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un wat Dinsdag plaasvind.
Kim Jong-un in Singapoer vir vergadering met Trump
Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un het Sondag in Singapoer geland vir sy geskiedkundige vergadering met die Amerikaanse president Donald Trump.
Bidsessie vir Noord-Korea-beraad gereël
Die Amerikaanse tak van Geopende Deure het ʼn internasionale versoek aan Christene wêreldwyd gerig om op 11 Junie aan ʼn webinaar deel te neem om vir Christene in Noord-Korea te bid.
Trump: Vergadering met Noord-Korea gaan voort
Trump het ook aangekondig dat hy tyd en wyl geen addisionele sanksies op Noord-Korea sal toepas nie.
Trump sal met Kim Jong-un ontmoet
Daar was nog nooit voorheen ʼn vergadering of selfs net ʼn telefoonoproep tussen die twee leiers van die VSA en Noord-Korea gewees nie.