Raadslede is lankal reeds bekommerd oor hul veiligheid weens opmerkings van die EFF oor die regerende koalisie se hantering van die voortslepende Samwu-staking.
Alles vir die sleutelwoord "Tshwane-metro"
Tshwane-metro móét opdok vir salarisverhogings
Die bedingingsraad vir plaaslike regerings (SALGBC) se besluit kom selfs nadat daar bevind is dat die Tshwane-metro finansieel ernstig in die knyp is.
Geen vullisverwydering, geen rekening, eis AfriForum
AfriForum stel voor dat inwoners slegs 50% van die normale tarief moet betaal vir die tydperk waarin die dienste nie gelewer is nie. Die alternatief is dat die rekeninge pro-rata bereken word volgens die hoeveelheid keer wat die spesifieke inwoners se vullis verwyder is.
Pretoria spook steeds met vullisverwydering
Gewelddadige aanvalle op vullisverwyderingsvragmotors het die vullisverwyderingskedule tot ʼn groot mate ontwrig. Die munisipaliteit werk oortyd om hierdie probleem op te los.
Waterverbruik in Tshwane-metro fyn dopgehou
ʼn Tegniese taakspan, bestaande uit amptenare van die departement van water en sanitasie, Rand Water en die Tshwane-metro, sal daagliks vergader om die stand van watervoorsieningstelsels en die vraag na water te bespreek en sal daarvolgens maatreëls instel om uitdagings met verskaffing te hanteer.
Administrasie-pogings in Tshwane-metro ‘sal beveg word’
Volgens berigte wil die Gautengse regering opnuut die Tshwane-metro onder administrasie plaas weens die verlammende staking wat dienslewering die afgelope paar weke lamlê.
Sommige Tshwane-werkers sit steeds sonder salarisse
Imatu het ʼn dringende interdik in die arbeidshof bekom wat die Tshwane-metroraad beveel om sy lede se salarisse te betaal, wat glo reeds vir meer as ʼn week weerhou is.
Strafregtelike klagte teen EFF ná Tshwane-kabaal
Videobewyse van die voorval is by die polisie ingedien, wat wys hoe DA-raadslede deur lede geklee in EFF-hemde geslaan, geskop en geslaan word, asook met voorwerpe gegooi word.
‘Samwu moet pa staan vir skade’
AfriForum staan slaggereed om die Tshwane-metro te help en kan nie langer terugstaan en toelaat dat die onwettige stakers verder munisipale dienste ontwrig nie.
Video: Geweld in Tshwane-vergadering, maar ‘ons gaan nêrens’
Brink sê ingevolge die stad se nuwe gedragskode is die EFF se optrede ʼn strafregtelike oortreding.
Samwu-staking ‘aanval op demokrasie’ – Brink
Volgens Brink is daar ʼn groep mense wat steeds betoog onder die voorwendsel dat hulle werknemers van die metro verteenwoordig. Hulle gebruik egter “geweld en misdaad as onderhandelingsmiddel”.
Vullistrokke brand in Pretoria
“Dit is nie meer ʼn arbeidsdispuut nie. Hierdie is ʼn kriminele aanval op groot skaal.”
Burgemeester Brink help self vullis opruim
Cilliers Brink het spanne in Mamelodi gaan help om vullis te verwyder terwyl die stad alles moontlik doen om agterstande in te haal.
Inwoners moet self kan besluit oor vullisverwydering
“Inwoners moet die opsie hê om te kies of hulle die Tshwane-metro se dienste wil gebruik of eerder gebruik wil maak van ’n privaat vullisverwyderingsmaatskappy.”
Tshwane: Samwu-staking steeds nie verby
“Werkers daag by die werk op en weier om opdragte uit te voer. Ons sien steeds dade van geweld en intimidasie wat op werkers en diensverskaffers gerig is.”
Aanval op werker moet ‘keerpunt’ in staking wees – Tshwane-burgemeester
“Die aanval moet ʼn keerpunt wees in die onbeskermde Samwu-staking wat die ontwrigting van dienste, die sabotasie van infrastruktuur en die intimidasie van medewerknemers tot gevolg het.”
Tshwane se vrystellingsaansoek vir salarisverhogings ingedien
Die Tshwane-stadsraad het ‘n vrystellingsaansoek vir salarisverhogings by die plaaslike regering-bedingingsraad (SALGBC) ingedien.
Tshwane-staking: Kla werkers met witbrood onder arm?
Maroela Media het vandeesweek die metro se salarisskaal onder oë gekry en kan nou bevestig dat daar nie een enkele werknemer van die metro is wat tans ’n maandelikse salaris van minder as R10 000 verdien nie.
Tshwane stuur nóg 55 afdankingsbriewe uit
Die stadsraad het nou nie minder as 93 afdankingsbriewe binne twee weke gestuur aan werknemers wat nog steeds nie vir werk opgedaag het nie.
Video: Situasie kalm ná brand by Tshwane-kantoor
Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metro, sê hulle is bewus van die sporadiese voorvalle van geweld en intimidasie wat steeds in sekere dele van die stad voortduur.