Die inhegtenisnemings hou verband met ʼn ondersoek na die diefstal van miljoene rande wat vir die nasionale fonds vir munisipale werkers in die Tshwane-metroraad bedoel was.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Tshwane-metroraad"
Beperkte dienste by Waltloo-lisensiekantoor ná inbraak
Groot skade is aan die kantoor aangerig.
‘Gratis middagetes’ iets van verlede vir Tshwane
Die burgemeester sê verskeie planne word in werking gestel om uitgawes te besnoei en geld vir die lewering van sleuteldienste te gebruik.
Skuldinvorderaars moet wanbetalers in Tshwane vasvat
Die stad het onsuksesvol probeer om die uitstaande skuld deur minder ingrypende maatreëls in te vorder.
Tshwane-hofuitspraak: Demokrasie in ‘ere herstel’
“Die provinsiale ANC-regering het weer eens ʼn welverdiende loesing in die hof ontvang weens sy siniese misbruik van statutêre magte om die demokraties-verkose koalisieregering van die stad te ondermyn.”
DA wen volgende ronde in hof oor Tshwane
Die DA voer aan dat Maile en die ANC se aanstel van ANC-gesinde administrateurs bloot ʼn poging is om reg te kry wat hulle by die stembus nie kon nie – om die bewind van Tshwane op ondemokratiese wyse te verkry.
AfriForum ook hof toe oor Tshwane-begroting
Daar is onder meer kommer oor die metroraad se watertariewe, ʼn gebrek aan vullisverwydering en foutiewe buitensporig hoë rekeninge.
Regmatige Tshwane-werkers sál betaal word – administrateur
Verdienstelike werkers wat nie betaal is nie, sal glo hul salarisse binnekort ontvang.
Allemintige diensterekening vir ‘Voortrekkers’
“Selfs al lê jy in jou graf kry jy steeds ʼn rekening.”
Herrie dreig oor Tshwane salarisse wil weerhou
Die vakbond sê dit was prakties onmoontlik om 25 000 werkers se besonderhede binne vyf dae na te gaan, veral gegewe die Covid-19-maatreëls wat steeds geld.
Woede oor riller-rekeninge vir Tshwane-inwoners
Die Tshwane-metroraad het inwoners intussen gemaan om hul skuld te vereffen sodat hul dienste nie opgeskort word nie.
Tshwane-ambulansdienste opgeskort ná ‘provinsialisering’
Die Gautengse gesondheidsdepartement het nie die metroraad se aansoek om ʼn bedryfslisensie vir nood- mediese dienste goedgekeur nie.
AfriForum dien strafregtelike klagte in oor brandstoftender
Die betrokke maatskappy aan wie die tender toegeken is, het glo bande met die EFF.
Tshwane terug onder DA-beheer
Die hof het voorlopig ʼn stokkie gesteek voor die magspel wat in Tshwane afspeel.
Veldtog oor munisipale waardasies geloods
Die waarde van eiendomme is in sommige gevalle met 80% verhoog, wat eiendomsbelasting beïnvloed.
Tshwane-metro steeds leierloos
“Die oplossing vir die voortgesette dooiepunt is vir die inwoners van Tshwane om hul stemme te gebruik as die enigste oplossing om die stad uit dié leierskapsgat te kry.”
DA dalk hof toe oor administrateur vir Tshwane
Die DA hou vol die Tshwane-metroraad is nié onder administrasie nie, al sê die provinsiale regering ook wat
Tshwane onder administrasie geplaas
“Die voorsiening van skoon drinkwater in Tshwane bly toenemend in die slag en vullisverwyderingsdienste is die swakste nóg.”
Nóg buurte in Pretoria dalk sonder water
Rand Water moet noodherstelwerk aan ʼn groot pypleiding doen.
Groot dele van Pta-middestad sonder water
Herstelwerk kan tussen vier en sewe dae duur.