Die optrede hou vermoedelik verband met stappe wat die metroraad beoog teen busbestuurders wat aan die onwettige staking deelgeneem het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Tshwane-staking"
Senior Samwu-lid by brand van vullistrok betrek
Burgemeester Cilliers Brink sê hy glo dit is in die openbare belang om die inligting rakende die amptenaar se betrokkenheid by die aanval bekend te maak.
Bewyse betrek Samwu-hoë by aanval op Tshwane-vullistrok
“Dit is van groot belang dat die inwoners van Tshwane weet wat aangaan en tot watter mate geweldsmisdaad as ʼn onderhandelingstaktiek in hierdie staking gebruik is.”
Hernude aanslag op Tshwane se infrastruktuur
Twee van die stad se elektrisiëns is by ʼn vulstasie aangeval, verskeie busse is met klippe bestook en ʼn watertenkwa is aan die brand gesteek in nog ʼn vlaag aanvalle in die hoofstad.
Tshwane-staking: ActionSA wys vinger na DA
ActionSA meen daar moes met vakbonde vergader word om ʼn oplossing vir die salarisgeskil te vind, en sê weens die roete wat die DA gevolg het, was ʼn staking nie net waarskynlik nie, maar ook te wagte.
‘ActionSA steek Brink in rug’ oor stakende werkers, sê DA
Die DA het ActionSA, sy vennoot in die veelpartykoalisieregering in die Tshwane-metro, daarvan beskuldig dat hy burgemeester Cilliers Brink in die rug gesteek en die mat onder die koalisie se voete uitgepluk het. Die twee partye is haaks oor stakende werkers wat dienslewering in Pretoria die afgelope weke lamgelê het.
Stakende Tshwane-werkers permanent gestuit
Hoewel die meeste stakers hul pogings laat vaar en teruggekeer het werk toe, is daar steeds gewelddadige voorvalle wat verbind word met stakende Tshwane-metrowerkers.
Watertenkwa nié begelei toe boosdoeners toeslaan
Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings het Donderdag ’n beroep op die polisie gedoen om in te gryp.
Tshwane-metro móét opdok vir salarisverhogings
Die bedingingsraad vir plaaslike regerings (SALGBC) se besluit kom selfs nadat daar bevind is dat die Tshwane-metro finansieel ernstig in die knyp is.
Geen vullisverwydering, geen rekening, eis AfriForum
AfriForum stel voor dat inwoners slegs 50% van die normale tarief moet betaal vir die tydperk waarin die dienste nie gelewer is nie. Die alternatief is dat die rekeninge pro-rata bereken word volgens die hoeveelheid keer wat die spesifieke inwoners se vullis verwyder is.
Pretoria spook steeds met vullisverwydering
Gewelddadige aanvalle op vullisverwyderingsvragmotors het die vullisverwyderingskedule tot ʼn groot mate ontwrig. Die munisipaliteit werk oortyd om hierdie probleem op te los.
‘Samwu moet pa staan vir skade’
AfriForum staan slaggereed om die Tshwane-metro te help en kan nie langer terugstaan en toelaat dat die onwettige stakers verder munisipale dienste ontwrig nie.
Samwu-staking ‘aanval op demokrasie’ – Brink
Volgens Brink is daar ʼn groep mense wat steeds betoog onder die voorwendsel dat hulle werknemers van die metro verteenwoordig. Hulle gebruik egter “geweld en misdaad as onderhandelingsmiddel”.
Vullistrokke brand in Pretoria
“Dit is nie meer ʼn arbeidsdispuut nie. Hierdie is ʼn kriminele aanval op groot skaal.”
Burgemeester Brink help self vullis opruim
Cilliers Brink het spanne in Mamelodi gaan help om vullis te verwyder terwyl die stad alles moontlik doen om agterstande in te haal.
Inwoners moet self kan besluit oor vullisverwydering
“Inwoners moet die opsie hê om te kies of hulle die Tshwane-metro se dienste wil gebruik of eerder gebruik wil maak van ’n privaat vullisverwyderingsmaatskappy.”
AfriForum help met vullisverwydering in Pta
“Hulle het in hierdie buitengewone tye sonder huiwering ingestem om die gemeenskap tegemoet te kom,” sê Betsie Basson, wyksraadslid, wat die burgerregtegroep genader het om te help.
Meer as net lone op die spel in Samwu-staking
Die staking blyk al meer ʼn politieke magspel tussen die ANC-geaffilieerde Samwu en die DA-geleide Tshwane-metro te wees. Dié verskynsel kan hom dalk al meer voordoen namate die ANC se mag op plaaslike vlak afneem.
Misdaadklagte teen ‘samesweerders’ in Tshwane
Dít na ʼn fluitjieblaser na vore gekom het met Telegram-boodskappe waarin Samwu-lede glo sabotasieplanne bespreek. Die boodskappe sluit glo besprekings in om noodsaaklike munisipale infrastruktuur te ontwrig en selfs die burgemeester se vrou te ontvoer.
Tshwane-metro gaan nie toegee aan ‘boewery, geweld’
Die onwettige staking veroorsaak nie net onderbrekings in dienslewering nie, maar ander werkers word boonop geïntimideer en gedreig om ook nie te werk nie, en infrastruktuur word gesaboteer.