Luister in dié video na TT Cloete se voorlesing van “Anna”, die allermooiste liefdesgedig wat hy aan sy vrou opgedra het.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "TT Cloete"
TT Cloete-gedig herleef in woordkunsprogram
“Die produksie neem kykers op ʼn ontdekkingstog van die lewe, natuur en hulself – iets wat juis nodig is in die tyd van ʼn wêreldpandemie.”
Luister: Raak deel van ’n interaktiewe leeservaring by Aardklop
Byderhand is ʼn splinternuwe interaktiewe leeservaring wat vanjaar tydens die Aardklop Nasionale Kunstefees plaasvind. Die projek word aangebied deur die vakgroep Skryfkuns aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus en Maroela Media het met prof. Franci Greyling van dié vakgroep daaroor gesels.
Redakteursbrief: Veels geluk, liewe Maroela; totsiens, prof. T.T!
My hart breek oor prof. T.T., so geliefd onder so baie mense, en nie net oor sy poësie nie… skryf Susan Lombaard.
TT Cloete: “God se witbroodjie”
“Toe hy een keer uitgevra is oor hoe hy dit op so ’n hoë ouderdom regkry om steeds aan meer as een boek op ’n slag te werk, het hy laggend gesê hy is seker maar ’n witbroodjie van God,” vertel Odendaal.
T.T. Cloete (31.5.1924 –29.7.2015): ’n Gelowige intellektueel en groot digter het ons ontval
Cloete het as Christelik-gelowige digter nooit weggeskram daarvan om ook die skadukante van die lewe en die werklikheid in sy gedigte te vertolk nie – en toenemend so.
Resep: Prof TT Cloete se gunsteling – Ewwie se beesstert
Prof TT Cloete het verlede jaar sy gunstelingresep met Maroela Media se lesers gedeel. Sy versorger, Eveleen (Ewwie) Mvala, maak glo dié besonderse beesstert. Dié geliefde en bekroonde digter is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede en daarom deel Maroela Media graag weer hierdie resep.
TT Cloete: ‘Ons eer sy nagedagtenis’
Die afsterwe van prof. TT Cloete (91) laat nie net ʼn leemte in die gemeenskap van Potchefstroom en veral die universiteit nie, maar ook in die literêre lewe van Afrikaans.
[Video] TT Cloete lees sy liefdesgedig “Anna” voor
Maroela Media het verlede jaar by prof. TT Cloete gaan kuier en hy het sy liefdesgedig, wat hy aan sy oorlede vrou, Anna, opgedra het, op video voorgelees.
Luister: TT Cloete: Só onthou hulle hom
Prof TT Cloete, wat vandag in die ouderdom van 91 jaar oorlede is, was bekend daarvoor dat hy die mense in sy lewe gekoester het. Maroela Media het gesels met ʼn paar van die mense wat die voorreg gehad het om met hom vriende te wees.
[Video] Prof. TT vertel van sy loopbaan en dié goed wat nie gemeet kan word nie
Die digter prof. TT Cloete was ’n letterkundige reus en het meer as 150 wetenskaplike artikels oor die Afrikaanse letterkunde geskryf en daarmee saam meer as ’n twintigtal boeke en monografieë. Hy het bydraes gelewer tot talle versamelstudies en het ook verskillende vertalings uit die Franse letterkunde gedoen. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor sy loopbaan. Hy gesels ook oor die goed in die lewe wat werklik belangrik is.
[Video] Prof. TT Cloete oor sy gedigte op die stuurwiel
Die geliefde en bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor hoe hy soms aan die skryf gegaan het terwyl hy bestuur het.
[Video] Prof. TT Cloete vertel hoe hy sy vrou ontmoet het
Die geliefde en bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor hoe hy sy vrou, Anna, ontmoet het. In hierdie video gesels hy oor sy vrou en die huwelik.
Prof. TT Cloete aan natuurlike oorsake oorlede
Die bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend, kort ná sy 91ste verjaardag op 31 Mei, aan natuurlike oorsake in ʼn private hospitaal in Potchefstroom oorlede.
Prof. TT Cloete oorlede
Die geliefde en bekroonde digter prof. TT Cloete is Woensdagoggend in die ouderdom van 91 oorlede.
Prof. TT Cloete se geskiedenisles aan Mantashe
Gwede Mantashe het Sondag glo beweer die ANC lei Suid-Afrika na die beloofde land soos Moses die Israeliete na bevryding gelei het.
‘n Geskiedenisles vir Zuma, deur prof. TT Cloete
Prof TT Cloete meen pres. Jacob Zuma ken klaarblyklik nie sy geskiedenis nie, en dit is “ʼn skande vir iemand wat die president van ʼn land is”.
Video’s: Prof TT Cloete: ʼn Digter en ikoon word 90
Prof. TT Cloete vier op 31 Mei 2014 sy 90ste verjaarsdag. Dit is vir Maroela Media ʼn groot eer en voorreg om aan dié digter en Afrikaanse ikoon hulde te bring en hom geluk te wens. Loer gerus na dié spesiale video’s wat ons saamgestel het toe ons by hom besoek afgelê het.
Gedig: God die digter
TT Cloete se aangrypende gedig, “God die digter”
Gedig: In die klein gemeentes
Prof TT Cloete se gedig, “In die klein gemeentes”