Dis amper weer herfsvakansie, die tyd van die jaar wanneer Suid-Afrikaners van heinde en ver na die Tuinroete stroom vir ʼn kort en kragtige breek. Carina Stander deel ‘n paar reiswenke vir jou vakansie.
Alles vir die sleutelwoord "Tuinroete"
Deurkruis die Crags
As jy net ʼn week in die Tuinroete vertoef, is die kans goed dat jy iets van alles sal beleef: bewolkte weer én salige, windstil stranddae. Wanneer dit nie volmaakte strandweer is nie, is die Crags ʼn uitstekende omgewing om te verken.
Slaap in ʼn woudhuis, smul by ʼn plaaskombuis
ʼn Netjiese plankpad kronkel deur die inheemse bos tot by die voordeur van ʼn huis tussen die takke. Die mure is van tentseil en hout. Buite die badkamer pik-pik ʼn Knysnaloerie vir sy eie weerkaatsing teen die venster. Die slaapkamer ruik na pluksels fynbos – bergbruidjies, suikerbos en heide in ʼn blompot.
Mooie Mosselbaai: Hier gaat dit geil!
Soos my man, Gerrit, sê: “Mosselbaai blaker nie vir die hele wêreld uit hoe lekker plek dit is nie. Mens moet dit maar self kom ontdek.”
Aan die oewer van die Goukammarivier
Aan die oewer van die Goukammarivier is die skemerlug gevul met swaeltjies en vinke wat na hulle neste terugkeer. Hier in die stokou bosvy van Blackwater River Lodge wemel dit van die Knysnaloeries wat aan die vye smul.
Wrakstap, wildrit en skaapkop by die see
“Toe skuif ek my doenlysie eers eenkant en dink: Basta, nou rus ek vir ʼn volle 48 uur saam met my gesin!” Carina Stander en haar gesin verken Grootbrak, Kleinbrak en Glentana.
George weer oop vir sake ná brande
“Ons dorpe is ten volle aan die gang en gereed om toergroepe en besoekers by te staan wat die gebied besoek.”
ʼn Dag van fantasieskepe, palmbome en okra
Carina Stander deel avonture van hul gesinsreis deur Mauritius en Réunion.
[Foto’s] Tsitsikamma: Plek van sprankelende water
Op die snelweg na die Tsitsikamma blom die fonteintjiebos dié tyd van die jaar al langs die pad in pers trosse teen die donkergroen inheemse woud. Broccoli-bome, noem ons seuns dié woude, skryf Carina Stander.
Pret op Plett
Carina Stander, wat al tien jaar in die kontrei woon, het drie lekker doendinge gelys wat jy in jou knapsak kan hou vir wanneer dit nié prettige strandweer op Plettenbergbaai is nie.
Kom kuier in Knysna, dis feestyd!
ʼn Maand gelede was Knysna in vlamme. Die spoor van verwoesting was geweldig. Om die Oesterfees in Julie te ondersteun of enige tyd van die jaar hier vakansie hou, is ‘n praktiese manier om die dorp weer op haar voete te help – terwyl jy boonop hope pret het!
Waarskuwing ná talle haaie by Plett opgemerk is
Volgens die NSRI is die toename in haaie normaal vir dié tyd van die jaar.
Wonderlike Wildernis
Vir 48 uur kuier ons net met mekaar en hierdie keer is ons plek van ontvlugting ’n ware sprokie, skryf Carina Stander.
Boerebarok kraai koning in Plett
Dis ʼn fantasie. Dis die huis van ʼn kunstenaar. Dis haar heiligdom se deure wat sy hier vir jou oopmaak.
Betowerende boomskuilte
Wonders van klip en hout. Enorme glasmure wat die natuur na binne nooi.
Rooigety aan Tuinroete-kusgebied
Inwoners en vakansiegangers aan die Tuinroete se kusgebied is gemaan om nie te swem of vis te vang in areas waar rooigety opgemerk is nie.
Toeris sterf in Tuinroete-fratsvloed
ʼn 29-jarige Belg is Donderdag dood nadat hy deur ʼn fratsvloed meegesleur is by Nature’s Valley in die Tuinroete Nasionale Park.