Vandag leer ons kinders dat elkeen ’n wenner is. As jou kind egter ’n positiewe uitkoms uit elke meedingende situasie verwag, gaan hy nooit leer hoe om dit te hanteer as hy verloor nie.
Alles vir die sleutelwoord "tuisonderrig"
Tweetaligheid – bemagtig jou kind
Suid-Afrika is ʼn veeltalige gemeenskap en dit is nie net vir vandag se kinders belangrik om meer as een taal magtig te wees nie, dit hou ook baie voordele in.
Is jou kind té bedrywig?
Die verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite wat vandag vir kinders aangebied word, is verstommend. Dit beteken ook dat kinders geneig is om die meeste middae ná skool van een aktiwiteit na ’n ander te hardloop.
Maak gereed vir ’n goeie jaar
Met die eerste skooldag waarvoor almal gretig gewag (of moontlik gevrees) het nou agter die rug, is dit tyd om vorentoe te kyk en te bepaal hoe jy jou kind vir sukses kan voorberei. Hier is ’n paar dinge wat jy nóú kan doen om ’n goeie begin te verseker!
Impak se topmatrikulant spog met vyf onderskeidings
Impak se topmatrikulant van 2015 is Kayla Torrinha, wat met vyf onderskeidings spog.
Feestydtradisies van regoor die wêreld
As jou kinders nou die ouderdom bereik het waar hulle vreeslik opsien teen die malligheid van Kersfees, laat hulle leer wat mense in ander lande doen om Kersfees te vier, sodat hulle hul eie vreemde en wonderlike familie en tradisies kan waardeer.
Maak die langpad kort, slaan verveling hok
Jy kan nie wag om by daardie wonderlike plekkie wat jy vir die Desembervakansie bespreek het, aan te kom nie. Maar voordat jy kan ontspan en jou tone in die sand kan wikkel, is daar die eindelose ure in die kar. Saam met jou kinders. En hulle houdings, buie, bakleiery oor sitplekspasie … en die oneindige “is ons al daar’s?”!
Gee ’n geskenk met ’n verskil
Kersfees is om die draai, en vir die meeste kinders is dié tyd van die jaar sinoniem met twee goed: ’n lang somervakansie en ’n hoop presente!
Maak jou kind tegnologies touwys én veilig
“Kersvader” gaan beslis vanjaar verskeie briefies kry van kinders wat vra vir tabletrekenaars, selfone en ander toestelle vir Kersfees. Of jou kind iets tegnologies onder die boom gaan kry of nie, onthou dat tegnologie ’n onvermydelike deel van die lewe is.
Wees koel by die skool
Kinders wat moet skoolgaan wanneer temperature die hoogtes inklim, verduur meer as net ’n bietjie ongemak. Stygende temperature kan lei tot lusteloosheid, verhoogde geïrriteerdheid en ’n gebrek aan konsentrasie – ’n resep vir ’n ramp wanneer ’n klas van 30 of 40 kinders onderrig moet word (onthou, onderwysers moet ook die hitte verduur)!
Maklike maniere om ‘groen’ kinders te kweek
Dit hoef nie duur of ingewikkeld te wees om jou kind meer oor herwinning, waterbewaring en respek vir die natuur te leer nie. Dit is eintlik verbasend maklik om kinders van die Aarde te vertel, en te verduidelik wat ons kan doen om dit te bewaar.
Is graad R belangrik?
Gaan jou kleuter vir nog ’n jaar in die kleuterskool of tuis bly, of moet jy hom ter voorbereiding vir die “groot” skool vir graad R inskryf?
Raak teleurstelling baas
Teleurstelling, wat as ’n negatiewe emosie in antwoord op (sogenaamde) mislukking beskou word, is om die waarheid te sê eintlik ’n gesonde, positiewe emosie wat ’n noodsaaklike rol in die emosionele, intellektuele en sosiale ontwikkeling van kinders speel.
Berei nou al voor vir die eksamen
Jy kan die volgende doen om jou kind aan te moedig en te ondersteun om hard te leer en sy beste te lewer.
Vakansiepret vir elke dag van die week
Dis amper weer skoolvakansie en om te verhoed dat jou kinders kla hulle is verveeld óf ure voor die televisie deurbring, moet jy kreatief dink en vooruit beplan. Hier is ʼn paar voorstelle om jou te inspireer.
Het jy gehoor?
Vir ’n kind is gehoor en spraak noodsaaklike elemente vir leer, speel en die ontwikkeling van sosiale vaardighede. ’n Kind met gehoorverlies wat nie gediagnoseer is en behandel word nie, kan tot ’n groot mate onbewus wees van wat om hom aangaan.
A, B, Zzzz
Slaap is ’n basiese fisiologiese behoefte – dit is noodsaaklik vir ons gesondheid want, wanneer ons slaap, word die liggaam herstel en hernieu.
Dink “buite die boek”
Almal weet waarom dit belangrik is vir kinders om te lees, en dat ’n liefde vir lees wat reeds op ’n jong ouderdom ontwikkel word, lewenslange voordele inhou. Maar baie kinders beskou lees as moeite, veral as hulle gedwing word om dinge te lees waarin hulle glad nie belang stel nie.
Wees kreatief!
Kreatiwiteit is nie ’n ingebore talent wat kinders het of nie het nie – dit is ’n vaardigheid wat ouers hul kinders kan help ontwikkel.
Ontdek jou kind se leerstyl
[promosie-artikel] Jou kind wip op en af op sy stoel terwyl jy probeer om sy wiskundehuiswerk aan hom te verduidelik – luister hy ooit?