Dit was die sterkste en beste aanduiding in ‘n baie lang tyd van hoe die politieke wind waai in die aanloop tot die landwye munisipale verkiesings op 27 Oktober.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "tussenverkiesings"
DA verloor Knysna, behou Delft
Dié uitslag gee die DA ʼn agterstand in die komende plaaslike verkiesing.
Grootste tussenverkiesingsdag volg Woensdag
Dit is die meeste munisipale tussenverkiesings op een dag in die land se geskiedenis.
Tussenverkiesing in Tshwane op regsadvies uitgestel
Die hofsaak ter sprake is die voortslepende een waarin die DA aanvoer die besluit deur die Gautengse LUR vir samewerkende regering, Lebogang Maile van die ANC, om die metroraad te ontbind, was ongeldig.
Oorwinning vir DA in Limpopo
Die party kon dié dorp in Limpopo behou.
DA boer agteruit in tussenverkiesings
Die DA het beduidend slegter gevaar in al drie tussenverkiesings wat vandeesweek in die Wes-Kaap plaasgevind het. Hier is die uitslae:
3 tussenverkiesings kan Wes-Kaapse politiek help peil
Drie tussenverkiesings vind hierdie week in die Wes-Kaap plaas en die DA is besig om alles uit te haal om te wys hy het nog skop in sy hartland.
DA verloor nóg ʼn wyk
Die DA het Woensdag nóg ʼn wyk verloor – dié keer in Bethal, Mpumalanga.
DA verloor twee wyke in tussenverkiesings
Die Demokratiese Alliansie het vandeesweek nog twee wyke in tussenverkiesings afgestaan.
Grootste stemdag sedert algemene verkiesing
Vandag is die grootste stemdag sedert die algemene verkiesing, met tussenverkiesings in agt van die land se nege provinsies. Net die Wes-Kaap sit droëbek.
DA behou twee wyke in tussenverkiesings
Die DA het ʼn bietjie goeie nuus ontvang ná die party se agteruitboerdery in die algemene verkiesing toe twee DA-kandidate gemaklike oorwinnings behaal het in tussenverkiesings in die Nelson Mandelabaai-metro in Port Elizabeth.
DA neem ANC-wyk af
Die vreugdevure brand hoog in die Wes-Kaapse DA nadat die party vir die eerste keer ʼn spesifiek hardnekkige ANC-wyk in die suide van die provinsie kon inpalm en in die proses alleenbeheer oor die Hessequa-munisipaliteit op Riversdal kon oorneem.
DA wen maar VF Plus groei in Krugersdorp
Die DA het in hierdie week se tussenverkiesings twee wyke in Krugersdorp aan die Wes-Rand gemaklik behou, maar baie steun aan die VF Plus ingeboet.
ANC en DA hou wyke terwyl hul steun afneem
Die ANC het al sewe setels in die tussenverkiesing Woensdag in die Sol Plaatjie-munisipaliteit in die Noord-Kaap behou.
DA neem ANC-wyk af in die Wes-Kaap
Woensdag se drie tussenverkiesings in uiteenlopende dele van die Wes-Kaap het aangetoon dat sowel die DA as die ANC sukkel om hul kernkiesers te motiveer, dat die politieke stryd op die Wes-Kaapse platteland hewig gaan wees, maar dat die DA se fut nog nie uit is nie.
ANC wen Mpumalanga-tussenverkiesing gemaklik
Die feit dat die DA nie ʼn kandidaat gestel het nie, maak dit egter moeilik om die uitslag te interpreteer.
Tussenverkiesings kan wys hoe die politieke wind waai
Vier tussenverkiesings landwyd kan in die aanloop tot die finale kiesersregistrasienaweek wys hoe die politieke wind waai.
DA sak terug in Wes-Kaapse tussenverkiesings
Die DA het sy agteruitgang in die Wes-Kaap voortgesit op ’n dag waarop die ANC groot sukses in tussenverkiesings landwyd behaal het.
ANC, DA behou setels in tussenverkiesings
Altesaam 12 kandidate van ses politieke partye en een onafhanklike kandidaat het aan Woensdag se tussenverkiesings deelgeneem.
Brandstigting by twee skole ná tussenverkiesing
ʼn Brand is onderskeidelik Vrydag en Saterdag by twee skole in Mpumalanga gestig, vermoedelik deur lede van die gemeenskap wat ontevrede was met die uitslag van die tussenverkiesing Woensdag in die gebied.