ʼn Gewapende roof Donderdagoggend by Letaba-hospitaal waartydens drie dokters geskiet is, het ʼn negatiewe impak op die provinsie en 24-uur-gesondheidsdiens kan moontlik gekanselleer word.
Alles vir die sleutelwoord "Tzaneen"
Taakspan soek hospitaal-aanvallers
“Lede van die taakspan het opdrag gekry om na die verdagtes te soek en hulle so gou moontlik aan te keer.”
Drie dokters gewond in aanval op hospitaal
Twee van die dokters is ʼn egpaar wie se twee maande oue baba ongedeerd is, maar die baba se ma is ernstig gewond.
Baba sterf toe hy in boorgat val
Soek-en-reddingspanne asook lede van die gemeenskap het sedert Saterdag onverpoos gegrawe om die seuntjie se liggaam te vind.
4 vas ná polisie transitorooftog fnuik
“Ek moet die dapperheid van ons lede loof wat nie teruggestaan het tydens die skietery nie en daarin kon slaag om die verdagtes in hegtenis te neem voordat hulle met hul plan kon voortgaan.”
Pa met AK47 geskiet: ‘Wonderwerk dat hy leef’
“Die aanvalsgeweer het hom vol gate geskiet en die koeëls is reg deur sy lyf.”
Pa van twee, vier keer geskiet
James Reed (43), ʼn oudpolisieman en nou veiligheidswag wat geldwaens begelei, is Donderdagoggend glo vier keer, onder meer met ʼn AK47-aanvalsgeweer, geskiet.
Vrou ernstig beseer toe voertuig in sloot beland
ʼn Vrou het Donderdagoggend ernstige beserings opgedoen toe haar voertuig in ʼn sloot beland het buite Tzaneen in Limpopo.
Verdagtes brand huise af van groep wat met moord verbind word
Die families word verbind met die moord op man wat saam met sy honde dood aangetref is.
Pa sterf self toe hy kinders aan die brand wou steek
Dit was een van drie voorvalle van ernstige huishoudelike geweld Saterdag in Limpopo.
Geldwa met maatskaplike toelaes beroof
“Die verdagtes het op die voertuig losgebrand voor hulle dit met plofstof oopgeblaas het.”
Man sterf toe trok van wal afry, uitbrand
Volgens nooddienste het die vragmotor weens die impak van die botsing in vlamme uitgebars.
Raadslid vas ná korrupsie-lokval
Die 35-jarige raadslid is vasgetrek nadat daar ʼn lokval vir haar gestel is en R2 000 se “omkoopgeld” aan haar betaal is deur ʼn geheime beampte van die Valke.
Toerismesentrum in Limpopo brand af
“Die meubels en elektriese toestelle is alles vernietig. Die skade word op R500 000 beraam.”
Vullisterreinoudit op positiewe noot begin
Die Tzaneen-vullisterrein moes al in 2010 weens ’n tekort aan lugruimte gesluit het, maar te danke aan goeie kompaktering, innoverende bestuur en die herwinning van 200 ton vullis elke maand is die leeftyd van die vullisterrein met nog 20 jaar verleng.
Vyf vas ná reeks plaasaanvalle in Tzaneen-gebied
“Die feit dat die polisie praat van ʼn sindikaat beteken dat plaasaanvalle ʼn georganiseerde misdaad is en nie net ‘gewone misdaad’ soos die polisie meestal wil beweer nie.”
‘Profeet’ vas wat glo kinders verkrag
“Hy het na bewering die kinders op verskillende tye na die kerk genooi om saam met hom te bid en terwyl hulle besig was met gebed, het hy hulle verkrag.”
86 dae ná gru-ongeluk bly gesin hoopvol
Die familie van ʼn man van Tzaneen in Limpopo wat ná ʼn motorongeluk vroeër vanjaar ʼn ernstige breinbesering opgedoen het, glo vas hy sal deur middel van gebede en geloof eendag weer ʼn normale lewe kan lei.
Naam bekend van man wat in motor doodbrand
Die polisie in Limpopo het Donderdag die naam bekend gemaak van die 39-jarige man wat Woensdag in ʼn brandende motor gesterf het.
Man sterf toe motor brand
Die polisie in Tzaneen doen ʼn geregtelike doodsondersoek nadat ʼn 36-jarige werknemer van ʼn plaaslike bank aangetref is in ʼn brandende motor.