Die balju het Woensdagoggend ten aanskoue van verslaggewers op Maripe Mangena, burgemeester van Tzaneen in Limpopo, se luukse Mercedez-Benz GLE 350 ter waarde van R1,2 miljoen beslag gelê.
Alles vir die sleutelwoord "Tzaneen"
Gaste by Limpopo-lodge oorval, beroof
Die polisie is steeds op soek na drie gewapende rowers wat Maandag in die vroeë oggendure gaste by ʼn lodge in Tzaneen in Limpopo in hul kamer oorval, vasgebind en beroof het.
Rowers buit duisende by Tzaneen-pizzaplek
ʼn Pizzarestaurant in Tzaneen in Limpopo is Sondagaand binne vyf minute van duisende rande beroof.
Ondersoek ná reusekremetart gedeeltelik ineenstort
Kenners probeer steeds ontrafel wat gelei het tot die gedeeltelike ineenstorting van die Sunland-reusekremetart in Modjadjiskloof naby Tzaneen in Limpopo.
Limpopo-boere help ontsnapte gevangene aankeer
ʼn Tweede verhoorafwagtende gevangene wat Sondag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap het, is weer agter tralies.
Drie ontsnap in Limpopo
Drie verhoorafwagtende mans het Sondag uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap.
Tzaneen-man verkrag glo stiefdogters
ʼn 44-jarige man van Tzaneen in Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo sy stiefdogters verkrag het.
Luister: Nog fondse nodig om driejarige se lewe te red
Weldoeners van dwarsoor die land het reeds hul harte en beursies vir Darius en Ilona Geldenhuys van Tzaneen in Limpopo oopgemaak, maar die gesin het nog nie genoeg geld ingesamel om hul driejarige dogtertjie se lewe te red nie.
22 beseer in Limpopo-busongeluk
Minstens 22 persone is Sondagaand beseer tydens ʼn ongeluk tussen twee busse op die R36 buite Tzaneen.
Petroljoggie aangerand: Beskuldigdes spoedig tot tronkstraf gevonnis
Die twee mans wat verlede Saterdagaand in Tzaneen, Limpopo, ʼn petroljoggie by ʼn vulstasie aangerand het, is Maandag skuldig bevind en tronkstraf opgelê.
Video: Mans rand petroljoggie aan
Twee mans is Saterdagaand in Tzaneen, Limpopo, in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn petroljoggie by ʼn vulstasie aangerand het. Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval is kort daarna op YouTube gelaai waarin dit as ʼn rassistiese aanval uitgemaak word.
Ouers veg om kind (3) se lewe
Darius en Ilona Geldenhuys het tot einde Junie om sowat R6 miljoen in te samel nadat hul driejarige dogtertjie met ʼn aggressiewe vorm van kanker gediagnoseer is.
[Video] Reusegewas van koedoe verwyder
ʼn Koedoebul van ʼn plaas buite Tzaneen in Limpopo kan nou aansienlik ligter loop, nadat ʼn gewas van byna 15kg van sy kop verwyder is.
Moordaanklag vir motoris ná verkeersbeampte sterf
ʼn Motoris van Limpopo wat glo betrokke was in ʼn tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn verkeersbeampte gesterf het, staan nou tereg op ʼn aanklag van moord.
Man gee homself oor ná verkeersbeampte sterf
ʼn Motoris van Limpopo wat Sondag in Tzaneen glo betrokke was in ʼn tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn verkeersbeampte gesterf het, is in hegtenis geneem.
Verkeersbeampte sterf toe spoedvraat hom tref
Die polisie in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn motoris wat Sondagmiddag ʼn verkeersbeampte op die R36 buite Tzaneen in ʼn tref-en-trap-ongeluk doodgery het.
Man ure ná ontsnapping weer vas
Een van die sewe gevangenes wat Dinsdagoggend uit die selle by die Tzaneen-polisiestasie ontsnap het, is Dinsdagaand weer in hegtenis geneem.
Vrou se man, jeugdige vas ná moord
ʼn 72-jarige pensioenaris en ʼn 15-jarige jeugdige is in Limpopo hegtenis geneem op aanklag van moord.
Tzaneen-plaasaanval: Vrou, kinders kruip in kamer weg
“Ek het dadelik kamer toe gehardloop na my kinders toe en die veiligheidshek tussen die kamers en die kombuis gesluit. Uit die hoek van my oog het ek gesien hoe nog mense die huis binnekom en vanuit die kamer kon ek hoor hoe almal net begin skree.”
Ses aanvallers slaan toe op Limpopo-plaas
ʼn Man van Limpopo moes Maandagoggend geopereer word nadat hy in die vroeë oggendure deur ses gewapende aanvallers op ʼn plaas buite Tzaneen in die Agatha-omgewing oorval is.