“Mense wat hulle skuldig maak aan geweld en intimidasie, sal vervolg word.”
Alles vir die sleutelwoord "Uber"
Vrou glo met suur gegooi in kaping
ʼn Vrou het ernstige brandwonde met ʼn chemikalie opgedoen nadat sy glo met suur gegooi is tydens ʼn kaping.
Uber-bestuurder sterf ná motor aan die brand gesteek is
Uber het intussen ook ministers genader oor die voortslepende oorlog tussen Uber- en metertaxibestuurders.
Brandstigting glo gevolg van oorlog tussen taxi’s en Uber
“Ons doen alles wat ons kan om te voorkom dat sulke voorvalle plaasvind en om ondersteuning aan die passasiers en bestuurders te bied; ons kan dit egter nie alleen doen nie.”
Wees versigtig as jy van OR Tambo reis, waarsku polisie
Die polisie in Gauteng het Saterdag lede van die publiek gewaarsku om ekstra waaksaam te wees wanneer hulle vanaf die Internasionale Lughawe OR Tambo in Kempton Park reis.
Uber-bestuurders betoog voor dooiemansdeur
Ontstoke bestuurders van die Uber-taxidiens het Vrydag na dié maatskappy se hoofkantoor in Parktown-Noord in Johannesburg opgeruk om antwoorde te eis op die memorandum wat hul drie weke gelede oorhandig het.
Talle paaie versper weens betoging
Talle motoriste is Vrydag weereens vasgevang in nóg ʼn staking wat die meeste paaie na die Internasionale Lughawe OR Tambo versper het. Metertaxi-bedieners betoog teen…
Mans in hof oor beweerde Uber-verkragting
Twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle Uber-passasiers ontvoer, beroof en verkrag het, het Dinsdag in die Randburg-landdroshof verskyn.
ANC-vroueliga veroordeel geweld teen vroue deur Uber-bestuurders
Die ANC-vroueliga het Saterdag sommige Uber-bestuurders se gewelddadige optrede teen vroulike passasiers veroordeel en gesê die organisasie beplan om ondersoek in te stel oor die geldigheid van Uber-bedrywighede.
Kuier dié Woensdag met ʼn gidshond by die werk
Is jy in Kaapstad en wil jy graag hê ʼn gidshond moet by jou kom kuier? Jy kan nog vandag tot 13:30 ʼn gidshond danksy Uber bestel.
Ry luuks en groen met Uber
Die huurmotordiens Uber bied Kaapstadse gebruikers van 13 Junie tot 18 Julie die geleentheid om op ʼn koolstofuitlaatvrye manier rond te rits in ʼn nuwe BMW i3 as deel van hul UberGREEN-veldtog.
Kuier dié Vrydag met ʼn gidshond by die werk
Is jy ʼn hondeliefhebber? Jy kan môre (3 Junie) tussen 10:30 en 13:30 vir 15 minute lank met een van die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging (Saga) se gidshonde speel!
Uber aanvaar nou ook kontant
Uber-gebruikers kan van Donderdag af ook met kontant begin betaal.