“UK word ook onder die top-200 beste universiteite ter wêreld beskou.”
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Universiteit Kaapstad"
Universiteit gekap wat professor ‘sensor’
Dít nadat die Universiteit van Kaaptad hom van een van sy professore se navorsingstukke gedistansieer het.
Rodoliete eerste keer in SA oseane gevind
ʼn Span wetenskaplikes het vroeër die week ʼn bedding van rodoliete in die pas geproklameerde Amathole-mariene bewaringsgebied aan die ooskus van Suid-Afrika gevind.
Clifton-mesaanval: Oorledene was UK-student
Die jong man wat Saterdagaand op Clifton se Derde Strand vermoor is, was ʼn eerstejaarstudent aan die Universiteit Kaapstad (UK).
Dosent met mediese verlof ná Facebook-plasing
Die dosent het glo onder meer gesê mense wat ander verkrag, ly aan depressie en toe hý depressief was, wou hy sy eie tweejarige kind leed aandoen en verkrag.
UK-klasgelde verhoog in 2018
Die universiteit het eers gewag om ʼn aankondiging hieroor te maak omdat daar nog “aansienlike onsekerheid was oor hoe en wanneer die beleid wat deur die president aangekondig is, geïmplementeer sal word”.
Lesings by UK-kampusse afgelas
ʼn Sterk polisieteenwoordigheid heers tans op die kampus.
UK verhoog klasgelde vir 2017
Die Universiteit van Kaapstad het Dinsdag aangekondig hy het wel besluit om sy klasgelde vir 2017 te verhoog.
Chaos toe betogers brande op UK-kampus stig
Nadat akademiese bedrywighede Maandag op die kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) aanvanklik soos normaal voortgegaan het, het chaos weer Dinsdagaand op die kampus ontstaan toe betogende studente verskeie brande regoor die kampus gestig het.
[Video en foto’s] Betogings vlam weer op by universiteite
Na aanleiding van die departement van hoër onderwys se aankondiging dat universiteite self kan besluit oor fooiverhogings in studiegeld vir volgende jaar, het betogings weer by verskeie kampusse oor die hele land uitgebreek, hierdie keer onder die vaandel van #FeesMustFallReloaded.
Nog seksklagtes kom dalk teen ‘Rhodes-verkragter’
Die man wat na bewering drie studente van die Universiteit Kaapstad (UK) verkrag het, sal vermoedelik op nog bykomende aanklagte van verkragting teregstaan.
Departement van hoër onderwys veroordeel geweld op kampusse
Die onlangse onrus op die kampusse van Ikeys, Kovsies en Tuks is ʼn duidelike bewys dat daar randeiers is wat Suid-Afrika se tersiêre instansies deur middel van geweld en onwettige aktiwiteite wil destabiliseer as deel van ʼn politieke agenda, het die departement van hoër onderwys en onderrig Dinsdag gesê.
Nzimande veroordeel vandalisme by universiteite
Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, het Vrydag vandalisme by universiteite veroordeel ná studentebetogings die afgelope week.
UK kry hofbevel teen studente
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het ʼn tussentydse interdik gekry teen 16 lede van die RhodesMustFall-beweging, onder wie die seun van Eskom se uitvoerende hoof.
UK: ‘Meerderheid koshuisstudente ís swart’
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het Maandag bewerings deur die RhodesMustFall-beweging (RMF) ontken dat daar teen swart studente gediskrimineer word ten opsigte van verblyfplasings.
Ses studente geskors ná UK-betogings
Max Price, visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, het Woensdag gesê ses studente is geskors ná die gewelddadige betogings wat Dinsdagaand by die universiteit uitgebreek het.
[Foto’s] Chaos, plundertog by UK
Chaos het Dinsdagaand by die Universiteit van Kaapstad (UK) uitgebreek toe betogende studente op ʼn gewelddadige plundertog gegaan en polisiebeamptes skokgranate afgevuur het.
Ikey-student verlig ná aanvaller aangekeer is
ʼn Eerstejaarstudent aan die Universiteit van Kaapstad het Maandag gesê sy is verlig nadat die twee mans, wat haar vroeër vandeesmaand aangeval het, in hegtenis geneem is.
UK-student val na sy dood
Die Universiteit Kaapstad (UK) het gesê die omstandighede rondom die valdood van ʼn student word nog ondersoek.
Ikeys-student vertel van angswekkende aanval
Rebecca Liv Shain, ʼn 18-jarige student aan die Universiteit Kaapstad (UK), het ʼn angswekkende aanval oorleef.