Pres. Jacob Zuma sal Vrydag met studenteleiers en die bestuurspanne van die onderskeie universiteite vergader om die dooiepunt wat in die onderhandelinge oor studiefooie bereik is, te bespreek.
Alles vir die sleutelwoord "Universiteite"
Studente nie van hoogverraad aangekla
Die Valke het Donderdag gesê die studente wat tydens gister se chaos by die parlement in hegtenis geneem is, sal nie soos berig van hoogverraad aangekla word nie.
Betogings by UV gaan voort ondanks interdik
Studentebetogings by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Bloemfontein-kampus het Donderdagoggend voortgegaan ondanks ʼn hofinterdik wat Woensdag bekom is.
Studente en polisie pak mekaar vandag in hof
ʼn Aansoek deur betogende studente om ʼn hofinterdik teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te bekom om polisiebeamptes te verhoed om inbreuk te maak op hul reg tot vreedsame protes, sal Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.
‘Universiteite moet personeel beskerm’
Die vakbond Solidariteit neem tans regstappe om universiteite te dwing om Solidariteit se lede en ander personeel behoorlik te beskerm.
Limpopo-universiteit loop ook onder betogende studente deur
Die studente-onluste wat regoor die land woed, het Woensdagmiddag ook na die Universiteit van Limpopo se Turfloop-kampus oorgespoel.
[Video] Studente veroorsaak chaos by parlement
Chaos het Woensdagmiddag voor die parlement uitgebreek toe betogende studente hul weg tot in die binnehof voor die parlement ingedwing het.
Betogers onderbreek geheime eksamen by UK
Betogers het ʼn geheime eksamen wat vanoggend deur rekeningkunde-studente van die Universiteit van Kaapstad (UK) by die Newlands krieketstadion geskryf is, vinnig onderbreek nadat hulle daarvan uitgevind het.
Nuuskommentaar: Het regering of studente mal geword?
Die minister van hoër onderwys meen die studentemoleste tans is geen nasionale krisis nie. Die potensiaal bestaan egter dat hierdie moleste kan versmelt met die veldtog teen Afrikaans op kampusse, terwyl eksamentyd nader kom en die universiteite wat meer gereeld onder moleste deurloop, se studente soos vorige jare gaan begin agterkom wat hulle alles pla.
Studentebetogings nie ‘nasionale krisis’, sê minister
Die minister van hoër onderwys het Maandag gesê die studentebetogings wat daartoe gelei het dat talle universiteite van hul kampusse moes sluit, is nie ʼn nasionale krisis nie.
Suid-Afrika beleef ’n swart nasionalistiese radikaliseringsproses
Die kommentaar van ’n swart student op ’n toespraak van Mmusi Maimane, die DA-leier, verlede week op die kampus van die Universiteit van Kaapstad, vat vir my die onderliggende kern van die hele “transformasie”-herrie op universiteite saam.
Gaan my kind nog in Afrikaans kan swot?
Waar sommige universiteitsrade en -besture nog probeer of probeer het om Afrikaans as onderrigtaal te beskerm, word hulle gekniehalter deur druk van die ANC-regering om die nasionale demografie in hul studentegetalle te weerspieël, terwyl onderwysamptenary ook geen geheim daarvan gemaak het dat Afrikaans, wat van hulle ook met rassisme assosieer, se sogenaamde bevoorregte status afgebreek moet word nie, skryf Alet Rademeyer.
Gee Afrikaans ’n veilige en sinvolle plek aan die universiteitswese
Is dit werklik gepas om in ’n diverse land soos Suid-Afrika nie vir enkele Afrikaanse universiteite voorsiening te maak nie? vra prof. Danie Goosen, FAK-voorsitter, na aanleiding van ‘n debat oor Afrikaanse universiteite.
Engelstalige universiteite in Brics glo nie watwonders
Agt Suid-Afrikaanse universiteite is onder QS se top 100 universiteite in Brics-lande in 2013 aangedui. Die lys is pas bekend gemaak.
Ngoepe: ‘Skrap vierjaar-LLB-graad’
Die afgetrede regter-president Bernard Ngoepe het ʼn beroep op Suid-Afrikaanse universiteite gedoen om die vierjaar-LLB-graad te skrap, berig Saturday Star.