Die Noord-Natalse dorpie Utrecht is waarskynlik nie boaan die meeste mense se lys vir plekke om te besoek nie. Maar stop jy wel daar en vertoef ʼn wyle, soos ek en my familie op ons Julievakansie se bustoer gedoen het, ontdek jy ʼn diamant tussen die steenkool wat daar gemyn word.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Utrecht"
Buskruit en Laventel: ’n Kultuurspens van gister
Sewe maande later as wat ons aanvanklik wou, vanweë Covid-19-inperkings, draai ons by die plaashekke in waar Nico Moolman sy museum Buskruit en Laventel net buite Utrecht, in KwaZulu-Natal, ingerig het. Die opwinding en verwagting is groot, want dis my eerste besoek aan dié unieke plek waaroor ek al soveel gehoor en gelees het.
Vermeende huurmoordenaars vas ná skietery in KZN
Die polisie stel nou vas of die verdagtes verbind kan word met ander minibustaxi-verwante voorvalle wat in dié provinsie en in Gauteng aangemeld is.
Derde tornado tref KZN
Dit is die derde tornado om die provinsie vandeesmaand te tref.
Man sterf ná motor teen stadspoort bots
Die sandsteenstruktuur en grasdak, wat besoekers aan die dorp verwelkom, het ná die ongeluk ook vlam gevat.
Inwoners van Utrecht neem reg in eie hande oor water
Tydens ʼn vreedsame protesaksie Maandag het inwoners van die dorp die slotte van die hekke wat na die dorp se waterwerke lei, afgebreek.
Utrecht al ʼn week lank sonder ʼn druppel water
“Die hekke by die waterwerke is gesluit en ons word as gyselaar aangehou.”
Verdagte vas ná skietvoorval in Nederland
Die aanvaller het reeds ʼn kriminele rekord.
Polisie soek hulp om liggaam uit te ken
Die polisie is op soek na die naasbestaandes van ʼn vrou wat in ʼn veld langs ʼn grondpad by Eenkantlangsplaas in Utrecht, KwaZulu-Natal, gevind is.