Beplan jy om ver te reis hierdie feesseisoen? Indien jy gewoonlik slegs ʼn kort afstand werk toe en terug ry, is die somervakansie-uittog waarskynlik jou verste reis van die jaar.
Alles vir die sleutelwoord "vakansie"
Verbruikersake: Planne vir ’n vakansie wat glad verloop
Het mens enige regte as jy vind die plek wat jy bespreek het, is nie vakansieplek van jou drome nie? Ina Opperman verduidelik wat jou regte as verbruiker is en hoe om hierdie regte, wat in die Wet op Verbruikersbeskerming vervat is, te gebruik.
Desember-skoolvakansie kortgeknip
Mhlanga het gesê die reëlings geld vir openbare skole aan die kus sowel as dié in die binneland. “Ouers wat reeds hulle verblyf vir die Desember-vakansie bespreek het met die aanname dat skole eers in die derde week van Januarie 2019 open, sal ongelukkig hul planne moet aanpas.”
Verhoudingspanning ná Desembervakansie
“Net soos wat jy jou motor vir ʼn jaarlikse diens neem, moet jy ook dieselfde met jou verhouding doen.”
Bly só veilig op die paaie die vakansie
“Die feestydverkeer sal binnekort toeneem en motoriste moet hulle gedrag op die pad verbeter, anders sal die getal padsterftes net styg.”
Verbruikersake: Maak só seker jou vakansie verloop vlot
Hoe maak ʼn mens seker jou vakansie verloop vlot, veral as jy die eerste keer na ʼn plek toe gaan? Ina Opperman verduidelik wat jou regte as verbruiker is en hoe om hierdie regte, wat in die Wet op Verbruikersbeskerming ingesluit is, te gebruik.
Beskerm jouself só in geval van siekte, ongeluk dié vakansie
In Desember verkas almal gewoonlik na die kus of oorsee, en dit is amper weer daardie tyd van die jaar vir Suid-Afrikaners!
Sprei jou vlerke met dié webwerf
ʼn Splinternuwe webwerf, die eerste van sy soort, onderneem om jou binnelandse reise nou heelwat te vergemaklik deur jou in staat te stel om die pryse van vlug- en buskaartjies na ʼn bepaalde eindbestemming met mekaar te vergelyk.
Verbruikersrubriek: Nou luister iemand uiteindelik na tyddeelklagtes
Verbruikers kla al jare lank, omtrent solank as wat die tyddeelvakansiebedryf bestaan, oor verskeie aspekte van tyddeel wat hulle meen nie hul verbruikersregte in ag neem nie. Nadat die Nasionale Verbruikerskommissie onlangs aangekondig het dat ʼn paneel kundiges nou ondersoek gaan instel, is die eerste openbare verhoor daaroor gister in Pretoria gehou.
Beveilig jou huis só die vakansie
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ʼn paar handige wenke gegee wat vakansiegangers in gedagte kan hou om hul eie, asook die veiligheid van hulle huise te verseker terwyl hulle uitstedig is.
Wanneer is die beste tyd om jou Desembervakansie te bespreek?
As kantoorkoors jou sommer met die intrapslag al getref het, het ons goeie nuus vir jou: die beste tyd om jou Desembervakansie te bespreek is juis nóú!
SA se 10 top-kushengelplekke
As jy kabeljou wil vang, stel die gesoute vissers voor dat jy ’n kombinasie van herringaas en tjokka gebruik …
Ou tas word speeltas
Speelkoffers is vernuftige alles-in-een-ruimtes wat eindelose geleenthede vir
fantasiepeletjies bied.
Openbare ondersoek kom oor tyddeelpunte
Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan binnekort ʼn openbare ondersoek van stapel stuur oor daardie ding wat Suid-Afrikaanse verbruikers laat wens hulle wou nooit met vakansie gaan nie: tyddeelpunte.
Halfmiljoen op Durban-strande oor Kersfees
Byna ʼn halfmiljoen mense besoek Durban se strande oor Kerstyd, het Tozi Mthethwa, woordvoerder van die eThekwini munisipaliteit in KwaZulu-Natal, Maandagoggend gesê.
Kerskaartjie met legkaart vir slimkoppe
Hou jy jouself graag besig met kopkrapper-legkaarte en bordspeletjies tydens vakansies? GCHQ, ʼn Britse intelligensie-agentskap, se Kerskaartjie gaan talle mense dié Kersfees besig hou met ʼn ingewikkelde legkaart.
Een kind raak elke 5 uur weg
Volgens die Buro vir Vermiste Persone word daar elke vyf uur ʼn kind in Suid-Afrika vermis. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in 2013 so veel as 1 697 gevalle van vermiste persone gehad.
Tien topwenke vir veilige vakansieritte
Vakansietye gaan dikwels gepaard met ʼn hoë aantal padongelukke, sê ER24-woordvoerder Pieter Rossouw. Daar is egter nuttige wenke wat bestuurders in gedagte kan hou wanneer hulle die langpad aandurf
Maak die langpad kort, slaan verveling hok
Jy kan nie wag om by daardie wonderlike plekkie wat jy vir die Desembervakansie bespreek het, aan te kom nie. Maar voordat jy kan ontspan en jou tone in die sand kan wikkel, is daar die eindelose ure in die kar. Saam met jou kinders. En hulle houdings, buie, bakleiery oor sitplekspasie … en die oneindige “is ons al daar’s?”!
Gebruik dié nuttige apps wanneer jy reis
Desember is vir die meeste mense gelyk aan ʼn lang vakansie wat dikwels verg dat jy langs ver paaie moet reis tot by jou bestemming. Hoewel ʼn navigasietoestel of kaart jou kan help om by dié bestemming te kom, veroorsaak hulle soms ʼn kopseer.