ʼn 25-jarige ma is Dinsdag in Nelspruit in hegtenis geneem nadat sy glo haar eenjarige dogter verkoop het.
Alles vir die sleutelwoord "Valke"
PE-man vas oor mandrax-tablette van R1,4 miljoen
ʼn 33-jarige man van Port Elizabeth sal na verwagting Maandag in die Motherwell-landdroshof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is in verband met handeldryf in mandrax-tablette.
Groot deurbraak in renosterstropery
Twaalf verdagtes, waaronder drie polisiebeamptes, is in verband met beweerde renosterstropery in hegtenis geneem.
Twee vroue, man vas oor renosterstropery
Die Valke in Mpumalanga het twee vroue en ʼn man in hegtenis geneem in verband met renosterstropery.
[Foto’s] Talle polisiebeamptes vas by grenspos
Die Valke in Noordwes het 18 polisiebeamptes en twee werknemers van die departement van binnelandse sake in hegtenis geneem.
Valke gaan appelleer teen opheffing van KZN-hoof se skorsing
Die Valke het aangekondig hy gaan appelleer nadat die skorsing van sy KwaZulu-Natalse hoof, genl.maj. Johan Booysen, in die Durbanse hooggeregshof opgehef is.
R34 miljoen-sluipmoordplan: Verdagtes kry borgtog
Die sakeman van Durban en twee medepligtiges wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn beweerde komplot om sy sakevennoot te vermoor om by ʼn polis van R34 miljoen te baat, is Donderdag in die stad se landdroshof op borgtog vrygelaat.
Valke fnuik ‘sluipmoordplan’ oor R34 miljoen
Die Valke het ʼn sakeman van Durban in hegtenis geneem wat glo sy sakevennoot wou laat vermoor om by ’n polis van R34 miljoen te baat.
Studente nie van hoogverraad aangekla
Die Valke het Donderdag gesê die studente wat tydens gister se chaos by die parlement in hegtenis geneem is, sal nie soos berig van hoogverraad aangekla word nie.
Nóg korrupsieklagtes teen hoofverkeersbeampte
Die hoofverkeersbeampte van Wolmaransstad in Noordwes, wat in hegtenis geneem is vir korrupsie, verskyn na verwagting Vrydag in die Balfour-landdroshof in Mpumalanga op nóg ʼn aanklag van bedrog.
Hoofverkeersbeampte vas vir korrupsie
Windy Judas Mahlangu en Kobus Jordaan, ʼn vragmotoreienaar, het glo saamgespan om die munisipaliteit uit R540 000 in onbetaalde lisensieskyfies en verkeersboetes te bedrieg.
Bankwerknemer steel glo R2 miljoen
‘n Werknemer van ‘n bank in Groblersdal is Dinsdag deur die Valke in hegtenis geneem.
Nuwe Valke-hoof se aanstelling ‘moet bevraagteken word’
Die DA het gesê hy het met benoudheid verneem dat Berning Ntlemeza aangestel is as die nuwe hoof van die Valke.
Valke vang ‘polisiemoordenaar’
Die valke het ʼn 34-jarige man in hegtenis geneem vir die onlangse moord op ʼn Oos-Kaapse polisiesersant.
Luitenant vas ná sy glo polisie-skootrekenaar verkwansel
’n Polisieluitenant is in hegtenis geneem nadat sy glo haar skootrekenaar, wat aan die staat behoort, gebruik het om geld by ʼn finansiële onderneming in Klerksdorp, Noordwes, te leen.
Vermeende dwelmbaas aangekeer
ʼn 37-jarige Nigeriër is Donderdagoggend in Johannesburg in hegtenis geneem voordat hy ʼn dwelmmuil kon kry om ʼn skootrekenaarsak met 2 kg-kokaïen na Mauritius te vervoer.
Valke neem drie kollegas in hegtenis
Drie lede van die Valke is Dinsdag vir beweerde diefstal in Welkom in die Vrystaat deur hul kollegas in hegtenis geneem.
Valke-hoof in KZN vir ‘bedrog’ ondersoek
Genl.maj. Johan Booysen, die hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, word vir beweerde bedrog ondersoek.
Groep vas oor tronk-geldmaakskema
Die Valke het sewe verdagtes in hegtenis geneem, insluitend ʼn veroordeelde misdadiger, nadat hulle glo ʼn polisiebeampte nagemaak het in ʼn geldmaakskema.
15 vas; miljoene rande en dwelms op beslag gelê ná groot deurbraak
Vyftien verdagtes wat glo deel is van ʼn dwelmhandelsindikaat, is in Oos-Londen in hegtenis geneem.