Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) in Kaapstad, het ʼn beroep op die publiek gedoen vir enige inligting in verband met die moord op Depoutche Elese, ʼn voormalige ANC-wyksraadslid.
Alles vir die sleutelwoord "Valke"
Vermiste egpaar geïdentifiseer; nóg een vasgetrek
Die Wes-Kaapse egpaar, wat ook Britse burgerskap het, se voertuig is sowat 300 km van waar hulle vermis geraak het, gevind.
2 van Eskom, egpaar vas ná bedrog
Die twee Eskom-werkers het glo met die egpaar saamgesweer en Eskom uit miljoene rande bedrieg.
‘Al hoe meer staatsamptenare oortree die wet’
“Ons kan nie toelaat dat korrupsie die fondasie van hierdie land vernietig nie en ons kan nie ons blind hou daarvoor nie.”
92 staatsamptenare in 3 maande vas
Die waarnemende hoof van die Valke is bekommerd oor die aantal korrupte amptenare wat die persepsie versterk dat Suid-Afrika een van die korrupste lande ter wêreld is.
Boer, buitelanders vas oor renosterhoring
Fenc is op R50 000 borgtog vrygelaat, maar is in huisarres geplaas. Du Plessis sowel as Cornelius is elk op R1 000 borgtog vrygelaat. Hong bly in aanhouding omdat sy nie enige reisdokumente kon aanbied om te bewys dat sy wettig in die land is nie.
Nuwe Valke-waghond aangestel
Mbalula het gesê hy sal die pos beklee ná die onlangse dood van regter Essa Moosa.
Drie lyfwagte vas oor onwettige wapens
“Die drie lyfwagte is toevallig in diens van dieselfde veiligheidsmaatskappy as die twee lyfwagte van wie ʼn video geneem is waar hulle vuurwapens rondswaai.”
Vingerafdruk geïdentifiseer ná inbraak by Valke-kantoor
ʼn Vingerafdruk wat by die hoofkantoor van die Valke gevind is nadat daar vroeg in Julie daar ingebreek is, is geïdentifiseer.
Egpaar swaar gestraf vir bedrog van R23 m
Wessel (55) en Mariaan Germishuys (52) is skuldig bevind aan 188 aanklagte van bedrog.
Valke veroordeel berigte oor senior lid betrokke by NVG-diefstal
Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Dinsdag berigte, dat een van sy senior beamptes betrokke was by ʼn inbraak by die Nasionale Vervolgingsgesag in Pretoria, verwerp.
Kommer oor inbrake by geregsinstansies
“Dit is kommerwekkend dat daar ʼn patroon te bespeur is en daarom is dit noodsaaklik dat die polisie ʼn deurbraak sal maak om die skuldiges vas te trek.”
‘Mbalula moet publiek inlig oor Valke-diefstal’
Die Demokratiese Alliansie het Sondag die polisieminister Fikile Mbalula versoek om inligting aan die publiek te verskaf oor die inbraak by die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) se hoofkantoor in Pretoria.
Rekenaars uit Valke se kantoor gesteel
Die Valke het bevestig daar is by hul hoofkantoor in Silverton, Pretoria, ingebreek en rekenaars gesteel.
Appèlhof sê ook nee vir voormalige Valke-hoof
Die appèlhof in Bloemfontein het Vrydag Berning Ntlemeza, geskorste hoof van die Valke, se versoek om terug te keer werk toe, van die hand gewys.
Oudlanddros in hof vir ‘slenter’
“Sy het na bewering in 2011 met dié streke begin en nagenoeg R5 miljoen van slagoffers gesteel.”
Hof sê oor Ntlemeza
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag uitspraak gelewer in die dringende aansoek wat deur Ntlemeza ingedien is om te versoek dat hy mag terugkeer werk toe hangende sy aansoek by die appèlhof.
Hof sê vandag oor voormalige Valkehoof
“Hoe kan Berning Ntlemeza se regsverteenwoordiger die stelling maak dat sy status geraak word as hy nie terug is by die werk nie? Hy kan bly wees hy word betaal terwyl daar gewag word vir sy appèl om aangehoor te word.”
Ntlemeza ‘gee amptelike voertuig terug’
Die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, se prokureur beweer Ntlemeza het die amptelike voertuig en selfoon wat in sy besit was aan die Valke terugbesorg.
Ntlemeza ‘in die strate’ met amptelike voertuig
Fikile Mbalula, minister van polisie, het Maandag lt.genl. Khomotso Phahlane, die waarnemende nasionale polisiekommissaris, opdrag gegee om die voormalige hoof van die Valke, Berning Ntlemeza, op te spoor en beslag te lê op die staatsvoertuig en -selfoon in sy besit.