Dit was hard, genadeloos en daar is bloed gesweet, maar Tuks het genoeg gedoen om die Varsitybeker vir die volgende jaar staanplek in Pretoria te gee.
Alles vir die sleutelwoord "Varsitybeker"
Sterk Varsitybeker-droomspan teen Junior Springbokke gekies
Die Maties se kaptein en gereelde heelagter, Craig Barry, sal ’n sterk Varsitybeker-droomspan aanvoer wat volgende week teen Junior Springbokke in Stellenbosch te staan kom.
Varsitybeker: dis bul teen bul en die verlede tel nie
Wanneer Tuks en die Maties Maandagaand in Pretoria op die veld draf in die eindstryd van die Varsitybeker, sal dit wat die seisoen gebeur het nie saak maak nie.
Tuks durf Maties met nuwe senterkombinasie aan
Tuks draf Maandagaand in Pretoria in die Varsitybeker-eindstryd met ’n nuwe senterkombinasie teen die Maties op die veld.
Varsitybeker-eindstryd: beseringspook loop
Die beseringspook het op die vooraand van Maandagaand se Varsitybeker-eindstryd op die LC de Villiers-stadion ’n draai in Stellenbosch én Pretoria gemaak.
UWK en Jong Tukkies kraai koning; Vishuis soek nóg ʼn titel
Die Varsityskild het ’n nuwe tuiste gekry, terwyl Tuks hul Young Guns-kroon in die Varsity-rugbyreeks behou het.
Tuks en Maties sweet om die eindstryd te haal
Dit was nie maklik nie, maar Tukkies en die Maties het genoeg gedoen om die eindstryd van die Varsitybeker-reeks te haal.
Net groot verrassings kan Tuks, Maties uit eindstryd hou
Die Maties en Tukkies is die oorweldigende gunstelinge in hulle onderskeie halfeindronde-wedstryde Maandag, maar ’n verrassing of selfs twee is nie uitgesluit nie.
Maties verniel die UJ, Tuks knip die Pukke se lyn
Die Varsitybeker-reeks se laaste rondomtalie-wedstryde het nie net die einde van die Pukke beteken nie, Tuks en die Maties het albei ondubbelsinnig gewys dat hulle oë op die Varsitybeker-kroon gerig is.
Dis maak of breek vir spanne, spelers in laaste ronde
Maandag se laaste ronde groepwedstryde is die Pukke se laaste kans om die halfeindronde te haal, ook die ‘eindstryd’ om die houtlepel en vir spelers wat die Varsitybeker-droomspan wil haal om die oog te vang.
Maandag ’n moetwen-wedstryd vir die Pukke
Maandag ’n moetwen-wedstryd vir die Pukke
Varsitybeker: dit raak ’n naelbyt-affêre
Die Maties, Tuks en die UJ is verseker van plekke in die halfeindronde van die Varsitybeker-reeks, maar die Shimlas en die Pukke staan albei nog ’n kans om die uitspeelronde te haal.
Buurstryd die keur in die pylvak na uitspeelplekke
Twee Johannesburgse universiteite, albei met ’n oog op die die uitspeelronde, is die keur van Maandag se wedstryde, terwyl ’n Bloemfonteinse universiteit moet wen om hulle kanse lewendig te hou.
Varsitybeker: Tuks, UJ en Wits marsjeer voort
Shimlas het die tweede opeenvolgende week ’n groot loesing op die lyf geloop, Wits het nog ’n oorwinning behaal, die UJ het skitterrugby opgedis en die Pukke het amper weer ’n pakslae op die lyf geloop.
Varsitybeker: Pylvak sal gestoei vir halfeind-plekke afgee
Ses universiteite het nog ’n realistiese kans om die uitspeelronde van vanjaar se Varsitybekerreeks te haal en met slegs drie rondes se rondomtalie-wedstryde oor, kan geen span ’n neerlaag bekostig nie.
Wits trap Pukke se tjank af, Maties en Tuks verniel hul teenstanders
Maandagaand is die verdedigende kampioen se tjank in hul eie agterplaas afgetrap, Tuks het ’n 100-tal aangeteken en die Maties het hulle stem opnuut dikgemaak in die Varsitybekerreeks wat al hoe interessanter word.
Varsitybeker: Maandag kan ’n voorsmaak van eindstryd wees
Maandag se Varsitybeker-wedstryde is ’n stryd tussen die pasaangeërs op die punteleer en ’n span of twee wat desperaat hulle kanse op halfeindstrydplekke wil lewendig hou
Maties en Shimlas oordonder hul buurmanne
Die Maties en die Shimlas het Maandag albei hulle buurmanne oorrompel, terwyl die UJ die vloer met hulle Bloemfonteinse opponent gevee het en Tuks weer stotterend, maar darem, op die wenpad is.
Ou Intervarsity-vyande, eenmalige wenner en ’n kroniese verloorder slaags
Die bestanddele vir Maandagaand se Varsitybeker-wedstryde is drie wedstryde tussen tradisionele Intervarsity-vyande.
Ixias val weer vas teen Shimlas en Mason
Die Ixias se treurmare in vanjaar se Varsitybekerreeks duur voort.