In die verslag word beweer Brian Shivambu het R10 miljoen deur sy maatskappy na Floyd Shivambu se rekening herlei.
Alles vir die sleutelwoord "VBS Mutual Bank"
VBS-verslag: EFF soek stappe, maar sê niks oor Floyd se broer
Die EFF het heftig reageer op die Reserwebank se verslag oor die beleërde VBS Mutual Bank, maar egter geswyg oor Floyd Shivambu, adjunkpresident van die party, se broer wat in die verslag genoem word.
Voorlopige sekwestrasie op VBS-bank se hoofde toegestaan
Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag voorlopige sekwestrasie toegestaan op die beleërde VBS Mutual Bank se voormalige uitvoerende hoof, Andile Ramavhunga en die voormalige bedryfshoof, Robert Madzonga.
Forensiese ondersoeke teen OBK verwelkom
Ontleders sê die ondersoek is noodsaaklik omdat staatsdienswerkers se geld betrokke is. En dat wanbestuur ’n invloed op hul pensioenuitbetalings kan hê.
Pensioentrekkers vuisvoos vir skande op skande by VBS
“Pensioentrekkers en werkers is al te vuisvoos van skande op skande. Hulle het al gewoond geword daaraan dat daar roekeloos met hul pensioengeld omgegaan word en dat niks daaraan gedoen word nie.”
Ramaphosa oor VBS Bank: ‘Ons is skaam oor wat gebeur het’
“Die VBS-storie het ons almal geskok. Dit is regtig ʼn verbreking van die vertroue wat ons mense in ʼn finansiële instelling geplaas het. Dit is werklik ʼn jammerte, nie net vir die mense van Venda of Limpopo nie, maar die mense van Suid-Afrika as ʼn geheel.”
PIC-hoof bedank ná getuienis oor VBS-bank
Die Openbare Beleggingskorporasie (PIC) het Vrydag gesê sy hoof van regsadvies en nakoming, Ernest Nesana, het met onmiddellike effek bedank ná hy tydens die ondersoek oor VBS Mutual Bank getuig het.
Verdoemende aantygings teen VBS Bank
VBS-direkteure het glo miljoene rande aan omkoopgeld aan politici en hoof- uitvoerende beamptes by die passasierspooragentskap (Prasa) en die openbare beleggingskorporasie (OBK) betaal om sodoende die deponering van openbare geld in die bank te fasiliteer.
VBS Bank beteken dalk groot verliese vir munisipaliteite
Munisipaliteite kan dalk baie geld verloor nadat hulle dit by VBS Mutual Bank belê het, en die moontlikheid om die bank te red het beduidend gedaal nadat dit onder kuratorskap geplaas is, het LP’s Woensdag gehoor.
Twee banke met miljoene rande beboet
Die twee banke is deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank beboet omdat hulle onder meer nie kliënte se besonderhede geverifieer het nie en versuim het om kontanttransaksies van meer as R24 999 aan te meld.
Twee KPMG-vennote bedank ná VBS Mutual Bank-kwessie
KPMG Suid-Afrika het Saterdag aangekondig dat twee van sy vennote met onmiddellike effek bedank het toe dissiplinêre aanklagte teen hulle aanhangig gemaak is.
BASA ondersteun Reserwebank oor VBS-besluit
Die Reserwebank het deurgeloop onder kritiek van sommige sektore van die samelewing wat die Reserwebank daarvan beskuldig dat hulle nie VBS Mutual Bank, wat deur swart mense besit word, ondersteun nie.
Vrae oor wettigheid van VBS-lenings geopper
VBS is veral bekend daarvoor dat hy huislenings aan plattelandse kliënte en kleinsake-ondernemings verskaf het.
Sakeraad wil namens VBS Bank ingryp
Die Black Business Council (BBC) het Maandag gesê hy het met kommer kennis geneem van die gebeure wat daartoe gelei het dat die beleërde VBS Mutual Bank (VBS) deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder kuratorskap geplaas is.
VBS Mutual Bank onder kuratorskap geplaas
“Dit is nooit die bedoeling van die tesourie vir enige bank om gelikwideer te word nie, veral nie klein banke met swart eienaars nie.”
Prasa ontken belegging in VBS Bank
Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) het ontken dat hy van voornemens is om R1 miljard te belê in ʼn relatief onbekende bank wat vir pres. Jacob Zuma ʼn lening van R7,8 miljoen toegestaan het vir nie-sekuriteitsopgraderings aan sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Nie ʼn sent verder op Nkandla nie, sê DA
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê nie ʼn sent van belastingbetalersgeld mag verder spandeer word “tot voordeel van een man” nie.
Presidensie ontken nuwe verbeterings by Nkandla
Die presidensie het Sondag onomwonde mediaberigte verwerp van verdere opknappingswerk op belastingbetalerskoste by sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
‘Guptas wil SA in kolonialistiese speelterrein omskep’
“Die Guptas wil Suid-Afrika terugsit, weer in ʼn semi-kolonialistiese speelterrein omskep en hulle dan uiteindelik uit die voete maak na Dubai.”